Crohn Se Siekte

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Crohn se siekte is 'n tipe inflammatoriese dermsiekte wat enige segment van die spysverteringskanaal van die mond tot die anus kan affekteer. Dit is deel van a groep siektetoestande wat inflammatoriese dermkanaalsiektes genoem word. Simptome sluit dikwels abdominale pyn, diarree (wat bloederig kan wees as die ontsteking ernstig is), koors, abdominale distensie en gewigsverlies in.

Crohn se siekte
Die drie mees algemene plekke van intestinale betrokkenheid by Crohn se siekte (links)
Die drie mees algemene plekke van intestinale betrokkenheid by Crohn se siekte (links)
Veld Gastroënterologie
Ander name Crohn-siekte, Crohn-sindroom, granulomatiese enteritis, Leśniowski-Crohn-siekte
Simptome Buikpyn, diarree (kan bloederig wees), koors, gewigsverlies
Komplikasies Anemie, veluitslag, artritis, kolonkanker en dundermkanker
Ouderdom met aanvang 20 tot 30
Duur Langtermyn
Risiko's Tabakrook
Diagnose Weefselmonsters, Mediese beelding
Differensiële diagnose Prikkelbare derm-sindroom, Coeliakie-siekte, Behçet se siekte, nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel-enteropatie, dermtuberkulose
Medikasie Kortikosteroïede, metotreksaat
Voorkoms 3,2 per 1 000
Crohn Se Siekte
Tipiese voorkoms van pioderma gangrenosum, 'n veluitslag wat Crohn se siekte kan vergesel.

Ander komplikasies buite die spysverteringskanaal kan anemie, veluitslag, artritis, inflammasie van die oog en moegheid insluit.

Die veluitslag kan as gevolg van infeksies sowel as pioderma gangrenosum of eritema nodosum wees.

Dermobstruksie kan voorkom as 'n komplikasie van chroniese inflammasie, en diegene met die siekte loop 'n groter risiko van kolonkanker en dundermkanker.

Daar is geen medikasie of chirurgiese prosedures wat Crohn se siekte kan genees nie.

Oorsaak

Alhoewel die presiese oorsake van Crohn se siekte onbekend is, word geglo dat dit veroorsaak word deur 'n kombinasie van omgewings-, immuun- en bakteriële faktore in genetiesvatbare individue. Dit lei tot 'n chroniese inflammatoriese versteuring, waarin die liggaam se immuunstelsel die spysverteringskanaal verdedig en moontlik mikrobiese antigene teiken. Die immuunsisteem identifiseer dan verkeerdelik die mukosa van die kolon as vreemde weefsel en val dit immunologies aan, wat inflammasie tot gevolg het. Dit veroorsaak dan dat die mukosa sere en bloeding ontwikkel.

Alhoewel Crohn se siekte 'n immuunverwante siekte is, blyk dit nie 'n outo-immuunsiekte te wees nie, in die sin dat die immuunstelsel nie deur die liggaam self geaktiveer word nie. Die presiese onderliggende immuunprobleem is nie duidelik nie; dit kan egter 'n immuniteitsgebrektoestand wees.

Risiko en diagnose

Ongeveer die helfte van die algehele risiko hou verband met genetika, met meer as 70 gene wat gevind is om betrokke te wees. Tabakrokers is twee keer so geneig om Crohn se siekte te ontwikkel as nie-rokers. Dit begin ook dikwels na gastro-enteritis.

Diagnose is gebaseer op 'n aantal bevindings, insluitend weefselmonsters en voorkoms van die dermwand, mediese beeldvorming en beskrywing van die siekte. Ander toestande wat op soortgelyke wyse kan voorkom, sluit in prikkelbare derm-sindroom en Behçet se siekte.

Simptome sluit in buikpyn, diaree, moegheid, gewigsverlies, fistels vanuit die dermkanaal en absesse. Buite die dermkanaal kom ander simptome ook voor, veral sere in die mond, op die kante van die tong, en selfs in die slukderm; oog-inflammasie in 5% van pasiënte, in een of beide oë, wat pyn, brandgevoel, dowwe visie of ligsensitiwiteit kan veroorsaak; en ook fissure, skeurtjies, fistels en anale stenose. Anale proleme kan soms vanself opklaar, maar dikwels benodig dit medikasie.

