Die Gereformeerde kerk Witbank-Oos was die laaste van drie gemeentes van die GKSA wat tussen 1931 en 1983 op Witbank gestig.
Die volgende twee stigtings, dié van die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos in 1989 en Gereformeerde kerk Hoëveld in 2010, was samesmeltings van reeds bestaande gemeentes sodat die dorp sedertdien net een Gereformeerde gemeente het, pleks van die oorspronklike drie.
Die Gereformeerde kerk Witbank-Oos het in November 1983 van die Gereformeerde kerk Witbank-Suid afgestig as die derde gemeente op die destyds snelontwikkelende Witbank. Van die nuwe gemeente se 16 wyke was sewe buite die dorp, onder meer op Ogies, waar een maal per maand ’n middagdiens gehou is, en op Kendal.
Die gemeente het in die skoolsale van die Laerskool Dalridgepark en die Laerskool Duvhapark byeengekom. In 1985 het die GKSA se orgaan, Die Kerkblad, nog berig dat die gemeente hard werk om geld in te samel vir kerkbou deur onder meer koeksisters te verkoop, maar in 1989 het Witbank-Oos ontbind sonder dat hy ooit sy kerk gehad het en met die Suid-gemeente saamgesmelt as Witbank-Suidoos wat op sy beurt in 2010 met die Gereformeerde kerk Witbank saamgesmelt het as Hoëveld.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Witbank-Oos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.