Baardskeerder-Spinnekop: Orde van geleedpotige, spinnekopagtige (Arachnida) diere

Die baardskeerder-spinnekoppe (Solifugae) is 'n orde van geleedpotige, spinnekopagtige (Arachnida) diere, wat ook onder andere haarskeerders, jagspinnekoppe en rooiromanne genoem word.

Hulle is egter nie regte spinnekoppe nie. Die orde omvat meer as 1 000 spesies in ongeveer 153 genera.

Baardskeerder
Baardskeerder-Spinnekop: Orde van geleedpotige, spinnekopagtige (Arachnida) diere
'n Baardskeerder van Arizona in die VSA.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Dromopoda
Orde:
Solifugae

Sundevall, 1833
Families
  • Ammotrechidae
  • Ceromidae
  • Daesiidae
  • Eremobatidae
  • Galeodidae
  • Gylippidae
  • Hexisopodidae
  • Karschiidae
  • Melanoblossidae
  • Mummuciidae
  • Rhagodidae
  • Solpugidae

Die diertjies kom in warm, droë en by voorkeur woestynagtige gebiede voor, op alle kontinente behalwe Australië en Antarktika. Hulle word veral in Noord-Afrika en die Midde-Ooste aangetref. Hulle vreet termiete, sprinkane, allerlei insekte, maar ook klein knaagdiere, akkedisse, slange en voëltjies.

Die grootste spesies word (met pote ingesluit) 12-15 cm groot. Hulle het 'n geniepsige byt, maar is normaalweg nie gevaarlik vir mense nie. Hulle hardloop soms agter mens se skaduwee aan, wat die indruk skep dat hulle jou jaag.

Baardskeerder-Spinnekop: Orde van geleedpotige, spinnekopagtige (Arachnida) diere
'n Mannetjie naby Uniondale in die Wes-Kaap.

Baardskeerdersbos in die Rooi-Strandveld van die Overberg in die Wes-Kaap is waarskynlik na hierdie diere genoem.

Die kaaktasters lyk soos die ledemate, maar daar is 'n klewerige gedeelte aan die voorpunt, wat gebruik word om die prooi mee te vang. Hulle is aktiewe roofdiere en hul dieet kan selfs klein gewerweldes insluit.

Die prooi word met behulp van die kaaktasters gevang en dan met die kloukake doodgedruk en stukkend geskeur. Hulle oë is goed ontwikkel en daar is slegs twee aanwesig, terwyl die hele liggaam met tashare bedek is.

Gaswisseling geskied deur ʼn goed ontwikkelde stel tragea. Paring geskied wanneer die mannetjie die wyfie bespring en dan in 'n passiewe toestand teen die grond vasdruk. Die kloukake word gebruik om die sperma na die wyfie se geslagsopening te bring.

Bron

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Industriële RevolusieLys van veltoestandeJavaScriptJo BlackPlantBosluisPerdFamilie (verwantskap)KinderregteGebande muishondAfrikaanse taalleerGewone tarentaalTeologiePiet ByleveldAdolf HitlerLys van politieke partye in Suid-AfrikaSwangerskapAlvin BruindersSendelingposisieFacebookWes-AfrikaSenuweestelselKruisigingSelfstandige naamwoordTrigeminale neuralgieLugbesoedelingHennie MaasKlem-in-die-kaakByMarita NapierGalblaasAsiëHannes van WykSamestellingDuitse maselsWayback MachineKunsmatige intelligensiePubiese hareWiskundeSiembambaBaardskeerder-spinnekopWynand du ToitLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMaagsweerOrgaanArmand AucampHoofpynAuschwitz-konsentrasiekampIranErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Hoërskool NoordheuwelChristo WieseBaltimoreDiepaartromboseDemensieOrkaan GustavSkarlakenkoorsSkrikkeljaarSonsteekPaarl GimnasiumLys van Afrikaanse rolprenteRynhessePaulus van TarsusLikkewaanSeekoeiGianna MichaelsDonker materieBaarmoederBoomTongInstagramRefentse Morake🡆 More