'n Gebied se Bruto binnelandse produk of BBP, is een van die meganismes waarmee die grootte van die ekonomie daarvan gemeet kan word.
Die BBP van 'n land word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale goedere en dienste wat binne 'n land geproduseer word in 'n gegewe tydperk, gewoonlik 'n kalenderjaar. Dit word ook beskou as die som van waarde toegevoeg in elke produksiestadium van al die finale produkte en dienste wat oor 'n gegewe tydperk binne 'n land geproduseer word.
██ > $64 000 ██ $32 000 – 64 000 ██ $16 000 – 32 000 ██ $8 000 – 16 000 ██ $4 000 – 8 000 | ██ $2 000 – 4 000 ██ $1 000 – 2 000 ██ $500 – 1 000 ██ < $500 ██ nie beskikbaar nie |
Die mees algemene benadering tot die meting en verduideliking van BBP is die uitgawe metode:
"Bruto" beteken waardevermindering van kapitaalvoorraad word nie afgetrek nie. As bruto belegging deur netto belegging vervang word (wat bruto belegging minus waardevermindering is) in die bostaande vergelyking word die formule vir Netto binnelandse produk verkry. Verbruik en belegging in hierdie vergelyking is uitgawes op finale goedere en dienste. Die uitvoere minus invoere deel van die vergelyking (baie keer netto uitvoere genoem) pas dit dan aan deur die deel van besteding wat nie binnelands geproduseer word nie (die invoere) af te trek, en dan die binnelandse gedeelte (die uitvoere) terug te voeg.
Ekonome verkies om die verbruik gedeelte in twee dele te deel; private verbruik, en openbare sektor (of regerings-) besteding. Twee voordele van die benadering in teoretiese makro-ekonomie is:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bruto binnelandse produk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.