Vulkanisme: Verskynsels en prosesse wat verband hou met die werking van vulkane, geisers en fumarole

Vulkanisme (of vulkanisiteit) is die verskynsel dat gesmelte gesteentes (magma) op die oppervlak van die Aarde of 'n ander soliede planeet of 'n maan, uitgewerp word waar lawa, piroklaste en gasse deur 'n opening in die oppervlak breek.

Dit sluit alle voorvalle in wat spruit uit die opstoting van magma deur die kors of mantel van die liggaam en die vorming van vulkaangesteentes op die oppervlak, asook alle voorvalle wat dié verskynsel veroorsaak.

Vulkanisme: Vulkaniese prosesse, Aspekte van vulkanisme, Sien ook
'n Kaart van tektoniese plate en die ligging van vulkane met rooi sirkels aangedui.

Vulkaniese prosesse

Vulkanisme: Vulkaniese prosesse, Aspekte van vulkanisme, Sien ook 
Nievloeitrae lawa tydens 'n uitbarsting van Kīlauea.

Magma van die mantel of onderste deel van die kors styg op deur die kors na die oppervlak. As magma die oppervlak bereik, hang die gedrag daarvan af van die viskositeit (vloeitraagheid) van die gesmelte rots. Vloeitrae (dik, taai) magma veroorsaak ontploffende uitbarstings, terwyl vloeibare (dun) magma gewoonlik lei tot bedaarde, uitvloeiende uitbarstings wat groot hoeveelhede lawa op die oppervlak kan stort.

In sommige gevalle kan opstygende magma afkoel en stol sonder dat dit die oppervlak bereik. Die harde vulkaanmassa kristalliseer in die kors en vorm 'n vulkaniese intrusie. Terwyl die magma afkoel, word die chemikalieë in die kristalle wat vorm in effek uit die hoofmengsel van die magma verwyder (deur middel van 'n proses bekend as fraksionele kristalvorming). Die chemiese inhoud van die oorblywende magma verander dus terwyl dit stadigaan stol.

Inspuitings van vars, onveranderde magma kan harde, veranderde magma weer in beweging bring en die uitbarsting van vloeitraer magma veroorsaak.

Aspekte van vulkanisme

Vulkanisme: Vulkaniese prosesse, Aspekte van vulkanisme, Sien ook 
Deursnee van 'n stratovulkaan (vertikale skaal oordryf):
  1. Groot magmakamer
  2. Rotsbodem
  3. Pyp
  4. Basis
  5. Intrusieplaat
  6. Intrusiegang
  7. Lae as uit die vulkaan
  8. Hang
  9. Lae lawa uit die vulkaan
  10. Keel
  11. Parasitiese keël
  12. Lawavloei
  13. Opening
  14. Krater
  15. Aswolk

Vulkane

Vulkane is plekke waar magma die planeet se oppervlak bereik. Die soort vulkaan hang af van die ligging van die uitbarsting en die konsistensie van die magma.

Intrusies

Dit word gevorm wanneer magma tussen bestaande gesteentes ingepers word. Dit kan gesien word in die vorm van intrusiegange, intrusieplate en batoliete.

Aardbewings

Aardbewings word gewoonlik met plaattektoniek vereenselwig, maar sommige word deur vulkanisme veroorsaak.

Hidrotermiese bronne

Dit word gevorm wanneer daar 'n wisselwerking tussen water en vulkanisme is. Dit sluit in geisers, rookgate, warmwaterbronne en moddergate. Hulle word dikwels gebruik as 'n bron van geotermiese energie.

Vulkaanwinter

Die hoeveelheid gas en as wat in vulkaanuitbarstings vrygestel word, het 'n taamlike uitwerking op die aarde se klimaat. Groot uitbarstings stem ooreen met aansienlike klimaatsveranderings wêreldwyd.

Sien ook

  • Vulkaan, vir 'n vollediger artikel.

Verwysings

Skakels

  • Vulkanisme: Vulkaniese prosesse, Aspekte van vulkanisme, Sien ook  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Vulkanisme Vulkaniese prosesseVulkanisme Aspekte van vulkanismeVulkanisme Sien ookVulkanisme VerwysingsVulkanisme SkakelsVulkanismeAardeGasKors (geologie)LawaMagmaMantel (geologie)Natuurlike satellietPiroklastPlaneet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerTropiese sikloonBobby AngelHelga UysVratReg tot ‘n gesonde omgewingVerkleinwoordGeslagsgelykheidKolonialismeJan CombrinkJeugdagSeksMasturbasieJak de PriesterAnrich HerbstSteenkool in Suid-AfrikaMoedersdagAkroniemGroot vyfEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKoringMenslike skeletNasionale VrouemonumentPols-oksimeterAustraliëCSSAardverwarmingProteïenRudi ClaaseSuid-AfrikaKarlien van JaarsveldKaliumNasionale VrouedagGodOranjerivierTussenwerpselMondMiddeloorontstekingKaapstadse waterkrisis 2015-2018BysteekEskomLionel MessiHemelvaartsdagVreesKatoenSkaapLiewe HeksieGordelroosNelson MandelaMetafoorInsekWikiGraatjiemeerkatStaalDanie du ToitRutenium(III)chloriedLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandApostoliese GeloofsbelydenisNoordwesStikstofMantisKinderregteKnieElzette MaarschalkAardeHerfsGeldBreinvliesontstekingDrinkwatervoorsieningWetenskaplike klassifikasieJaco JacobsStaatstoelaeAfro-AmerikanersGeslagsregister vanaf Adam tot JesusTier🡆 More