Taalkunde Persoon

Die persoon in taalkunde is gewoonlik die onderskeid tussen ’n verwysing na die spreker (eerste persoon), die een met wie gepraat word (tweede persoon) en ander (derde persoon).

Eenvoudige voorbeelde van die eerste persoon is "ek" en "ons", van die tweede persoon "jy", "u" en "julle" en van die derde persoon "hy", "sy", "dit" en "hulle". Die persoon kan dus enkel- of meervoud wees.

Vorme

    persoon enkelvoud meervoud
    1ste ek ons
    2de jy, u julle, u
    3de hy/sy/dit hulle

Ander persone

Hierdie indeling in drie persone en twee getalle is taamlik kenmerkend vir Europese tale, maar buite Europa word ook ander persone (en getalle) gevind. In die taal Wes-Pantar (ISO-639: lev), 'n Papoea-taal wat deur omtrent 10 000 persone op die westelike skiereiland van die Indonesiese eiland Pantar gepraat word, kom 'n vierde persoon voor asook drie verskillende vorme van die eerste persoon meervoud. Die 'handelende' vorme (gewoonlik die onderwerp) vir die persoonlike voornaamwoord is:

    persoon enkelvoud meervoud
    1ste nang insluitend ping
    distributief tang
    uitsluitend ning
    2de hang hing
    3de gang ging
    4de ang ing

Die distributiewe 1ste persoon is ook in hierdie taal taamlik skaars. Die verskil tussen die insluitende en uitsluitende 1ste persoon meervoud is nogtans in baie ander tale bekend, soos in amper alle Austronesiese tale. Die uitsluitende vorm is ons, maar nie jy nie, die insluitende vorm sluit ook die jy-persoon in.

In Wes-Pantar word die vierde persoon vir verskeie doeleinde aangewend. Dit word gebruik om wederkerigheid aan te gee soos 'homself', maar daar is ander betekenisse. In Afrikaans kan 'n sin wat meer as een voornaamwoord van die derde persoon gebruik vinnig onduidelik word, soos:

    Daar is 'n man en 'n leeu. Hy sien hom.

In Wes-Pantar kan hierdie verwarring met 'n derde (=man) en 'n vierde persoon (=leeu) voorkom word.

In Indo-Europese tale word die term "vierde persoon" soms gebruik om 'n onbepaalde derde persoon aan te gee, soos in:

    Hulle het die pad verander

sonder aan te gee wie "hulle" is. In Indo-Europese tale bestaan nogtans gewoonlik geen aparte woordvorme vir hierdie voornaamwoorde nie.

Verwysings

Tags:

EnkelvoudMeervoudTaalkunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Internasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAardverwarmingWortelFamilie (verwantskap)JudaïsmeTropiese sikloonMenstruasieNierversakingMartin Luther King jr.PaasfeesIngrid JonkerKasterolieReënKarakteriseringSpeelkaartAnilingusAborsie in Suid-AfrikaGemeenskapVoorsetselMane van GalileiDramaMetaalDistillasieBek-en-klouseerGroot TrekCristiano RonaldoHartversakingEkologieKrygkorDomkragAardbewingWaterstofBywoordArmoedeAsiëLeonardo da VinciAntoniemVervoerLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierAardeNarsismeHibernasieKaliumEkotoerismeSeksMalariaSeptimius AwardsLettergreepWêreldwye webDroomSaartjie BaartmanDrakensbergeLionel PetersonCarles PuigdemontGreen PornoSleutel (musiek)Noord-KaapHondeklipbaaiBeeldspraakSwartbewussynsbewegingCleopatra VIITelwoordEugenetikaTaalOorkruipersSuid-Afrikaanse GrensoorlogVerkoueRumatiekBruin menseFisiese oefeningSpoorvervoer in Suid-AfrikaMeervoudRonelda KamferKankerSelfstandige naamwoordOnse VaderMarie AntoinetteAnglo-Boereoorlog🡆 More