United Democratic Front

Die United Democratic Front (afkorting UDF; Afrikaans: Verenigde Demokratiese Front) was ’n anti-apartheidsorganisasie wat in 1983 gestig is.

Die nierassige koalisie van ongeveer 400 burgerlike, kerk-, studente-, werkers- en ander organisasies is aanvanklik gestig om teen die nuwe driekamerparlement te agiteer. Die doel van die UDF was om 'n "nierassige, verenigde Suid-Afrika te vestig waarin segregasie afgeskaf word en waarin die samelewing bevry is van institusionele en stelselmatige rassisme." Die UDF se slagspreuk was: "UDF Unites, Apartheid Divides."

Agtergrond

Die betrokkenheid by vakbonde, wat in 1973 in Durban versnel is, het daartoe bygedra dat 'n volhoubare politieke kultuur onder swart mense in Suid-Afrika geskep is. Groot stedelike protesoptrede kan ook nagespoor word na die toename in skolieraktivisme en die Soweto-opstand in 1976.

Sedert 1982 het die gevolge van 'n wêreldekonomiese krisis ook Suid-Afrika geraak, en die prys van goud het ook in 1985 gedaal. Die resultaat van hierdie neigings en ander ekonomiese probleme het groot werkloosheid veroorsaak, veral onder jong swart Suid-Afrikaners.

Die regering het in 1983 'n nuwe grondwet opgestel "in 'n poging om kritiek teen apartheid te beëindig en 'n nuwe koers" in te slaan. Die nuwe bedeling het 'n driekamerparlement voorgestel waarin die Suid-Afrikaanse bruin mense en Asiate "nominale verteenwoordiging" sou geniet. Swart mense mag steeds nie aan die regering deelgeneem het nie.

Tydens 'n betoging in Langa in 1984 het die polisie op die deelnemers geskiet en dit het tot verdere opstande gelei, onder meer 'n "swart jeugopstand" teen 1985 in Suid-Afrika.

Geskiedenis

Stigting

Die planne vir 'n nuwe politieke organisasie is deur eerwaarde Allan Boesak op 'n konferensie op 23 Januarie 1983 van die Transvaal Anti-South African Indian Council Committee bekendgestel. Die deel van sy toespraak waarin hy 'n "verenigde front" van "kerke, burgerverenigings, vakbonde, studente-organisasies en sportliggame" noem, was nie beplan nie, maar is goed ontvang. Hy het ook versoek dat swart mense ten volle aan die regering deelneem.

Die UDF het toe streekskomitees gevorm wat verhoudings met plaaslike organisasies gevestig het. Die Natalse UDF is eerste in Mei bekendgestel, en daarna die Transvaal-streek (in Junie) en die Kaapprovinsie (Julie). Verteenwoordigers van die streke het die tussentydse nasionale komitee gevorm, wat ook aktiviste van buite ingesluit het.

Einde Julie het die komitee 'n tweedaagse vergadering gehou waar hulle 'n nasionale bekendstellingsdatum bespreek het. Alhoewel die meeste afgevaardigdes tyd wou hê om die streke voor die nasionale bekendstelling te organiseer, het hulle besluit dat die beste datum op 20 Augustus was, die dag waarop die regering beplan het om die Driekamergrondwet in werking te stel. Die UDF het meer as 400 000 briewe, strooibiljette en brosjures uitgestuur om die groep se bekendstelling te adverteer. Die UDF se simbole – 'n logo en slagspreuk – is ook tydens die vergadering gekies. Beide die logo en die slagspreuk het die wydverspreide ondersteuning uitgebeeld wat die UDF gehoop het om onder 'n wye verskeidenheid Suid-Afrikaners van alle rasse te werf. Sommige lidorganisasies het die slagspreuk "UDF Unites, Apartheid Divides" aangepas; die Soweto Civic Association het byvoorbeeld Soweto Civic Association Unites – Piet Koornhof Divides gebruik.

Op 20 Augustus 1983 word die UDF in die Rocklands-gemeenskapsaal, Mitchells Plain, naby Kaapstad, geloods. Na 'n konferensie van afgevaardigdes van 575 organisasies is 'n openbare byeenkoms gehou wat deur ongeveer 10 000 mense bygewoon is. Frank Chikane, die eerste groot spreker, het die dag "'n keerpunt in die stryd om vryheid" genoem.

