Hartversaking: Wanneer die hart nie doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie

Hartversaking, dikwels ook kongestiewe hartversaking genoem, vind plaas wanneer die hart nie meer doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie.

Hartversaking
Klassifikasie en eksterne bronne
’n X-straalfoto van ’n 28-jarige vrou met kongestiewe hartversaking en chroniese hipertensie.
’n X-straalfoto van ’n 28-jarige vrou met kongestiewe hartversaking en chroniese hipertensie.
ICD-10 I11I50.9
Hartversaking: Oorsake, Diagnose en behandeling, Verwysings Mediese waarskuwing

Oorsake

Algemene oorsake van hartversaking sluit in kroonslagaarsiektes (onder meer ’n vorige hartaanval), hoë bloeddruk, atriale fibrillasie, hartklepaandoening, ’n oormaat alkoholverbruik, infeksie en kardiomiopatie met ’n onbekende oorsaak. Hulle veroorsaak hartversaking deur óf die struktuur óf die werking van die hart te verander.

Daar is twee soorte hartversaking, na gelang van wat aangetas is: die vermoë van die linkerhartkamer om saam te trek of die hart se vermoë om te ontspan. Die erns van die siekte word gewoonlik bepaal deur die graad van probleme met oefening. Hartversaking is nie dieselfde as hartspierinfarksie (waar ’n deel van die hartspier doodgaan) of hartstilstand (waar die bloedvloei heeltemal ophou) nie. Ander siektes wat soortgelyke simptome kan hê, is obesiteit, nierversaking, lewerprobleme, bloedarmoede en skildkiersiekte.

Diagnose en behandeling

Die toestand word gediagnoseer deur die geskiedenis van die simptome in ag te neem en ’n fisieke ondersoek te doen wat eggokardiografie kan insluit. Bloedtoetse, elektrokardiografie en borsradiografie kan ook help om die onderliggende oorsaak vas te stel.

Behandeling hang af van die erns en oorsaak van die siekte. In minder ernstige gevalle bestaan die behandeling gewoonlik uit leefstylaanpassings soos om op te hou rook, oefening, en dieetaanpassings sowel as medikasie. In gevalle waar die linkerhartkamer aangetas is, word inhibeerders en blokkeerders aanbeveel. In ernstige gevalle kan aldosteroonantagoniste of hidralasien met ’n nitraat gebruik word. ’n Ontwateringsmiddel is nuttig teen vloeistofretensie. Soms, na gelang van die oorsaak, kan ’n toestel soos ’n pasaangeër ingeplant word.

As alle ander behandelings ondoeltreffend is, kan ’n hartkamerhulptoestel of hartoorplanting aanbeveel word.

Verwysings

Eksterne skakels

This article uses material from the Wiki Afrikaans article Hartversaking, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.

Tags:

Oorsake Hartversaking

Diagnose en behandeling Hartversaking

Verwysings Hartversaking

Angina

Bloed

Hart

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TuisbladCarles PuigdemontNelson MandelaApartheidMiddelmisbruikGroepsgebiedewetJaco JacobsErfenisdag (Suid-Afrika)Suid-AfrikaWet op Bantoe-onderwysKunsmatige intelligensieNedersettingDokterKersfeesTrappe van vergelyking2023 Formule Een-seisoenSwangerskapMieliestronkDansPampoentjiesWet op Afsonderlike GerieweChristendomDaggaOnderwysNamakwalandWaterbesoedelingPolisieHernubare energieVlag van Suid-AfrikaMassaDataWitIslamSeksBesoedelingWet op Verbod van Gemengde HuwelikeChineesDuitse WikipediaSkylabSonnestelselArgaïese menseEkostreekSekondeToringMaanlandingBrasiliëHoloseenPypleidingSelfstandige naamwoordGroot Rooi VlekIRCMichelle RyanKarniumNickelodeonGordelroosTeragreepManchester UnitedLeona LewisBartoniumVergelykings (taalkunde)SalzburgCatherine DeneuveMiljoenBeeldende kunsteBernard MadoffKusile-kragstasieGevleuelde uitdrukkingVepris trifoliolataBritse algemene verkiesing van 2010Matimba-kragstasieDeObia OpareiGino ConfortiLiedekerkeGrégoire Aslan🡆 More