Zimbabwe Krieket

Zimbabwe Krieket (Engels: Zimbabwe Cricket, afgekort “ZC”) is die bestuursliggaam wat krieket in Zimbabwe beheer en is by die Harare Sportklub in Harare gesetel.

Die beheerliggaam is in 1898 gestig as die Rhodesiese Krieketunie (Rhodesia Cricket Union, “RCU”) en het in 1992 sy huidige naam aangeneem. Dit verteenwoordig Zimbabwe by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).

Zimbabwe Krieket
Kenteken van Zimbabwe Krieket
Kenteken van Zimbabwe Krieket
Engelse naam Zimbabwe Cricket
Afkorting ZC
Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Sportsoort Krieket
Stigting 1898
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit op 21 Julie 1981
Vastelandse beheerliggaam Afrikakrieketvereniging
Voorsitter Tavengwa Mukuhlani
Hoof- uitvoerende beampte Wilfred Mukondiwa
Setel Harare Sportklub, Harare, Zimbabwe
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf zimcricket.org

Geskiedenis

Vestiging

In 1898 is die beheerliggaam Rhodesiese Krieketunie (Rhodesia Cricket Union, “RCU”) gestig. In 1980 is dit in Zimbabwiese Krieketunie (Zimbabwe Cricket Union, “ZCU”) hernoem en in 1992 het dit sy huidige naam Zimbabwe Krieket (Zimbabwe Cricket, “ZC”) aangeneem. Op 21 Julie 1981 het hulle ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en op 6 Julie 1992 ’n volle lid. Hulle mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys. Daarbenewens was die Zimbabwiese beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).

Finansiële probleme

In 2013/14 het die finansiële situasie van Zimbabwe Krieket toenemend vererger. Die IKR moes inspring en ’n finasiële hupstoot gee, maar die gebruik van geldelike voordele is bevraagteken. Zimbabwiese spelers het herhaaldelik met boikot gedreig en ’n spelersvereniging gestig. Die Zimbabwiese span het gesukkel om borge te lok, wat die plaaslike struktuur geraak en tot die kansellasie van baie toernooie soos die Pro40 gelei het. ’n Aantal konsessies aan die spelers is ook afgelas. Verskeie toere is vertraag, ingetrek of gekanselleer.

Tydelike skorsing

In 2019 is die Zimbabwiese Krieketraad opgeskort en deur ’n voorlopige raad vervang. Weens politieke inmenging deur die regering en die vrees dat geldmiddele vir die nasionale beheerliggaam aan die regering gaan, het die IKR op 18 Julie 2019 Zimbabwe van IKR-toernooie geskors. Dié besluit deur die IKR het ’n aantal spelers gefrustreerd gelaat. Vervolgens kon Zimbabwe nie aan die T20I-wêreldbeker 2021-kwalifisering deelneem nie (hulle is deur Nigerië vervang) en het dié toernooi misgeloop. Die Zimbabwiese Krieketraad is kort daarna deur die regering heringestel, maar hul skorsing het bly staan. Gedurende hierdie tydperk het beide Solomon Mire en kaptein Hamilton Masakadza (onder wie Zimbabwe al sy 25 EDI-wedstryde verloor het) hul bedankings aangekondig. Ondanks sy skorsing het Zimbabwe Krieket bevestig dat hulle steeds aan die Drienasiesreeks in Bangladesj sou kon deelneem, aangesien hulle kan voortgaan om wedstryde teen ander IKR-lede te speel. In Oktober 2019 het die IKR Zimbabwe Krieket se skorsing gelig, waardeur hulle vir toekomstige toernooie weer toegelaat is.

Taak

Zimbabwe Krieket organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Zimbabwe se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Chevrons), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Zimbabwe Krieket verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Zimbabwiese span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Zimbabwe. Net soos ander krieketlande beskik Zimbabwe oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem. Zimbabwe A is die tweede nasionale span van Zimbabwe en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die belangrikste krieketligas in Zimbabwe is die Logan Beker in eersterangse krieket (vyf spanne), die Pro50 Kampioenskap in EDI-krieket (vyf spanne) en die Stanbic Bank 20-reeks in T20-krieket (ses spanne).

Zimbabwe Krieket organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die Krieketwêreldbeker 2003 (saam met Kenia en Suid-Afrika). Saam met Namibië en Suid-Afrika sal Zimbabwe ook die Krieketwêreldbeker 2027 aanbied.

Kenteken

Zimbabwe se bynaam The Chevrons is ontleen aan die sigsagpatroon in die mure by die ruïnestad Groot-Zimbabwe. Die kenteken toon ’n paaltjie links bo, ’n krieketveldfraiing regs bo, ’n krieketbal links onder en ’n Zimbabwe-voël regs onder.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Zimbabwe Krieket GeskiedenisZimbabwe Krieket TaakZimbabwe Krieket KentekenZimbabwe Krieket Sien ookZimbabwe Krieket VerwysingsZimbabwe Krieket Eksterne skakelsZimbabwe KrieketAfrikakrieketverenigingEngelsHarareHarare SportklubInternasionale KrieketraadKrieketZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eerste WêreldoorlogKlinkerArgitektuurWet op Afsonderlike GerieweWaterkringloopGeboorteHemelvaartRassisme in AfrikaKuberkrakerKoppeltekenBoomNarsismeDuitsCarles PuigdemontAuschwitz-konsentrasiekampSpelerposisies in rugbyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMalariaLeonardo da VinciWinterInflasieMetaalnywerheidArmoedeverligtingRosa ParksPornografieIslamMadison IvyVergelykings (taalkunde)Privaat maatskappyGalblaasBloemfonteinKoolstofdioksiedSwitserlandMiltKlimaatsverandering in AfrikaXenofobie in Suid-AfrikaSlangVolhoubare ontwikkelingEnsiklopedieDiplopodaNederlandsPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMikro-ekonomieAs jy singNatuurrampTegnologieTrigeminale neuralgieDoelwitMierSendelingposisieLangste woordPoesKaapse MaleiersBeurtkragOsmoseEben EtzebethVierde Industriële RevolusieAardeBeëdigde verklaringGodsdiensSiembambaThys die BosveldklongHomofoonMahatma GandhiPersentasieStedelike gebiedWiki CommonsFranse RewolusieJust NuisanceGeskiedenis (vakgebied)ShakaPussy RiotChristogramGeelsugSeksuele opwekkingRacheltjie de BeerMigrasie van diereGeskiedenis van Afrikaans🡆 More