Dominikaanse Republiek

Die Dominikaanse Republiek (Spaans: República Dominicana, , luister (hulp·inligting)) is 'n land in Sentraal-Amerika met 'n oppervlakte van 48 672 km² en 'n bevolking van sowat 10,7 miljoen in 2018.

Die land lê op die eiland Hispaniola tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide. Die Dominikaanse Republiek beslaan twee-derdes van die eiland Hispaniola, terwyl die westelike buurland Haïti een-derde beslaan. Daarbenewens grens die Dominikaanse Republiek in die ooste aan Puerto Rico en in die noorde aan die Turks- en Caicoseilande. Die hoofstad en grootste stad is Santo Domingo, wat ook die oudste nog bestaande stad in die Amerikas is wat deur Europeërs gestig is (in 1496).

República Dominicana
Dominikaanse Republiek
Vlag van die Dominikaanse Republiek Wapen van die Dominikaanse Republiek
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Dios, Patria, Libertad
(Spaans vir: "God, Vaderland, Vryheid")
Volkslied: ¡Quisqueyanos Valientes!
(Spaans vir: "Dapper Quisqueyanos!")
Ligging van die Dominikaanse Republiek
Hoofstad Santo Domingo

19°00′N 70°40′W / 19.000°N 70.667°W / 19.000; -70.667

Grootste stad Santo Domingo
Amptelike tale Spaans
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Luis Abinader
Raquel Peña Rodríguez
Onafhanklikheid
• Tydelike onafhanklikheid
• Vereniging van Hispaniola
• Verdeling van Hispaniola
• Eerste Republiek
• Spaanse besetting
• Onafhanklikheid herstel
• Tweede Republiek
• Amerikaanse besetting
• Derde Republiek
• Burgeroorlog
• Vierde Republiek
• Huidige grondwet

1 Desember 1821
9 Februarie 1822
27 Februarie 1844
1844–1861
1861–1865
16 Augustus 1863
11 Julie 1865
5 Mei 1916
12 Julie 1924
24 April 1965
1 Julie 1966
13 Junie 2015
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
48 672 km2  (128ste)
18 792 myl2
0,7
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
10 735 896 (89ste)
9 445 281
220 / km2 (65ste)
569,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$201,266 miljard
$19 411

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$89,475 miljard
$8 629

MOI (2018) Dominikaanse Republiek 0,745 (89ste)  –  hoog
Gini (2018) 43,7 –  medium
Geldeenheid Peso (DOP)
Tydsone
 - Somertyd
ATS (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .do
Skakelkode +1-809, +1-829, +1-849
Dominikaanse Republiek
Nasa-Satellietbeeld van die Dominikaanse Republiek
Dominikaanse Republiek
Kaart van die Dominikaanse Republiek
Dominikaanse Republiek
Kaart van die Dominikaanse Republiek
Dominikaanse Republiek
Die vyf caciquedoms van Hispaniola ten tyde van die aankoms van Christophorus Columbus
Dominikaanse Republiek
Klimaatsones in die Dominikaanse Republiek volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Voor die ontdekking van die Amerikas deur Europa is die eiland Hispaniola deur Quisqueya bevolk, waarna die Dominikaanse volkslied verwys. Die eiland Hispaniola is in 1492 deur Christophorus Columbus namens die Spaanse Kroon in besit geneem. In 1496 is Santo Domingo gestig en het dit die eerste Spaanse nedersetting in die Nuwe Wêreld geword. Frankryk het die westelike derde van die eiland beset, wat in 1804 Haïti sou word. In 1821 het die Dominikaanse bevolking die onafhanklikheid van Spanje verklaar. Die leier van die Dominikaanse onafhanklikheidsbeweging, José Núñez de Cáceres, was van voorneme om van die Dominikaanse Republiek 'n deel van Groot-Colombia te maak, maar hulle is in 1822 deur die buurland Haïti binnegeval. Ná 22 jaar se onafhanklikheidsoorlog het die Dominikaanse Republiek in 1844 van Haïti onafhanklik geword. Gedurende die volgende 72 jaar is die land veral deur binnelandse konflikte geteister, met 'n kort herstel van Spaanse koloniale gesag in 1861–1865. Tussen 1916 en 1924 is die Dominikaanse Republiek deur die Verenigde State beset. Sedert 1978 handhaaf die Dominikaanse Republiek 'n stabiele demokratiese stelsel wat met ekonomiese groei gepaardgaan. Die ekonomie fokus veral op internasionale toerisme en die land beskik oor die grootste ekonomie in die Karibiese gebied en Sentraal-Amerika.

