Wikileaks

WikiLeaks is 'n internasionale organisasie sonder winsbejag wat voorgelegde dokumente publiseer wat andersins nie bekombaar sou wees nie vanaf anonieme bronne.

WikiLeaks
Wikileaks
Tipe webblad Dokument argiewe
Taal(e) Engels
Eienaar Julian Assange
Opgerig Desember 2006
Huidige status Aktief
URL wikileaks.org

Die klikwerf is in 2006 van stapel gestuur en word deur The Sunshine Press bestuur. Binne 'n jaar sedert die bekendstelling van die werf is daar aanspraak gemaak op 'n databasis van meer as 1,2 miljoen dokumente. Die organisasie is skynbaar gestig deur Sjinese afvalliges, sowel as joernaliste, wiskundiges en tegnoloë uit die V.S.A, Taiwan, Europa, Australië en Suid-Afrika. Koerantartikels en die tydskrif, The New Yorker van 7 Junie 2010 beskryf Julian Assange, 'n Australiese joernalis en internet-aktivis, as die direkteur van WikiLeaks.

Wikileaks
WikiLeaks-stigter Julian Assange

WikiLeaks het 'n aantal toekennings verower, insluitende die tydskrif, Economist, se New Media toekenning van 2008. In Junie 2009 is WikiLeaks en Julian Assange met Amnestie Internasionaal se UK Media toekenning vereer, vir die publikasie in 2008 van die artikel getiteld "Kenya: The Cry of Blood – Extra Judicial Killings and Disappearances", 'n verslag deur die Keniaanse Nasionale Kommissie vir Menseregte oor moorde deur die polisie in Kenia. In Mei 2010, het die New York Daily News Wikileaks gelys as een van die webwerwe wat die nuus geheel en al kan verander.

In April 2010 het WikiLeaks 'n video gepubliseer van 'n 2007-insident in Bagdad waarin verskeie Irakse burgerlikes deur V.S.A magte dood gemaak is op 'n webwerf getiteld Collateral Murder. In Julie van daardie selfde jaar het WikiLeaks die Afghan War Diary vrygestel wat 'n samestelling van 76 900 dokumente is oor die oorlog in Afghanistan wat nie deur die Amerikaanse regering geopenbaar was nie. In Oktober het die groep 'n stel van bykans 400 000 dokumente, getiteld Iraq War Logs, gepubliseer in samewerking met groot kommersiële media organisasies.

Sy naam ten spyt, is WikiLeaks nie 'n wiki nie – wanneer die inligting gepubliseer is, kan dit nie deur besoekers aangepas word nie.

Geskiedenis

WikiLeaks het vir die eerste keer op die internet verskyn in Januarie 2007. Die webwerf beweer dat dit gestig is deur Chinese afvalliges, joernaliste, wiskundiges en tegnoloë uit die V.S.A, Taiwan, Europa, Australië en Suid-Afrika. Die stigters van WikiLeaks is egter nie formeel geïdentifiseer nie. Die organisasie se spreekbuis sedert Januarie 2007 was Julian Assange en andere. Assange beskryf homself as 'n lid van Wikileaks se raadgewende raad. Nuusberigte in The Australian het Assange beskryf as die stigter van WikiLeaks.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AustraliëEuropaJulian AssangeSuid-AfrikaTaiwanV.S.A

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomie van Suid-AfrikaEllipstekenKokerboomSlangElon MuskGroot GatWinnie Madikizela-MandelaKompasEerste WêreldoorlogVeerNederduitse Gereformeerde KerkSonkragGoogle MapsKweekhuiseffekLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVarkgriepSkaakBrongitisFinale OplossingEkonomiese sektorRooms-Katolieke KerkWillie JoubertSeksWeer (meteorologie)IslamMag (sosiale wetenskappe)Selfstandige naamwoordBesoedelingJohann de LangeRacheltjie de BeerLieweheersbesieVulkanismeHartaanvalEskomGroot-VisrivierSuiwelprodukDepressie (gemoedstoestand)DrinkwatervoorsieningBorsteLys van kinderspeletjiesDurbanKlein gekolde katVrugbaarheidRuimteMaatskappyGeskiedenis van Suid-AfrikaOrtopedieLugbesoedelingSkildklierKweekhuisgasKlinkerAngssteuringStam (taalkunde)TaalVolhoubaarheidDirekte en Indirekte redeSeksposisieHeuningbyKrugerwildtuinKinderregteLidwoordPirow BekkerSpringbokkeAluminiumSwaziKappie (skryfteken)SonKletsrymKlavierAfrikaanse naguilEuropaKultuurMierMaagApartheid🡆 More