Litiumioonbattery: Tipe herlaaibare battery

'n Litiumioonbattery (soms Li-ion battery) is 'n lid van 'n familie van herlaaibare batterye wat litiumione beweeg van die negatiewe elektrode na die positiewe elektrode tydens ontlading, en terug wanneer die battery weer herlaai word.

Litiumioonbatterye gebruik 'n organiese litiumverbinding as een elektrodemateriaal, in teenstelling met die metaal litium wat gebruik word in 'n nie-herlaaibare litiumbattery. Die elektroliet, wat voorsiening maak vir ioniese beweging, en die twee elektrodes is die samestellende komponente van 'n litiumioonbatterysel.

Litiumioonbattery: Tipe herlaaibare battery
'n Varta litiumioonbattery, Museum Autovision, Altlussheim, Duitsland

Litiumioonbatterye is algemeen in huiselektronika. Hulle is van die mees populêre vorme van herlaaibare batterye vir draagbare elektroniese toestelle, met 'n hoë energie-digtheid, klein geheue effek en 'n lae self-ontlading. Buiten in verbruikerselektronika, groei litiumioonbatterye ook in gewildheid vir militêre, elektriese batteryvoertuig- en lug- en ruimtevaarttoepassings.

Litiumioonbatterye is tans besig om 'n gemeenskaplike plaasvervanger vir loodsuurbatterye te word, wat histories gebruik is vir gholfkarretjies en nutsvoertuie. In plaas van swaar loodplate en suurelektroliet, is die neiging om eerder liggewig litiumioonbatterypakke te gebruik wat dieselfde spanning bied as loodsuurbatterye, sodat daar geen verandering aan die voertuig se aandryfstelsel nodig is nie.

Die batterye het in 2013 bekend geraak toe hulle brande aan boord van die Boeing 787 Dreamliner veroorsaak het.

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BatteryIoonLitiumMetaalOrganiese verbinding

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EwenaarWoordeboek van die Afrikaanse TaalOlimpiese SomerspeleHoedHoofstadSamestellende afleidingKultuurSpelerposisies in rugbyBTWKweekhuisgasSteenkoolWoestynBipolêre gemoedsteuringViëtnamSekondêre sektor van die ekonomiePirow BekkerSimboolPersoonlike voornaamwoordNeo-NazismeEngelsBloemfonteinDroogteElana AfrikaSeekoeiWhatsAppBlaarNeurenberg-verhoreHeupKoperWaterkringloopLaeveldLionel MessiSkaakCurly HowardKlimaatTransatlantiese slawehandelErosietipesRegverdige handelAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSebraWikimedia-stigtingThomas EdisonVolhoubaarheidLieweheersbesieAngolese BurgeroorlogDataverwerkingAbstraksie (rekenaarwetenskap)BetonHeelgetalE-posXHTMLGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaEkonomiese sektorMenslike seksuele gedragVolksrepubliek ChinaDaggaXhosasSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994InflasieKontinentWalvisWerkersdagApartheidOutismeInfeksieRenaissanceCovid-19-pandemieGoudKunsmatige intelligensieEnsiklopedieKoos du PlessisVerkleinwoordKatSeisoenSokkerCarles Puigdemont🡆 More