Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude.
'n Trop skape. Enkele voorbeelde ter illustrasie (die versamelnaam word in vetdruk aangedui):
Dit is 'n pragtige bos blomme. Ek het 'n stapel boeke om te studeer! Watter rugbyspan ondersteun julle? Voorbeelde
Voorbeelde van versamelname:
bagasie - 'n Versameling koffers en goedere wat 'n reisiger met hom saamneem. baksel - Baie brood wat saam gebak is. beddegoed - Lakens, komberse, kussingslope as eenheid beskou. bende - 'n Klomp rowers of skollies saam vorm ’n bende. biblioteek - 'n Versameling boeke (gewoonlik in openbare besit). blok - Groep geboue dorp of stad. boekery - 'n Versameling boeke (gewoonlik in persoonlike besit). bondel - Wasgoed bymekaar. bos - 'n Groep bome, blomme of sleutels bymekaar. broeisel - 'n Aantal eiers of kuikens wat saam op een slag uitgebroei is. bloemlesing - 'n Versameling uitgesoekte werke van skrywers of 'n spesifieke skrywer. bondel - 'n Hoeveelheid hout wat op 'n keer gedra (kan) word boord - 'n Versameling vrugtebome wat saam geplant is. bosgasie /boskasie - is 'n groep ruie bosgebied of woeste hare. breekgoed - Versamelnaam vir goedere soos skottels, glase, pierings en borde. bundel - 'n Boek gedigte of (kort)verhale. buurt - 'n Groep mense wat naby mekaar woon. direksie - 'n Groep persone wat 'n onderneming bestuur. dosie - 'n Klompie vuurhoutjies . drag - 'n Hoeveelheid hout wat op 'n keer gedra (kan) word. drinkgoed - Algemene versamelnaam vir tee, koffie, drank of koeldrank. eskader - 'n Aantal (oorlogs)vliegtuie of (oorlog)skepe in groepsverband. eskadrielje - 'n Aantal vliegtuie (ten minste drie, gewoonlik vyf) in groepsverband. establishment - Verwys na 'n groep mense met groot invloed in 'n gemeenskap wat teen verandering gekant is. faksie - 'n Kliek wat binne 'n groot organisasie eie gewin soek. flottielje - 'n Groep duikbote of oorlogskepe. gebergte - 'n Groep berge. gehoor - Die mense wat saam in 'n ruimte (soos 'n saal) na 'n vertoning, voorlesing of toespraak luister. gemeente - Lidmate wat saam een predikant het/ een kerk besoek. grondstowwe - Versameling onverwerkte (ru)stof, soos byvoorbeeld wol of erts, waaruit iets nuttig vervaardig kan word. grootvee - Diere soos perde, muile en beeste. grootwild - Diere soos elande , koedoes , olifante en renosters . heer - 'n Leër of krygsmag. harem - Groep vroue van 'n sultan. huisraad - Versameling voorwerpe wat in 'n huis benodig word soos meubels en kombuisgereedskap. intelligentsia - Die groep geleerdes van 'n gemeenskap. jaggeselskap of jagtog - 'n Groep mense wat saam gaan skiet. junta - 'n Groep wat met geweld 'n staatsgreep uitvoer. kabinet - Die ministers wat saam met die president aan die hoof van 'n regering staan. kassie - 'n Klompie tamaties . kolonie - 'n Groep miere of konyne. kooksel - 'n Hoeveelheid groente wat op een slag gekook (kan) word. kleinvee - 'n Groep kleiner diere vir slagdoeleindes, soos skape en bokke, as 'n groep gesien. kleinwild - Diere soos duikers, springbokke en tarentale. klomp - 'n Algemene versamelnaam vir verskeie voorwerpe; as vaste uitdrukking die versamelnaam vir 'n groep skurke. konvooi - 'n Groep gewapende (oorlog)skepe wat ander (handel)skepe beskerm of die begeleide skepe wat saam met die geleide skepe saamgereken word. koor - 'n Groep mense wat saam sing. kudde - Groep buffels bymekaar. kruideniersware - Kosware en huishoudelike benodigdhede soos speserye, meel, rosyne ens. kykers - Die mense wat saam na 'n televisie-uitsending kyk. laning - 'n Versameling bome wat in 'n ry aangeplant is (soos 'n laning kwepers). leër - word vereenselwig met 'n groep troepe/soldate, maar ook algemene benaming vir 'n horde vinke, bewonderaars of arbeiders. legioen - 'n Groot skare mense of engele. luisteraars - Al die mense wat saam na ’n radio-uitsending luister. meubels - Sofas, tafels en stoele as 'n groep beskou. 'n Sinoniem hiervoor is huisraad . orkes - 'n Aantal mense wat saam musiekinstrumente speel. pak - Die versamelnaam in pak slae en pak kaarte . personeel - Versameling mense wat saam aan 'n sakeonderneming of inrigting verbonde is. plaag - Baie ongewenste, hinderlike diere, plante of toestand - vlieë, brommers, muskiete of siektes. plantasie - 'n Groep aangeplante bome. pluimvee - 'n Groep diere soos hoenders , ganse en eende . pluksel - 'n klomp vere, vrugte of ertjies wat gepluk is. reeks - 'n Groep berge; 'n groep boeke wat deur onderwerp of prys in dieselfde band gepubliseer is. regbank - 'n Groep regters. regiment - Baie soldate. sakkie - 'n Klompie aartappels bymekaar. sarsie - 'n Aantal skote wat afgevuur word. skare - Baie mense bymekaar. skool - 'n Versameling visse wat saam swem. skoolpersoneel - Onderwysers van een skool. snoer - Baie pêrels wat in 'n lyn ingeryg is. span - 'n Aantal osse. span - 'n Aantal spelers wat saam speel. stoet - 'n Versameling motors en mense agter 'n lykwa, maar ook 'n versameling mense soos 'n stoet van bedelaars . stel - 'n Groepering van kamers (om 'n woning te vorm). string - Baie pêrels wat in 'n lyn ingeryg is. swerm - 'n Klomp vlieënde bye of voëls bymekaar. toeskouers - Die mense wat saam na iets kyk, soos 'n straatgeveg. treksel - 'n Hoeveelheid benodig om 'n gewenste vloeistof te maak, soos koffie of tee. trop - 'n Groep diere (soos ape, eende, leeus, skape, beeste of bokke). Vir osse, sien span . tros - 'n Bondel vrugte soos piesangs of druiwe. tuingereedskap - Grawe, pikke, vurke, harke as geheel gesien. vergadering - 'n Groep mense wat saamkom om iets te bespreek. versameling - 'n Hele klompie posseëls. vloot - 'n Versameling skepe wat saam vaar of saamhoort. werpsel - 'n Versameling kleintjies (van byvoorbeeld 'n vark, kat of hond) wat saam gebore word. Sien ook
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Versamelnaam , which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0") ; additional terms may apply (view authors ). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0 , tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.