'n Elektrochemiese sel is 'n toestel waarin die twee elektrochemiese halfreaksies van 'n redoksreaksie apart kan plaasvind.
Deur die skeiding is dit moontlik om die chemiese energie in elektriese energie om te sit pleks van in hitte.
Dit bestaan gewoonlik uit:
Die toestel skei nie net die twee halfreaksies nie, maar ook die strome wat die elektriese kring verbind. In die stroomdraad word elektrone vervoer, in die soutbrug ione. Die elektrone- en die ionestroom moet ook geskei word.
Indien aan die sel se chemiese halfreaksies toegestaan word om in hulle natuurlike rigting te verloop, word die sel galvanies genoem. Dit is wat gebeur wanneer die sel gebruik word om byvoorbeeld die rekenaar in werking te stel. Indien ‘n eksterne elektriese kragbron gebruik word om die reaksie in die teengestelde rigting te stu word die sel elektrolities genoem. Dit is wat gebeur wanneer die rekenaar se batterye herlaai word of tydens elektroplatering.
Watter reaksie presies plaasvind wanneer 'n eksterne kragbron ingeskakel word is nogtans nie altyd dieselfde reaksies as dié wat galvanies plaas het nie. Indien die reaksies nie omkeerbaar is nie, is die sel nie herlaaibaar nie.
'n Belangrike gebruik is die battery. Dit is reeds sedert die 19de eeu bekend maar daar het in die 21ste eeu baie navorsing op hierdie gebied gewees. Die koms van die litiumioonbattery het die gebruik algemener gemaak vanweë die eienskappe van litiumkobaltiet wat litiumione kan interkaleer.
Waarskuwing: Moenie probeer om eenmalige batterye te herlaai nie. Die reaksie wat dan plaasvind kan byvoorbeeld waterstof genereer en dit kan tot ontploffings lei.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Elektrochemiese sel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.