Beton

Beton (afgelei van die Franse term béton) is 'n werkbare plastiese mengsel van droë bestanddele soos gruis (gebreekte klip), sand (riviersand) en sement in spesifieke proporsies wat met water aangemaak word.

Hierdeur ontstaan 'n vloeibare massa wat maklik in die gewenste vorm gebring kan word en toegelaat word om te verhard. As hidrouliese bindmiddel reageer sement chemies met water en ander vaste bestanddele en vorm uiteindelik 'n soliede matriks waarin alle uitgangsmateriale saamgebind word tot 'n harde en duursame steenagtige materiaal wat veral by bouwerk gebruik word.

Beton
Die tekstuur van moderne beton

Die invloed van die sementvervaardigingproses op die omgewingsbalans is egter verontrustend. Dit veroorsaak tussen ses en agt persent van die totale wêreldwye koolstofdioksied-vrystellings.

Geskiedenis

Beton 
Vir die vervaardiging van Romeinse beton (opus caementitium) is – naas gebreekte stene, gebrande kalk, sand en water – vulkaniese puzzolansand as hidrouliese bindmiddel gebruik. Dit maak antieke beton meer bestand teen natuurlike verwering as moderne variante
Foto: Michel Royon, Wikipédia France
Beton 
Die Kolosseum in Rome - een van die magtigste antieke geboue waarvoor naas steenblokke beton gebruik is - is ondanks sy ouderdom en aardbewings in 'n puik toestand
Beton 
Die Panteon in Rome se koepel - die grootste ooit wat van ongewapende beton gebou is

Die vroegste grootskaalse gebruik van beton dateer terug tot die antieke tydperk. 'n Vroeë voorloper van beton was messelklei wat van kalk berei is en in Antieke Egipte onder meer vir die bou van piramides gebruik is. Hierdie boumateriaal is later deur Griekse en uiteindelik ook Romeinse boumeesters oorgeneem. Die laasgenoemdes het dit verder ontwikkel tot 'n veelsydige boumateriaal wat in Latyn opus caementicium genoem is. Hierdie term het eintlik na die metode verwys waarvolgens aanvanklik fondamente en later ook hele betongeboue ontstaan het. Tussen twee baksteenmure is 'n mengsel van kalk, water, sand en klippe gegiet. Danksy die stabiliteit van dié materiaal kon 'n groot verskeidenheid Romeinse bouwerke soos die Kolosseum en Panteon in Rome van beton gebou word. Die Panteon se koepel is steeds die grootste ter wêreld wat sonder die gebruik van gewapende beton verwesenlik is.

Een van die belangrikste Romeinse innovasies was die ontwikkeling van beton wat waterbestand was en die bou van gesofistikeerde hawegeriewe soos dié in Ostia buite Rome moontlik gemaak het.

Ná die val van die Romeinse Ryk in die laat 5de eeu n.C. het antieke betontegnologie in vergetelheid geraak en is beton nouliks as boumateriaal ingespan. Eers teen die middel van die 18de eeu het betontegnologie veral in Frankryk 'n herlewing ervaar waar argitekte vanaf die 19de eeu met versterkte beton vir vloere en suile begin eksperimenteer het. Die Franse term béton is onder meer in Duits, Nederlands en Afrikaans as leenwoord oorgeneem.

Maar dit was veral die ontdekking van portlandsement – 'n samestelling van kalksteen, leem en gips – deur die Engelse nyweraar Joseph Aspdin (1778–1855) in 1824 wat 'n omwenteling in die moderne boubedryf teweeggebring het. Vandag is beton volgens tonnemaat die mees gebruikte mensgemaakte boumateriaal wat veelsydig en ekonomies ingespan kan word. So word in toenemende mate gebruik gemaak van betonpaaie wat veel langer hou as teerpaaie en feitlik geen onderhoudkoste meebring nie.

Belangrike Suid-Afrikaanse bydraes tot moderne betontegnologie sluit die gebruik van slak in beton, die gebruik van beton in die mynbou en die gebruik van vergruisde aggregate in.

Belangrike aanwendings

Beton 
Brutalisme is 'n argitektoniese styl wat veral in die 1960's en 1970's gewild geraak het, met ontblote betonfasades as een van sy hoofkenmerke: Barbican Estate, City of London
  • Massabeton word in 'n aaneenlopende massa en sonder bewapening in posisie gegiet en dien veral as vulmateriaal. Dit is uitsluitlik bestand teen drukkragte, maar nie teen trek- of buigspanning nie.
  • Gewapende beton is beton wat vir gebruik in moderne boustrukture soos pilare, balke, vloere, damme, paaie en brûe verder versterk word deur 'n yster- of staalraamwerk om dit meer bestand te maak teen trek-, buig- en skuifspanning.
  • Rolbeton (of rollergekompakteerde beton), is 'n mengsel van sement, vliegas, water, sand en bymiddels, met 'n laer waterinhoud as gewone beton, wat vir die bou van damme en paaie gebruik word.
  • Voorafgegote beton word in vorms gegiet vir die vervaardiging van 'n verskeidenheid bouelemente soos mure, stene, vensterbanke, randstene, stormwaterpype en lateie.
  • Spuitbeton, ook spuitsement genoem, is sementbeton wat met lugdruk (pneumaties) deur saamgeperste lug op voorwerpe gespuit en deur die botsingenergie verdig word.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

    Romeinse beton

    Geskiedenis van beton

    Verenigings

    Vakkennis

Tags:

Beton GeskiedenisBeton Belangrike aanwendingsBeton VerwysingsBeton Sien ookBeton Eksterne skakelsBetonFransKonstruksieSandSementWater

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BraaiGrootste rampe in Suid-AfrikaNommertekenGNU-lisensie vir vrye dokumentasieKongo-krisisKlawers (speelkaarte)OopbroninhoudDirekte en Indirekte redeLys van Suid-Afrikaanse musikanteTelwoordKookpuntCSSGodMateriaalSoogdierTropiese sikloonWalt DisneyGoogleReddingskakeKnieVaalrivierPikkewynOlifantPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTwaalf Stamme van IsraelSteve BikoDansNaaldekokerWes-KaapKondensasieAnrich Herbst7de LaanVryheidsdagJakkalsFranse RewolusieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)MauritiusDuitse maselsAardbewingPeriodieke tabelGenadedoodMagnetismeBurgerregteAfrikaanse woordelys en spelreëlsHeelgetalLeeuRobert SobukweKewerVermontDiskriminasieStaalLandbouKaren MeiringVersamelnaamCarike KeuzenkampMIVTranspirasieJames AlexanderAfrikaanse taalleerErfenisKinderregteJeugdagRicus NelEvangelies Gereformeerde KerkGewone luislangBloedsomloopstelselKragopwekkingPuberteitBeenbreuke en ontwrigtingsWilna SnymanMiddelmisbruikPolisieWater (molekuul)Jesus van NasaretPubiese hare🡆 More