Die Dominikaanse Republiek is veral bekend vir sy Latyns-Amerikaanse kultuur met sy kleurryke karnaval wat jaarliks in Februarie plaasvind. Dit word algemeen op 27 Februarie gevier, die Dominikaanse Republiek se onafhanklikheidsdag van Haïti.

Etimologie

Die Dominikaanse Republiek is nes sy hoofstad Santo Domingo na Sint Dominicus de Guzman, 'n heilige in die Rooms-Katolieke Kerk en stigter van die Dominikaanse orde, genoem.

Demografie

Bevolking

Die Dominikaanse Republiek is die land met die tweede grootste bevolking in die Karibiese Eilande net na Kuba. Die land se kultuur en gebruike is afkomstig uit verskeie bronne insluitend die oorspronklike inwoners, die Spaanse koloniale tydperk, slawe uit Afrika en die nabygeleë Verenigde State. 73% van die mense is swart, 11% is wit en 16% veelrassig.

Taal

Alle inwoners kan Spaans praat, maar Frans is ook gewild op skool en in die weste van die land, aangesien dit as 'n amptelike taal in Haïti dien.

Geloof

Meer as 90% van die mense is Christene, meestal Rooms-Katoliek. Van die ander godsdienste wat in die Dominikaanse Republiek beoefen word sluit in: Boeddhisme, Islam en Judaïsme.

Ekonomie

Toerisme vorm 'n groot bron van inkomste in die 21ste eeu. Die Dominikaanse peso is die geldeenheid van die Dominikaanse Republiek, alhoewel die Amerikaanse dollar, die euro, die Kanadese dollar en die Switserse frank ook by die meeste toeriste-aantreklikhede aanvaar word.

Klimaat

Die eiland het 'n tropiese klimaat wat as gevolg van die omliggende see redelik matig is. Die warm water van die Karibiese See maak die Dominikaanse Republiek kwesbaar vir gereelde orkane met die hoofseisoen tussen Junie en Oktober.

Sport

Bofbal word as nasionale sport van die Dominikaanse Republiek beskou. Naas die Verenigde State self lewer die Dominikaanse Republiek die meeste bofbalspelers vir die Amerikaanse liga.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Dominikaanse Republiek EtimologieDominikaanse Republiek DemografieDominikaanse Republiek EkonomieDominikaanse Republiek KlimaatDominikaanse Republiek SportDominikaanse Republiek VerwysingsDominikaanse Republiek BronnelysDominikaanse Republiek Eksterne skakelsDominikaanse RepubliekAmerikasAtlantiese OseaanES-pe - República Dominicana.oggHaïtiHispaniolaHoofstadKaribiese SeeLandLêer:ES-pe - República Dominicana.oggPuerto RicoSanto DomingoSentraal-AmerikaSpaansTurks- en CaicoseilandeWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeroerteRina HugoAllan BoesakSendelingposisieBrandmondsindroomWeer (meteorologie)Wet op NaturellengrondSwartbewussynsbewegingTradisionele literatuurKuberkrakerLabia (geslagsdele)MaagdelikheidSpinnekopSebraBrongitisCounter-Strike (videospeletjie)DaggaPornografiese akteurSpringbokkeKaliumAdolf HitlerOnderhandelinge om apartheid te beëindigPersKaren MeiringPols-oksimeterOmtrek, oppervlakte en volumeSuid-Afrikaanse WeermagZack du PlessisJak de PriesterTweede WêreldoorlogMarkenMondArgitektuurLys van nedersettings in Suid-AfrikaTaylor SwiftBipolêre gemoedsteuringMetafoorLys van slangeSpysverteringstelselDeelstate van die Verenigde State van AmerikaRugby, WarwickshireJaarMierleeuNoordwesGriekse mitologieMelaatsheidAnilingusKasteel die Goeie HoopLys van landeKoue OorlogTropiese sikloonHoofkarakterKunsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMielieEkonomiese sektorPaddaSwangerskapKinderregteBysteekPastoorLys van Kaapstad se voorstedeKultuurWiskundeSirkusSuid-Afrikaanse RugbyunieJudaïsmeRassisme in AfrikaNierversakingKoorsMensWindkrag🡆 More