Behandeling

Daar is geen medikasie of chirurgiese prosedures wat Crohn se siekte kan genees nie. Behandelingsopsies is bedoel om met simptome te help, remissie te handhaaf en terugval te voorkom. In diegene wat nuut gediagnoseer is, kan 'n kortikosteroïed vir 'n kort tydperk gebruik word om simptome vinnig te verbeter, saam met 'n ander medikasie soos óf metotreksaat óf 'n tiopurien wat gebruik word om herhaling te voorkom. Om op te hou rook word aanbeveel by mense met Crohn se siekte.

Afhangende van die erns van die simptome sal die dokter medikasie voorskryf soos anti-biotika, kortisoon, immuunmoduleerders (azathioprine, 6-mercaptopurine of metotreksaat), en dikwels biologiese middels soos Infliximab of Adalimumab. Dié biologiese middels onderduk die immuunsisteem as ‘n geheel en maak die pasient meer vatbaar vir ander infeksies. Ou tuberkulose-letsels kan ook opvlam, en daar moet daarvoor getoets word voordat die behandeling kan begin.

Een uit elke vyf mense met die siekte word elke jaar in die hospitaal opgeneem, en die helfte van diegene met die siekte sal een of ander tyd oor 'n tydperk van tien jaar vir die siekte geopereer word. Alhoewel chirurgie so min as moontlik gebruik moet word, is dit nodig om sommige absesse, sekere dermobstruksies en kankers aan te spreek. Dit word elke paar jaar aanbeveel om vir dermkanker deur middel van kolonoskopie te kyk, vanaf agt jaar nadat die siekte begin het.

Voorkoms

Crohn se siekte raak ongeveer 3,2 per 1 000 mense in Europa en Noord-Amerika, en ongeveer 1,54 uit 1 000 in die Verenigde Koninkryk. Dit is minder algemeen in Asië en Afrika. Dit was histories meer algemeen in die ontwikkelde wêreld. Nommers het egter sedert die 1970s toegeneem, veral in die ontwikkelende wêreld. Inflammatoriese dermsiekte het in 2015 tot 47 400 sterftes gelei, en diegene met Crohn se siekte het 'n effens verminderde lewensverwagting. Dit is geneig om in die laat-tiener- en twintigerjare te begin, alhoewel dit op enige ouderdom kan voorkom. Manne en vroue word ewe veel daardeur geraak.

Aantekeninge

Verwysings

Tags:

Crohn Se Siekte OorsaakCrohn Se Siekte Risiko en diagnoseCrohn Se Siekte BehandelingCrohn Se Siekte VoorkomsCrohn Se Siekte AantekeningeCrohn Se Siekte VerwysingsCrohn Se Siekte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse WikipediaSamestellingGawes van die Heilige GeesBoelieryBraaiAanhalingstekensKolorektale kankerAlliterasieGolf (fisika)BorsteGrondwet van Suid-AfrikaEsias BoschEugenetikaJode in Suid-AfrikaVakbondBeesC. Louis LeipoldtEngelsCarike KeuzenkampSuid-Afrikaanse randRivierPakistanSeekoeiDurbanBlaarVigsSkoenlapperAborsieEnkelvoudige sinPlastiekMartin Luther King jr.FrankrykNederlandsInfeksieTitaanLys van veltoestandeKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)EkotoerismeNarsismeYouTubeTropiese sikloonGroepsdrukJan van TonderMangelontstekingKinderregteFibonacciBiodiversiteitOseaanbesoedelingBruin menseTussenwerpselChristendomEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKwaZulu-NatalAkuutTienerKankerGoogle MapsEkonomieIndonesiëGeweldTrappe van vergelykingPizzaRugbyVioolInligtingNasionalismeKriekBesoedelingPornografiese akteurWêreld- Ekonomiese ForumHindoeïsmeNierversakingPapierVoornaamwoordRekenaarWortel🡆 More