Ekonomiese Sektor: Konseptuele groepering van ekonomiese aktiwiteite

'n Ekonomiese sektor of sakesektor verwys na 'n gedeelte van die ekonomie gebaseerd op die algemene aard van hul aktiwiteite en waar hulle in die produksieproses inpas.

Die ekonomie is histories in drie sektore verdeel volgens die Drie-sektore-hipotese:

  • Primêre sektor - ontginning of versameling van grondstowwe, soos koring, koolstof, hout en yster. ('n Steenkoolmyner, boer of visserman sal werkers in die primêre sektor wees.)
  • Sekondêre sektor - verwerking van grondstowwe na goedere bv. vervaardiging van staal in motors, of tekstiele tot klere. ('n Bouer en 'n kleremaker sal werkers in die sekondêre sektor wees.)
  • Tersiêre sektor - beskikbaarstelling van dienste of produkte aan verbruikers en ondernemings, soos babasit, bioskope en bankwese ('n Winkelier en 'n rekenmeester sal werkers in die tersiêre sektor wees.)
Ekonomiese Sektor: Primêre sektor (oerproduksie), Sekondêre sektor (nywerheids- of industriële sektor), Tersiêre sektor (dienstesektor)
Hierdie figuur illustreer die persentasies van die ekonomie van 'n land wat bestaan uit verskillende sektore. Die figuur illustreer dat lande met hoër vlakke van sosio-ekonomiese ontwikkeling is geneig om proporsioneel minder van hul ekonomieë in die primêre en sekondêre sektor te hê, en meer klem lê op die tersiêre sektor. Die minder ontwikkelde lande vertoon die omgekeerde patroon.
Ekonomiese Sektor: Primêre sektor (oerproduksie), Sekondêre sektor (nywerheids- of industriële sektor), Tersiêre sektor (dienstesektor)
Drie sektore volgens Fourastié
Ekonomiese Sektor: Primêre sektor (oerproduksie), Sekondêre sektor (nywerheids- of industriële sektor), Tersiêre sektor (dienstesektor)
Clark se sektormodel

In die 20ste eeu het ekonome begin voorstel dat tradisionele tersiêre dienste verder van mekaar onderskei kan word in: "kwaternêre" en kwinêre diens sektore. Ekonomiese aktiwiteite in die hipotetiese kwaternêre sektor bestaan uit inligtings- en kennisgebaseerde dienste, terwyl kwinêre dienste die industrie aktiwiteit wat verband hou met menslike dienste en gasvryheid insluit.

Primêre sektor (oerproduksie)

Hierdie sektor word ook oerproduksie genoem. Die oerproduksie lewer meestal die rou materiale of grondstowwe vir 'n produk. By hierdie sektor word byvoorbeeld landbou, bosbou en vissery gereken. Die klassifisering van mynbou as 'n primêre sektor is omstrede, alhoewel ook hierdie sektor onverwerkte grondstowwe oplewer en sodoende by die primêre sektor gereken kan word.

Die huidige ekonomiese teorie gebruik 'n nouer en 'n wyer definisie ten opsigte van die primêre sektor. Volgens die nouer definisie van bedrywe word slegs landbou, bosbou en vissery by die primêre sektor gereken, die wyer definisie sluit ook die mynbou hierby in. Die primêre sektor verskaf grondstowwe wat in die sekondêre sektor verwerk word.

In die meeste ontwikkelende lande is 'n heelwat groter persentasie van die ekonomies aktiewe bevolking in die primêre sektor werksaam as in nywerheidslande, en daar bestaan 'n inverse korrelasie tussen die persentasie werknemers in die primêre sektor en die industriële ontwikkelingspeil van 'n land.

Sekondêre sektor (nywerheids- of industriële sektor)

Die sekondêre sektor behels die nywerheidssektor van 'n ekonomie, dit wil sê die sektor wat rou materiale tot 'n meer bruikbare vorm verwerk. Hierby word alle nywerhede, ambagte, die energiebedryf (opwekking en voorsiening van energie) en watervoorsiening, meestal ook die boubedryf gereken. Afhangende van die definisie, wat toegepas word, maak ook die mynboubedryf deel uit van die sekondêre sektor.

'n Kenmerkende eienskap van hierdie sektor is die verwerking van rou materiale en goedere uit die primêre sektor. Vanweë die vervaardigingsproses, waarvoor beleggingsgoedere benodig word, is die sekondêre sektor nie net materiaalintensief nie, maar ook kapitaalintensief.

