Ioon

'n Ioon is 'n atoom of 'n groep saamgehegte atome wat een of meer elektrone verloor of bygekry het, wat veroorsaak dat hulle 'n positiewe of negatiewe lading kry.

'n Ioon wat slegs uit een enkele atoom bestaan word 'n monatomiese ioon genoem. 'n Negatiewe ioon, wat meer elektrone in die elektronskil het as wat dit protone in die atomiese nukleus het, word 'n anioon genoem (omdat dit tot anodes aangetrokke is). 'n Positiefgelaaide ioon, wat minder elektrone as protone besit, word 'n katioon genoem (omdat dit tot katodes aangetrokke is). 'n Poliatomiese anioon wat suurstof bevat word soms 'n oksi-anioon genoem.

Ioon
'n Eletrostatiese potensiaalkaart van die nitraatioon. (NO3).

Anione en katione

'n Anioon, van die Griekse woord ἄνω, wat "op" beteken, is 'n ioon met meer elektrone as protone, wat dit 'n netto negatiewe lading gee (aangesien elektrone negatief gelaai is en protone positief gelaai is).

'n Katioon, van die Griekse woord κάτω, wat "af" beteken, is 'n ioon met minder elektrone as protone, wat dit 'n positiewe lading gee.

Daar is addisionele name wat gebruik word vir ione met veelvuldige ladings. Byvoorbeeld, 'n ioon met 'n -2 lading staan ​​bekend as 'n dianioon en 'n ioon met 'n +2 lading staan ​​bekend as 'n dikatioon. 'n Zwitterioon is 'n neutrale molekule met positiewe en negatiewe ladings op verskillende plekke binne dieseflde molekule.

Katione en anione word gemeet deur hul ioniese radius en hulle verskil in relatiewe grootte: "Katione is klein, meestal minder as 10−10 m in radius. Die meeste anione is groot en daaruit blyk dit dat die grootste deel van die ruimte van 'n kristal word deur die anioon beset en dat die katione in die ruimtes tussen hulle pas."

Die terme anioon en katioon (vir ione wat tydens elektrolise onderskeidelik na die anode en katode beweeg) is in 1834 deur Michael Faraday bekendgestel.

Sien ook

Verwysings

Tags:

AnodeAtoomAtoomkernElektronElektronskilProtonSuurstof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWilna SnymanCalviniaAtriale fibrillasieKoerantPersoon (taalkunde)SwartrenosterGeskiedenis (vakgebied)Fibonacci-reeksAnrich HerbstSteenkoolNatriumsulfietSeilvaartTrekarbeidDolfynAardbewingHondDoelwitWet op NaturellengrondDemokrasieHamburgerVerkragtingBestaansboerderyTafelbergKultuurRina HugoVoëlPersJavaScriptToekoms van die AardeBywoordJapie GreylingDokterLys van musiekinstrumenteNarsistiese persoonlikheidsteuringTegnologieDie GelofteKnieTikTokJo BlackAgtervoegselLimpopo (rivier)DierIntensiewe vormToerismeStadSeksueel oordraagbare infeksieDikdermOnse VaderArabiesSlag van Cuito CuanavaleHoofpynJohannesburgRassismeNelson MandelaElon MuskNetbalKrieketVryheidsdagVeerBorstePiesangTamboraJewgeni PrigozjinKlereGasSanskritGrondbesoedelingMetafoorBosluisbytkoorsHeks van HexrivierVoedingJSESonImpakte van toerisme🡆 More