Bagdad

Bagdad (Arabies: بغداد‎‎; Koerdies: Bexda‎) is die hoofstad en grootste stad van Irak.

Bagdad is ook die tweede grootste stad in die Arabiese wêreld na Kaïro. Die stad het 'n bevolking van 9 028 636 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 204,2 km². Dit is aan die Tigrisrivier geleë en in 762 deur kalief Al-Mansoer gestig. Dit het toe die hoofstad van die Abbasidiese Kalifaat geword.

Bagdad

بغداد
Stad
Bagdad
Bagdad is in Irak
Bagdad
Bagdad
Koördinate: 33°20′N 44°23′O / 33.333°N 44.383°O / 33.333; 44.383 44°23′O / 33.333°N 44.383°O / 33.333; 44.383
LandVlag van Irak Irak
GoewernementBagdad
Stigting762
Regering
 • BurgemeesterZekra Alwach
Oppervlak
 • Totaal204,2 km2 (78,8 vk. myl)
Hoogte
34 m (112 ft)
Bevolking
 • Totaal9 028 636
TydsoneUTC+3 (AST)
Poskode
10001 tot 10090
Webwerfamanatbaghdad.gov.iq

Binne 'n kort tydperk van sy stigting het Bagdad ontwikkel tot 'n beduidende kulturele, kommersiële en intellektuele sentrum van die Moslem-wêreld. Bykomend tot die huisvesting van verskeie belangrike akademiese instellings, waaronder die Huis van Wysheid, sowel as die aanbied van 'n multietniese en multigodsdienstige omgewing, het die stad 'n wêreldwye reputasie as die 'Sentrum van Geleertheid' verkry.

Bagdad was gedurende die Islamitiese Goue Tydperk die grootste stad ter wêreld vir 'n groot deel van die Abbasidiese-era en het 'n bevolking van meer as 'n miljoen bereik. Die stad is in 1258 grootliks verwoes aan die hand van die Mongoolse Ryk, wat gelei het tot 'n agteruitgang wat deur baie eeue sou voortduur as gevolg van gereelde plae en verskeie opeenvolgende ryke. Met die erkenning van Irak as 'n onafhanklike staat (voorheen die Britse mandaat van Mesopotamië) in 1932, het Bagdad geleidelik 'n paar van sy eertydse prominensie herwin as 'n belangrike sentrum van die Arabiese kultuur.

In die hedendaagse tyd het die stad dikwels ernstige infrastruktuurskade ondervind, meestal as gevolg van die Amerikaanse geleide inval in Irak in 2003, en die daaropvolgende Irak-oorlog wat tot Desember 2011 geduur het. In onlangse jare het die stad gereeld insurgensie-aanvalle beleef. Die oorlog het ook gelei tot 'n aansienlike verlies aan kulturele erfenis en historiese artefakte. Vanaf 2018 is Bagdad gelys as een van die minste gasvrye plekke in die wêreld, en word deur Mercer beskou as die slegste stad vir lewensgehalte in die wêreld.

Geografie

Die stad is geleë op 'n uitgestrekte vlakte wat deur die Tigrisrivier verdeel word. Die Tigris verdeel Bagdad in twee, met die oostelike helfte Al-Rusafa en die westelike helfte bekend as Karkh. Die land waarop die stad gebou is, is byna heeltemal plat en laagliggend en van 'n alluviale oorsprong as gevolg van die periodieke groot oorstromings wat weens die rivier plaasgevind het.

Panoramiese uitsig van die Tigris oor Bagdad

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

762Abbasidiese KalifaatArabiesArabiese wêreldHoofstadIrakKaliefKaïroKoerdiesTigrisrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PlantInsekDirekte en Indirekte redeSharpeville-slagtingWinnie Madikizela-MandelaMorfologie (taalkunde)LongProteaPersoonlikheidE-posLys van politieke partye in Suid-AfrikaGrondbesoedelingKalsiumStaalKangaroeLys van musiekinstrumenteNG gemeente JansenvilleCristiano RonaldoNadia ValvekensMaanAfrikaanse taalleerKommaKaapstadse waterkrisis 2015-2018Soweto-opstandAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidVincent van GoghMartin Luther King jr.BloutongsiekteMaselsKoerantGrondGroot TrekNoord-KaapGordelroosAngolese BurgeroorlogRooikatVulkanismeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSiekteGalblaasOplossing (chemie)TamatieSuid-Afrikaanse InkomstediensBeeldspraakAardeDriedimensioneelTafelbergVerlede tydSokker23 AprilLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Grootste rampe in Suid-AfrikaMateriaalNierLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLeeuEuropaPaasfeesNederlandKompasJan van RiebeeckWaarheid-en-versoeningskommissieSteenkool in Suid-AfrikaGewone breukeSean CombsMierGeldHartversakingAnrich HerbstC.J. LangenhovenProvinsies van Suid-AfrikaVakbondBeurtkragMobutu Sese Seko🡆 More