Witbank

Witbank (amptelik eMalahleni) is 'n stad geleë op die hoëveld van Mpumalanga, Suid-Afrika.

    Hierdie artikel handel oor die stad in Mpumalanga. Vir die dorpie in die Noord-Kaap, sien Witbank (Noord-Kaap).

Die naam Witbank is afgelei van 'n wit sandsteen uitspanplek waar transportdrywers voorheen gerus het. In Maart 2006 word die stad herdoop na eMalahleni, die Nguni woord vir "die plek van kool". Die stad is in 'n steenkoolmyngebied met 22 mynmaatskappye in 'n gebied met 'n radius van kleiner as 40 km. Daar is verskeie steenkoolaangedrewe kragstasies naby, asook 'n staalfabriek wat steenkool gebruik, naamlik Highveld Steel and Vanadium Corporation.

Witbank

eMalahleni
Stad
Uitsig oor Witbank
Uitsig oor Witbank
Witbank is in Mpumalanga
Witbank
Witbank
Witbank Witbank se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°50′S 29°12′O / 25.833°S 29.200°O / -25.833; 29.200 29°12′O / 25.833°S 29.200°O / -25.833; 29.200
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikNkangala
MunisipaliteitEmalahleni
Stigting1890
Regering
 • TipePlaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal164,27 km2 (63,43 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal108 673
 • Digtheid662/km2 (1 710/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense46.8%
 • Indiërs/Asiërs2.5%
 • Bruin mense2.0%
 • Swart mense48.1%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 42.4%
 • Zoeloe 17.6%
 • Engels 13.7%
 • Noord-Sotho 7.6%
 • Ander 18.7%
Poskode (strate)
1035
Poskode (posbusse)
1034
Skakelkode013
Webwerfhttp://www.emalahleni.gov.za/

Ontstaan en groei

Witbank 
Reyno Ridge-voorstad in die ooste van Witbank

Witbank is gestig in 1890. Vroeëre pogings om steenkool te myn was onsuksesvol totdat die spoorlyn van Pretoria in 1894 die gebied bereik het. Witbank het 'n dorp geword in 1903, 'n munisipaliteit op 13 Mei 1910, en daarna stadstatus verkry (datum onbekend). Die Universiteit van Pretoria het in 1989 'n kampus hier opgerig.

Distrik

Die distrik is 2 900 km² groot en gemengde boerdery word beoefen: bees en suiwel, mielies, aartappels en patats. Daar is ook groot neerslae van ystererts, chroom, mangaan, asbes, mika en kobalt in die distrik.

Trivia

  • Winston Churchill, toe 'n jong soldaat-joernalis, het in 'n mynskag naby Witbank weggekruip na sy ontsnapping uit Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog.
  • Witbankdam is die grootste munisipale dam in die suidelike halfrond.
  • Die N4 nasionale pad gaan deur Witbank en aan die oostekant van Witbank sluit die N12 nasionale pad by die N4 aan.

Persone gebore in Witbank

Galery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Witbank Ontstaan en groeiWitbank DistrikWitbank TriviaWitbank Persone gebore in Witbank GaleryWitbank Sien ookWitbank VerwysingsWitbank Eksterne skakelsWitbankHoëveldMpumalangaNguniSteenkoolSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LenteMaagsweerRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Breyten BreytenbachOnderwysDikdermAdolessensieSamestellende afleidingMensKriekWhatsAppBrandmondsindroomGroepsdrukLübeckOnderhandelinge om apartheid te beëindigYsterKarooErfenisLeestekenLondenToestand van materieBloedsomloopstelselSekondêre sektor van die ekonomieGevolge van aardverwarming op oseaneTweede VryheidsoorlogProstaatkankerMaagBybelKolorektale kankerPersoon (taalkunde)Murunwa MakwarelaLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWikipediaWitrenosterWeer (meteorologie)Direkte en Indirekte redeVloeistofDoelwitGeweldWeervoorspellingNavorsingReënspinnekopVarkgriepNazi-DuitslandWaterbesparing in Suid-AfrikaDierDuitse maselsByGroot-VisrivierSoweto-opstandRoemeensHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWortelWoordeboek van die Afrikaanse TaalPropagandaMangelontstekingFotosinteseNierGalileo GalileiSenuweestelselJewgeni PrigozjinChroniese siekteGalblaasIngrid JonkerVigsAfro-AmerikanersLionel PetersonTurkyePikkewynBeëdigde verklaringRenaissanceEksponentAntoniemOlimpiese Somerspele633Nedersetting🡆 More