Krieket Namibië

Krieket Namibië (Engels: Cricket Namibia, afgekort “CN”) is die bestuursliggaam wat krieket in Namibië beheer.

Die beheerliggaam is in 1989 gestig en in Windhoek gesetel. Sedert 1992 verteenwoordig dit Namibië by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en sedert 1997 ook by die Afrikakrieketvereniging (Africa Cricket Association, “ACA”).

Krieket Namibië
Kenteken van Krieket Namibië
Kenteken van Krieket Namibië
Engelse naam Cricket Namibia
Afkorting CN
Land Vlag van Namibië Namibië
Sportsoort Krieket
Stigting 1989
Lid van Internasionale Krieketraad
Aangesluit in 1992
Vastelandse beheerliggaam Afrikakrieketvereniging
President Rudie van Vuuren
Hoof- uitvoerende beampte Peter Forster
Setel Windhoek, Namibië
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf cricketnamibia.com

Geskiedenis

Krieket Namibië 
Kenteken van Krieket Namibië

Teen 1930 is die Suidwes-Afrikaanse Krieketunie (Engels: South West Africa Cricket Union, SWACU) gestig en het wedstryde begin reël. Krieket Namibië is in 1989 gestig en verteenwoordig sedert 1992 Namibië as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad. Daarbenewens was die Namibiese beheerliggaam in 1997 ’n stigtingslid van die Afrikakrieketvereniging.

Taak

Krieket Namibië organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Namibië se nasionale seniorkrieketspan vir mans (die Arende), vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Namibië verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Namibiese span.

Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Namibië. Net soos ander krieketlande beskik Namibië oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.

Die huisvesting van internasionale toernooie is ook een van hul take. Saam met Suid-Afrika en Zimbabwe sal Namibië die Krieketwêreldbeker 2027 aanbied.

Kenteken

Krieket Namibië se kenteken toon ’n rooi krieketbal voor twee geboë blou lyne, terwyl die Namibiese nasionale krieketspan se kenteken ’n in blou gestiliseerde visarend met die belettering NAMIBIA daarbo toon.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Krieket Namibië GeskiedenisKrieket Namibië TaakKrieket Namibië KentekenKrieket Namibië Sien ookKrieket Namibië VerwysingsKrieket Namibië Eksterne skakelsKrieket NamibiëAfrikakrieketverenigingEngelsInternasionale KrieketraadKrieketNamibiëWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse skrywersKoorsblaarEmmy ClarkePornhubJodePlat AardeHoofpynKadmiumAfrikaanse woordelys en spelreëlsBeeldspraakPous Pius X2024WorldCatAnneli van RooyenEreksieVlag van die Verenigde KoninkrykWesley SneijderPalmsondagIndonesiesMensHondSuid-Afrikaanse randWeeluisNic de JagerMacauVlag van EuropaBatik AirGeskiedenis van erotiese afbeeldingsPubiese hareMetaheelalCobus RossouwWortelKommunistiese Party van die Sowjetunie309 v.C.SonVergelykings (taalkunde)Kolorektale kankerXhosaKolonoskopieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKragonderbreking van 2003 in Noordoos-AmerikaKaartGodAmerikaanse BurgeroorlogDuitse WikipediaEmiraat DirijaAppel (sanger)IdioomLitaueJosef SukRugby AustraliaAstanaMenslike seksuele gedragKen StarrNG gemeente MoreletaparkFransSelfbeeldAmber HeardHermie HendriksFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014Engelse nasionale sokkerspanVatikaanstadMadison IvyTurks- en CaicoseilandeSwangerskapLys van landeBorskankerWolmaransstadBobby AngelErnst van der WaltPenisKrieketWikiLeaksKinkhoesOosters-Ortodokse KerkNew OrleansInsolasie🡆 More