Gereformeerde Kerk Witbank

Die Gereformeerde kerk Witbank was die oudste van die drie gemeentes van die GKSA wat tussen 1931 en op Witbank gestig is, hoewel nog deur, onderskeidelik in 1989 en 2010, deur samesmeltings tot stand sou kom sodat die dorp eindelik net een Gereformeerde kerk oorhet.

Gereformeerde Kerk Witbank
Die Gereformeerde kerk op Witbank is ontwerp deur Hendrik Vermooten en ingewy op 20 Januarie 1951.
Gereformeerde Kerk Witbank
Ds. J.H. Coetzee, leraar van 1965 tot 1970, sy tweede gemeente.

Die Gereformeerde kerk Witbank is op 12 Desember 1931 op Clewer, suidwes van die huidige Witbank, gestig onder leiding van ds. W.J. Postma. As bruidskat het die gemeente die plaas Blauwbank van die Middelburg, Tvl., ontvang. Op 19 Augustus 1936 is ’’n klein kerkgebou op Clewer in gebruik geneem. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Witbank sodanig gegroei dat die kern van die gemeente daarheen verskuif het. Op 11 Januarie 1947 is die gemeente se naam amptelik verander na die Gereformeerde kerk Witbank en is die ou kerkgebou verkoop.

’n Nuwe kerk is toe op Witbank opgerig waarvan die argitek Hendrik Vermooten was en die bouaannemer M. Buys. Op 17 Junie 1950 is die hoeksteen gelê en ses maande later, op 20 Januarie 1951, is die nuwe gebou van rooi bakstene in gebruik geneem. Die stene vir die bouwerk het per trein van Pretoria af gekom, maar om oornagkoste te bespaar, moes die stene dadelik per hand van die trein afgelaai word. Die leiklip buiteom die kerk is eiehandig naby Kendal met ’n skerpgemaakte motorkar-staalveer uitgehaal.

Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid het in November 1969 van Witbank afgestig en Witbank-Oos in 1983 van die Suid-gemeente. Oos het net ses jaar bestaan toe dit in 1989 ontbind en met Suid saamsmelt as die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos. Dié gemeente het in 2001 376 belydende lidmate gehad en Witbank onderskeidelik 326 en 130. In 2011, 'n jaar nadat Suidoos en Witbank saamgesmelt het as die Gereformeerde kerk Hoëveld het die enigste oorblywende gemeente op Witbank se belydende lidmate 609 getel en die dooplidmate 135. Die jongste syfers (2015) is onderskeidelik 361 en 70. Anders as die Gereformeerde Kerk se lidmaattal het dié van die NG Kerk hier bestendiger gebly: In 2001 was hier 6 763 belydende lidmate en in 2014 was dit 5 433. Ook die Nederduitsch Hervormde Kerk, waarvan drie gemeentes in 2016 op Witbank bestaan het, het meer sukses met die handhawing van sy lidmaattal gehad: In 2000 (toe daar vier gemeentes was) was hier 2 374 belydende lidmate en in 2014 was dit 1 588. So het die belydende lidmate van die Gereformeerde Kerk op Witbank van 2001 tot 2015 met amper 49 persent afgeneem, die belydende NG lidmate met amper 20 persent en die belydende Hervormde lidmate met net meer as 33 persent.

Predikante

Gereformeerde Kerk Witbank 
Mev. (ds.) A. Duvenage, predikantsvrou van 1953–1964.
  1. Duvenage, Abraham, 1953 – 1964
  2. Coetzee, Johannes Hendrik, 1965 – 1971
  3. Liebenberg, Thomas Arnoldus, 1971 – 1997
  4. Enslin, Gert Botha, 1997 – 2001
  5. Vermeulen, dr. Petrus Johannes, 2002 – 2005
  6. Nel, Pieter Andreas, 2005 – 2009

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWitbank

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Weer (meteorologie)OrgasmeOosters-Ortodokse KerkAasblomGedigSemenPolisieTolla van der MerweVier temperamentePubiese hareTikTokAsmaBorsteWaverJapanNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweLys van kleureSeksuele stimulasieAsiëHomofoonApartheidFinlandDanie du ToitAalwynWortelFritz HaberLetterlike en figuurlike taalgebruikKoppeltekenByeboerderyGenesisAntarktikaTobie CronjéSuikersiektePornografiese subgenresTeologieTarentaleErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2NierBreingewasTurksvyLily CarterSuid-Afrikaanse etniese groepe en kulturePalmsondagSally EsterhuizenInligtingPaulus van TarsusPaddaSusan CoetzerSamsung GroepWillie EsterhuizenNarkoseKlein vyf diereTweede WêreldoorlogVulkaanOu Apostoliese KerkAtriale fibrillasieErfenisdag (Suid-Afrika)PersentasieGoeie VrydagKwaZulu-NatalKomeetSpelerposisies in rugbyHeliosfeerAleksei NawalniEoraptorIerse nasionale rugbyspanAppel (sanger)Bernice West🡆 More