Varkgriep: Griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixovirusse wat endemies is tot varke

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Varkgriep: Griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixovirusse wat endemies is tot varke Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus.

Varkgriep
Klassifikasie en eksterne bronne
Die influensa A-virus.
Die influensa A-virus.
ICD-10 J10
ICD-9 487
DiseasesDB 6791
MedlinePlus   007421
eMedicine med/1170
MeSH D007251
Varkgriep: Griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixovirusse wat endemies is tot varke Mediese waarskuwing
Varkgriep: Griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixovirusse wat endemies is tot varke
Varke kan draers wees van griepvirusse wat aangepas is tot mense en ook ander wat aangepas is tot voëls, wat dit moontlik maak vir die virusse om gene uit te ruil en sodoende ontstaan 'n lyn van pandemiese virusse

Varkgriep, anders as voëlgriep, kan deur mens-tot-mens-kontak versprei word.

Dit is bekend dat varkgriep veroorsaak word deur Influensa A subtipes H1N1, H1N2, H3N1 en H2N3.

In varke kom drie influensa A-virus subsoorte voor (H1N1, H3N2 en H1N2) wat wêreldwyd sirkuleer. Dit is bekend dat die griep tot dusver verantwoordelik was vir die sterftes van om en by 81 mense met ingang 26 April 2009 hoofsaaklik in Meksiko en die VSA. In Suid-Afrika bestaan daar kommer dat die virus nie spoedig opgespoor gaan word nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie bestempel die virus as 'n noodgeval.

Die naam varkgriep skep wêreldwyd verwarring. Rusland, Indonesië en nog ander lande het die invoer van varkvleis verbied, maar varkgriep kan nie deur varkprodukte versprei word nie, aangesien die virus nie deur voedsel oorgedra word nie.

Varkgriep is algemeen onder varke en seldsaam in mense. Mense wat met varke werk (veral mense met 'n hoë mate van blootstelling) kan varkgriep opdoen as die variant in staat is om mense te besmet. Hierdie variasies kan gewoonlik egter nie van mens tot mens oorgedra word nie. Af en toe kan die varkgriepvirus egter muteer na 'n vorm wat maklik van mens tot mens oorgedra kan word. Daar word vermoed dat die virus wat die varkgriepuitbraak van 2009 veroorsaak het so 'n mutasie ondergaan het. Die virus wat verantwoordelik is vir die uitbraak van 2009 is varkgriep genoem vanweë die feit dat een van die proteïene op die oppervlak daarvan ooreenstem met die virus wat gewoonlik varke aantas, maar dis nog onbekend of dié spesifieke variant varke aantas.

In mense is die simptome tipiese simptome van griep- en verwante siektes, naamlik kouekoors, koors, seer keel, spierpyne, erge hoofpyn, hoes, tamheid en algemene ongemak. Die variant verantwoordelik vir die 2009-uitbraak veroorsaak in die meeste gevalle slegs ligte simptome en die aangetaste persoon herstel binne 'n paar dae.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkarlakenkoorsAgtervoegselStudievaardighedeEmfiseemAdolessensieHolocaustPersWaterpokkiesProvinsies van Suid-AfrikaVraag en aanbodMuskeljaatkatBesoedelingLys van elemente volgens simboolRina HugoMuggieLys van visseBloeddrukHipoteseEvolusieAkademiaGriepGuillain-Barré-sindroomAnglisismeBysteekWoordeboek van die Afrikaanse TaalKlem-in-die-kaakKoos du PlessisSpelerposisies in rugbyVarkKappie (skryfteken)Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeRuslandNina HartleyNederlandZuid-Afrikaansche RepubliekSeekoeiSwangerskapWetenskaplike klassifikasieQR-kodeRekeningkundeSpringbokkeMenseregteMuishondBakterieHipertensieSteenbok (sterreteken)WoordsoortImamKambriese ontploffingSesnasies-toernooiMIV/vigs in Suid-AfrikaIndiëDuitslandVersamelnaamKinderregteBorskankerNommer assebliefStandaardtemperatuur en -drukSlot (rugby)OnderwysSerebrospinale vogFacebookNarsismeVoornaamwoordDesiré GardnerWaldemar SchultzOrale seksVarkgriepJuan Antonio VillacañasJackie ChanHoofpyn🡆 More