Tersiêre sektor (dienstesektor)

Die tersiêre of dienstesektor behels alle dienste wat in sakeondernemings of deur die staat en ander openbare instellings verskaf word. Die volgende bedrywe word by die tersiêre sektor gereken:

  • handel
  • vervoer en logistiek
  • toerisme, hotel- en restourantbedryf
  • telekommunikasie
  • bankbedryf
  • versekerings en assuransies
  • woonstelbedryf
  • ander ondernemings of vrye beroepe wat dienste verskaf
  • organisasies sonder winsbejag
  • munisipaliteite, provinsies, deelstate en ander administratiewe eenhede
  • privaat huishoudings
  • openbare huishoudings (byvoorbeeld staat, militêre sektor, ens.)

'n Kenmerkende eienskap van hierdie sektor is produksie of dienslewering deur benutting van mannekrag - dit is derhalwe 'n personeelintensiewe sektor.

Ander verdelings

Histories evolusie

'n Ekonomie kan verskillende sektore insluit (ook bekend as 'n "bedryfstak") wat in opeenvolgende fases ontwikkel het:

  • Die antieke ekonomie hoofsaaklik gebou op die basis van bestaansboerdery.
  • Die industriële rewolusie het die rol van boerdery bestaansboerdery verminder; en het grondgebruik na meer ekstensief en monokulturele vorme van landbou gedurende die afgelope drie eeue omgeskakel. Ekonomiese groei het meestal in die mynbou-, konstruksie- en vervaardigingsbedryf plaasgevind.
  • In die ekonomieë van die moderne verbruikersamelewing, dienste, finansies en tegnologie – die kennisekonomie – speel 'n al hoe belangriker rol.

Selfs in moderne tye, ontwikkelende lande is geneig om meer op die eerste twee sektore te vertrou, in teenstelling met ontwikkelde lande.

Volgens eienaarskap

'n Ekonomie kan ook volgens eienaarskap verdeel word:

  • Openbare sektor of staat sektor
  • Privaat sektor of privaat bestuurde ondernemings
  • Vrywillige sektor

Sien ook

  • Drie-sektore-hipotese
  • Jean Fourastié
  • Arbeidsdeling
  • Ekonomiese ontwikkeling

Verwysings

Bronne

  • Dinamiese Bedryfstudies deur Esterhuyse · Horn · Liebenberg, Kagiso, 2005

Tags:

Ekonomiese Sektor Primêre sektor (oerproduksie)Ekonomiese Sektor Sekondêre sektor (nywerheids- of industriële sektor)Ekonomiese Sektor Tersiêre sektor (dienstesektor)Ekonomiese Sektor Ander verdelingsEkonomiese Sektor Sien ookEkonomiese Sektor VerwysingsEkonomiese Sektor BronneEkonomiese SektorEkonomie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeldStam (taalkunde)SonSeksueel oordraagbare infeksieVingerseksAppendiksOorstromingPersRooilipslangHemelvaartKappie (skryfteken)AngolaBelastingLongVoorvoegselVreesErfenisdag (Suid-Afrika)SanskritTafelbergVlekvrye staalJodeJoodse kalenderViëtnamTelevisieOseaanbesoedelingSekondêre sektor van die ekonomieOplossing (chemie)Olimpiese SomerspeleNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaEerste WêreldoorlogBesoedelingProksemikaSikloonKultuurWitbankNederduitse Gereformeerde KerkGrondsoorteFraktuurMonopolyFrankrykPubliekProstaatkankerFinale OplossingAnale seksVerlede tydSwart nasionalismeDonderstormBesnydenisLys van Joodse feeste en herdenkingsPerdSeptimius AwardsDolfynLys van politieke partye in Suid-AfrikaInternetKondensasieSuid-Afrikaanse WeermagProteïenLiewe HeksieSteenkool in Suid-AfrikaWatersuiweringNag van die lang messeSkarlakenkoorsVerenigde State van AmerikaEksponentLien se lankstaanskoeneUitwerking van klimaatsveranderingSink16 NovemberHolocaustAarverkalkingAborsie in Suid-AfrikaWaterbesparing in Suid-AfrikaNetbalEmfiseemCovid-19-pandemie in Suid-Afrika🡆 More