D-Elektrone Spintoestand: Potensiale vir hoë en lae spinkonfigurasies van d-elektrone in oorgangsmetaalverbindings

Die d-elektrone van 'n oorgangsmetaalverbinding kan verskillende spintoestande vertoon.

Simmetrie en ontaarding

D-Elektrone Spintoestand: Potensiale vir hoë en lae spinkonfigurasies van d-elektrone in oorgangsmetaalverbindings 
Hoëspintoestand vir d5
D-Elektrone Spintoestand: Potensiale vir hoë en lae spinkonfigurasies van d-elektrone in oorgangsmetaalverbindings 
Laespintoestand vir d5

In 'n geïsoleerde atoom of ioon van 'n oorgangsmetaal is die vyf d-orbitale ontaard. Dit beteken dat hulle vanweë die sferiese simmetrie dieselfde energie besit. In 'n verbinding of kompleks is die simmetrie laer omdat die spesie buuratome (ligande) het waarmee dit wisselwerking vertoon. Hierdie wisselwerking kan met kristalveldteorie of met ligandveldteorie beskryf word, maar in altwee gevalle sal die ontaarding in 'n laer simmetrie gedeeltelik opgehef word. Indien die simmetrie oktaëdries is -'n situasie wat volop aangetref word- splits die vyf d-orbitale in twee energievlakke: 'n t2g vlak met laer energie wat drievoudig ontaard is en 'n eg vlak met tweevoudige ontaarding.

Die grootte van die energieverskil Δ tussen die twee vlakke hang af van watter ligande die ioon of atoom omring. Indien die interaksie klein is het 'n hoëspintoestand soos in die diagram links van 'n d5-ioon (soos Fe3+) die laagste totale energie en vorm die grondtoestand. Wanneer die ligande groter invloed uitoefen word die energieverskil Δ groter en word dit energeties voordeliger om die spins te paar soos in die diagram regs. Die rede daarvoor is dat spinparing energie kos en dat in ontaarde vlakke 'n toestand met spins wat almal dieselfde rigting besit die laagste energie besit. Hierdie reël is bekend as Hund se reël.

Magnetiese eienskappe

Die magnetiese eienskappe van die twee spintoestande kan baie verskil. In die voorbeeld Fe3+ hierbo is altwee spintoestande paramagneties, maar die hoëspintoestand het 'n totale spinkwantumgetal S=1/2+1/2+1/2+1/2+1/2 = 5/2. Die laespintoestand het net S=1/2-1/2+1/2-1/2+1/2 = 1/2. In die geval van 'n Fe2+-ioon wat een elektron meer besit, sal die laespintoestand selfs S=0 besit en hierdie ioon is daardeur diamagneties.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KorrupsieRooms-Katolieke KerkJohan VorsterProvinsies van Suid-AfrikaSkarlakenkoorsTrekarbeidPuberteitSpreeuKolonisasiePornografiese akteurDirekte en Indirekte redeJeuksiektePolisieNoord-KaapKweekhuiseffekSkoenlapperElon MuskHannes van WykSikloonVolhoubaarheidDokterVoortrekkersLaeveldEkostelselEskomInleiding tot die genetikaHoofkarakterNasiebouElektrisiteitLys van myne in Suid-AfrikaTweede VryheidsoorlogLetterkundeAfro-AmerikanersOopbroninhoudRob HersovEnkelvoudige sinWeer (meteorologie)AsiëWet op NaturellengrondNatriumtiosulfaatOntdekking van goud in Suid-AfrikaCarike KeuzenkampRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KolitisKommaEkonomie van Suid-AfrikaPersentasieMusiekOlimpiese SpeleSokkerNetbalMenslike skeletKommunismeToekoms van die AardeAfvalbestuurWinterKapitalismeSamestellende afleidingKoeffisiënt en magswortelPesachOogproblemeHector PietersonAkroniemAnilingusKlein gekolde katWikipediaIntensiewe vormDemokrasieMateriaalNiemetaalBrandstofVryheidsmanifesAnrich HerbstMorfologie (taalkunde)🡆 More