Gereformeerde Kerk Hoëveld

Die Gereformeerde kerk Hoëveld is die enigste oorblywende Afrikaanse gemeente van die GKSA in Witbank, Mpumalanga.

Gereformeerde Kerk Hoëveld
Die Gereformeerde gemeente Hoëveld gebruik die ou Gereformeerde kerk Witbank, wat ontwerp is deur Hendrik Vermooten en ingewy is op 20 Januarie 1951.

Die gemeente is die gevolg van twee samesmeltings waardeur die oorspronklike drie Gereformeerde gemeentes op Witbank eindelik net een geword het. Die oorspronklik Gereformeerde kerk Witbank is in 1931 op Clewer, suidwes van die dorp, gestig, maar toe Witbank ná die Tweede Wêreldoorlog sterk begin uitbrei, het die kern van die gemeente hierheen verskuif. In die sestigerjare het die dorp sterk uitgebrei sodat dit nodig geword het om die Gereformeerde kerk Witbank-Suid in November 1969 van die moedergemeente af te stig. Van dié dogtergemeente het ook nog die Gereformeerde kerk Witbank-Oos in 1983 afgestig, maar dié gemeente is net ’n kortstondige bestaan gegun, want in 1989 ontbind Suid en Oos en smelt saam as die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos.

Eindelik, in 2010, het ook die moedergemeente ontbind toe dit met Suidoos saamsmelt as Hoëveld. Dié gemeente se getal belydende lidmate het in 2011 nog 609 getel en die dooplidmate 135, maar intussen was daar ’n afname van sowat 40 persent in die belydende lidmate tot net 361, terwyl die dooplidmate amper met die helfte afgeneem het tot 70. In min of meer dieselfde tyd het die NGK se belydende lidmate hier met sowat 20 persent afgeneem en die Hervormde Kerk s’n met sowat 33 persent.

Predikante

  1. De Beer, Christiaan, 2010 – 2012
  2. Pansegrouw, Dirk, 2011 – Mei 2020 (aanvaar sy emeritaat)
  3. Venter, Peter, 2020 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMpumalangaWitbank

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksposisieSeksuele penetrasiePreseminale vloeistofNamibiëWaterSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Cleopatra VIIBloedvergiftigingSlawernyVisKolitisKlimaatveranderingMuishondSamestellingDuitsKindermishandelingLys van Afrikaanse televisiereekseVaste stofTienerDooie SeeOrgasmeChristendomLidwoordPenisEierleierHeupSelfstandige naamwoordArgentiniëRobbeneilandTjelloIndonesiëDeelwoordGewone janfrederikKoos KombuisMiskruierSelfoonVermenigvuldigingHangbrugBosvarkSonsverduisteringAfkortingDoopGasOorlogLys van kleureKeelseerDinteranthusVryheidsmanifesVerenigde KoninkrykVars waterLetterlike en figuurlike taalgebruikMondAuschwitz-konsentrasiekampVarkVierde Industriële RevolusieAfrikaanse woordelys en spelreëlsPlastiekIndiëWaterstofAfrikanernasionalismeBybelWiskundeBruin menseAardeByLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSelfvertroueByvoeglike naamwoordBoet TroskieKolorektale kankerRuslandEngelandGrondwetMobutu Sese SekoLeesteken🡆 More