Koeffisiënt En Magswortel

Koeffisiënte en magswortels is wiskundige konsepte.

Die rasionele wortelstelling (of rasionele zero-stelling) sê dat as die koëffisiënte van 'n polinoom heelgetalle is, dan kan mens al die moontlike rasionale wortels vind deur elke faktor van die voorste koëffisiënt met elke faktor van die konstante term te verdeel.

Koeffisiënt

'n Koeffisiënt is 'n getal wat met 'n veranderlike in 'n algebraïese uitdrukking vermenigvuldig word.

In die algebraïese uitdrukking:

8x + 18x2 + 5y  is 8 die koeffisiënt van x, 18 is die koeffisiënt van  x2 en 5 is die koeffisiënt van y.

12a beteken 12 keer a of twaalf vermenigvuldig met a. "a" is die veranderlike en 12 is dus die koeffisiënt.

'n Veranderlike met geen getal,  het 'n koeffisiënt van 1. Byvoorbeeld y beteken eintlik 1y.

Partykeer staan 'n letter in vir 'n syfer.

Byvoorbeeld: In ax2 + bx + c.

 "x" is die veranderlike en "a" en "b" die koeffisiënt.

Magswortel

As 'n getal byvoorbeeld 5 met homself vermenigvuldig word, dui die mag van die getal aan hoeveel keer 5 op hierdie manier vermenigvuldig moet word. Die mag word as 'n klein getalletjie (eksponent) regs bokant die getal wat met homself vermenigvuldig moet word, geskryf. Dit word as '5 tot die mag...' gelees.

Vir die mag 2 is daar 'n spesiale naam: 'n Getal wat tot die mag 2 vermenigvuldig word, word 'gekwadreer'.

  • 7 x 7 = 72

Dit beteken 7 word twee keer met homself vermenigvuldig, wat as '7 tot die mag 2' of '7 kwadraat' gelees word.

  • 15 x 15 x 15  = 153

Dit beteken 15 word drie keer met homself vermenigvuldig, wat as '15 tot die mag 3' gelees word.

  • 4 x 4 x 4 x 4 = 44

Dit beteken 4 word vier keer met homself vermenigvuldig, wat as '4 tot die mag 4' gelees word.

'n Getal in eksponensiaalvorm bestaan uit 2 dele:

Koeffisiënt En Magswortel 

Die teenoorgestelde van 'n eksponent of mag is 'n wortel:

Koeffisiënt En Magswortel 
Koeffisiënt En Magswortel 

Tags:

Wiskunde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Johan BadenhorstGeweldTaalAssiriëPeriodieke tabelMonopoly29 AprilNoord-AmerikaLangste woordAarverkalkingIslamJakkalsAfrikaanse taalleerAfrikaansTropiese sikloonMaagsweerLa NiñaOnderhandelinge om apartheid te beëindigLuiperdBart SimpsonHondJagluiperdKlimaatByVingerseksSaraikiSeksuele fetisjismeOorkruipersSuid-AfrikaKimberleyKonsonantDiarreeSemenBruto binnelandse produkAntjie KrogBukkakeJuanita du PlessisKwaggaVrymesselaryLeonardo da VinciNeels van JaarsveldAnimeSpysverteringstelselGifu-prefektuurNaaldekokerVaginale kankerWaterpokkiesGeelhoutVersamelnaamWitkruisarendBesoedelingWaarheid-en-versoeningskommissieKaapstadse waterkrisis 2015-2018Seksualiteit in antieke RomeBaardskeerder-spinnekopPerineumMiskruierVoornaamwoordVan Breda-moordeAardbewingKatVerenigde koninkrykFanie OlivierVergelykings (taalkunde)ChatGPTWerkersdagJaco JacobsBosluisbytkoorsAntjie SomersWerkloosheidTolla van der MerweGetalKatoenGordelroos🡆 More