Jeuksiekte is 'n velsiekte wat veroorsaak word deur die jeukmyt, Sarcoptes scabiei.
Dit steek gewoonlik aan met intieme kontak tussen mense. Dit gee 'n erg jeukerige uitslag ook bekend as "skabies", "jolliejeuk" of "lekkerkrap". 'n Ander myt, die skurftemyt, veroorsaak die siekte by diere bekend as brandsiekte.
Jeuksiekte | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
’n Jeukmyt. | ||
ICD-10 | B86 | |
ICD-9 | 133.0 | |
DiseasesDB | 11841 | |
MedlinePlus | 000830 | |
eMedicine | derm/ 382 emerg/517 ped/2047 | |
MeSH | D012532 | |
Mediese waarskuwing |
Behandeling vir jeuksiekte behels die aanwending van 'n gammabenseenheksachloried-room op die aangetaste dele.
Die volwasse myt grawe in die vel in en lê drie tot vier eiers in die vel. Die larwes bly onder die vel en kom as volwasse larwes na die veloppervlak. As die gasheer (bv. 'n hond) die natuurlike gasheer is, begin die siklus weer van voor af. Die mens is nie 'n natuurlike gasheer vir die myt nie en dit kan nie sy hele lewensiklus voltooi nie. Dit veroorsaak egter 'n rooi uitslag op die vel wat erg jeuk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jeuksiekte, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.