Elektroliet

'n Elektroliet het in die elektrochemie twee nouverwante maar verskillende definisies:

  1. 'n Ioniese stof, gewoonlik 'n sout wat opgelos in 'n oplosmiddel uitmekaar val in ione en daardeur die oplossing elektries geleidend maak
  2. "n Oplossing wat deur ioniese opgeloste stowwe geleidend gemaak is, of 'n stof wat self ioniese geleiding vertoon.

Natriumchloried is 'n goeie voorbeeld van definisie 1): 'n Oplossing van hierdie stof in water sal die oplossing elektries (of beter: ionies) geleidend maak.

Seewater is 'n goeie voorbeeld van definisie 2). Dit bevat talle verskillende ione, soos Na+,K+, Cl, Mg2+, Br ens. en is daardeur geleidend. 'n Ander voorbeeld is nogtans 'n vastestof soos RbAg4I5 waarin die silwerione mobiel genoeg is dat dit geleidbaarheid besit. Hierdie stof word 'n vastestofelektroliet genoem.

Sterk en swak

'n Stof soos NaCl sal, wanneer dit in water oplos, amper heeltemal uitmekaar val. NaCl is 'n voorbeeld van 'n sterk elektroliet. In hierdie dissosiasiereaksie vind solvasie van die gevormde ione deur watermolekule plaas, wat met (aq) weergegee word:

    Elektroliet 

'n Stof soos asynsuur CH3COOH of "HAc", wat in suiwer vorm 'n vloeistof is, los egter as neutraal gesolveerde molekule op wat slegs gedeeltelik 'n dissosiasie-ewewig ondergaan.

    Elektroliet 

Stowwe soos asynsuur word swak elektroliete genoem.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Volhoubare ontwikkelingAvbobHeks van HexrivierWoordeboek van die Afrikaanse TaalTussenwerpsel23 AprilWapen van NamibiëNasionale VrouedagWerwelkolomSwart nasionalismeGalblaasPlantLys van bekende Suid-AfrikanersVersamelnaamAarde se atmosfeerMisdaadWerkloosheidVioolPerdDesimale breukeKarretjiemenseRooikatJeugdagKunsmatige intelligensieVaginaBeëdigde verklaringInfeksieBlaarKlimaatveranderingSeekoeiKolitisSpreeuOlimpiese SpeleCovid-19-pandemieTweede VryheidsoorlogJodeGeslagWilna SnymanKunstenaarSoweto-opstandPolisieTienerLys van Afrika-landeEuropaVaste stofGroot DepressieElon MuskHartLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigD.J. OppermanMaagsweerMonopolyChristendomProteaGeldeenheidZoeloeGeskiedenis (vakgebied)WolkAngolese BurgeroorlogSomerLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVloeistofRenosterLys van politieke partye in Suid-AfrikaNederlandsWoordKommunikasieHindoeïsmeBernice WestVoedselkettingBeesJoodse kalender🡆 More