Aktiwiteite van die UDF

Die UDF en sy geaffilieerdes het huurgeldboikotte, protesoptrede by skole, werkers wegblyaksies en 'n boikot van die driekamerstelsel bevorder. Hierdie aktiwiteite het ná September 1984 in alle erns plaasgevind.

In 1989 het die UDF afgevaardigdes na die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk gestuur om te bespreek wat die buiteland kan doen om apartheid te beëindig. Vroue in die afvaardiging "was die mense die gesprek dikteer het", met Albertina Sisulu wat 'n sterk boodskap van niegeweld en deernis oorgedra het.

Verbannings en gevangenisstraf

In 1986 het president P.W. Botha die UDF verbied om buitelandse fondse te ontvang. Die UDF was van Februarie 1987 af aan 'n regeringsverbod onderhewig om sy optrede te beperk. In Mei 1987 het 'n Natalse provinsiale regter van die Hooggeregshof, John Didcott, beslis dat die verbod op die UDF se vermoë om buitelandse geld te ontvang, opgehef moet word. Buitelandse bydraes het meer as die helfte van die beweging se begroting behels.

Aan die einde van 1987 was die meerderheid van die UDF se aktiviste in die tronk.

Verraadverhore

Op 19 Februarie 1985 is verskeie lede van die UDF, onder wie Albertina Sisulu, Frank Chikane en Cassim Saloojee, in hegtenis geneem kragtens lasbriewe vir hoogverraad. Die UDF is daarvan beskuldig dat hy 'n "skadu-organisasie vir die African National Congress" was. In November 1988 is agt van die beskuldigdes weens hoogverraad op al die aanklagte vrygespreek, terwyl vier aktiviste skuldig bevind is aan terrorisme. Die regter het ook beslis dat die UDF 'n "rewolusionêre organisasie" was wat "in 1984 geweld in swart townships aangehits het om Suid-Afrika onregeerbaar te maak". Die skuldigbevindings is in 1989 deur die appèlhof in Bloemfontein omgekeer en vyf aktiviste is vrygelaat, onder wie Popo Molefe.

Ontbinding

Toe die ANC, die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), die Pan Africanist Congress (PAC) en ander organisasies in Februarie 1990 ontban is, het die UDF 'n verandering in die gesig gestaar en "het dit duidelik geword dat die behoefte aan die UDF nie meer bestaan nie". In Maart 1991 is die besluit geneem om dit te ontbind en die UDF het sy laaste vergadering op 14 Augustus 1991 in Johannesburg gehou.

Prominente lede

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

United Democratic Front AgtergrondUnited Democratic Front GeskiedenisUnited Democratic Front Prominente ledeUnited Democratic Front VerwysingsUnited Democratic Front Eksterne skakelsUnited Democratic Front1983AfrikaansApartheidRassismeSamelewingSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolhoubaarheidSlaginstrumentDroomE-posWatersuiweringByvoeglike naamwoordPolisieMenseregtedagKolonisasieKunsmatige algemene intelligensieLVoortrekkersTaalWet op Bantoe-onderwysSuid-Afrikaanse GrensoorlogKasterolieEkonomiese sektorJodeNiemetaalEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHemelvaartParkinson se siekteGasSonkragGeslagWerkloosheidDieregeluideKoerantSkildklierBywoordVoorvoegselDistillasieLys van elemente volgens simboolSaartjie BaartmanDeelteken en umlautArmoedeverligtingSimon PetrusWoordsoortSimboolJacques LootsLiewe HeksieCleopatra VIILys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLetterlike en figuurlike taalgebruikHoenderVleilandGemeenskapsorganisasieSteenkoolSeksGoogleTuberkuloseVormAngina pectorisKinkhoesBestaansboerderyProstaatklierDieremishandelingAntisemitismeLeeuYouTubeFossielbrandstofArthur GrumiauxVaginaFotosinteseGianna MichaelsKanadaDaggaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Omgewingskwessies in Suider-AfrikaIslamitiese StaatOogprobleme1200SoogdierAkroniemNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySwartbewussynsbewegingRacheltjie de BeerGriekwa-Afrikaans🡆 More