Zoeloe: Taal van die volk

Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika.

    Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.

Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.

Zoeloe
isiZulu
Gepraat in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Lesotho Lesotho
Vlag van Malawi Malawi
Vlag van Mosambiek Mosambiek
Flag of eSwatini Eswatini 
Gebied: KwaZulu-Natal, oostelike Gauteng
oostelike Vrystaat
suidelike Mpumalanga
Totale sprekers: 12 miljoen (moedertaal, 2011)
15,7 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002) 
Rang: 70
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Volta-Kongo
   Benue-Kongo
    Bantoïed
     Suidelike Bantoïed
      Bantoetale
       Suidelike Bantoetale
        Nguni
         Zoeloe 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Gereguleer deur: Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Taalkodes
ISO 639-1: zu
ISO 639-2: zul
ISO 639-3: zul
Zoeloe: Woorde, Sien ook, Verwysings
Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011:
██ 0–20% ██ 20–40% ██ 40–60%
██ 60–80% ██ 80–100%

Zoeloe: Woorde, Sien ook, Verwysings
Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:
██ <1 /km² ██ 1–3 /km² ██ 3–10 /km² ██ 10–30 /km² ██ 30–100 /km²
██ 100–300 /km² ██ 300–1000 /km² ██ 1000–3000 /km² ██ >3000 /km²

Zoeloe: Woorde, Sien ook, Verwysings
Drietalige apartheidsteken in Durban in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep

Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit byna onmoontlik om geskrewe geskiedenis in Zoeloe te vind.

Woorde

Algemene woorde en frases:

Afrikaans Zoeloe
Welkom Ukwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord)
Dankie Ngiyabonga
Goeiedag / Hallo Sawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud)
Totsiens Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel)
Rook verbode Akubhenywa
Geen ingang Akungenwa
Pasop vir die trap Qaphela isitebhisi
Pasop! Qaphela!
Veels geluk met jou verjaarsdag Usuku lokuzalwa oluhle
Seisoengroete Izilokotho Ezinhle Zamaholide
Geseënde Kersfees Ukhisimusi omuhle
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Zoeloe: Woorde, Sien ook, Verwysings 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Zoeloe

Taalhulpmiddels

Sagteware in Zoeloe



Tags:

Zoeloe WoordeZoeloe Sien ookZoeloe VerwysingsZoeloe Eksterne skakelsZoeloeAmptelike taalKwaZulu-NatalNguni-taalfamilieSuid-AfrikaTaalXhosaZoeloes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EuropaHartseerOnderhandelinge om apartheid te beëindigGewone breukeAgtervoegselNag van die lang messeLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWeer (meteorologie)VerkleurmannetjieMona LisaAarverkalkingToekoms van die AardeHulpwerkwoordGroot vyfWikimedia-stigtingGoogleJudaïsmeFilistyneUKhahlamba-DrakensbergparkDemokrasieTandbederfWoudGeldJeanette FerreiraHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAlkoholismeSuid-Afrikaanse randBek-en-klouseerSirkelAfrikanersJan van RiebeeckFrederik Willem de KlerkBoontjieSendelingposisieBipolêre gemoedsteuringBeeldspraakAnglisismeDurbanVerenigde State van AmerikaProteaHartaanvalMaagLys van Afrikaanse skrywersLys van Griekse mitologiese figureVratEskomWaterstofPlae van EgipteBybelTweede Nuwe JaarRina HugoKlem-in-die-kaakDigvormAfrikaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022HibernasieMieliestronkByGoudOnse VaderLionel PetersonTransatlantiese slawehandelWitbloedselPersoonlike voornaamwoordWerkwoordHolocaustInfeksieMonoloogLugbesoedelingPeriodieke tabelSelIngrid JonkerSonpaneelTsoenamiSeksFabelIndustriële Revolusie🡆 More