Kwagga: Uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus

Die kwagga is 'n uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus.

Dit het eens in groot getalle in Suid-Afrika se gewese Kaapprovinsie en die suidelike dele van die Oranje-Vrystaat voorgekom. Dit kon onderskei word van ander sebras deur die kenmerkende swart en wit strepe slegs aan die voorkant van die lyf. By die middellyf het die strepe verdof en het die donkerder tussenstreepspasies breër geword. Die agterkant was effe bruin. Die naam is afgelei uit die Khoi-woord vir "sebra", wat die klank van die kwagga se roep naboots. Die enigste lewende kwagga wat ooit gefotografeer is, was 'n merrie by die Dierkundige Genootskap van die Londense Dieretuin in 1870.

Kwagga
Kwagga: Uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus
'n Foto van 'n kwagga, Londen Dieretuin, 1870.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
Subspesie:
E. q. quagga
Trinomiale naam
Equus quagga quagga
Boddaert, 1785

Hertelingsprojek

Kwagga: Uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus
Gewone sebras en sebras van die Kwaggaprojek in die Mokala Nasionale Park.

Nadat die noue band tussen die kwagga en die bontsebra, of bontkwagga, ontdek is, het die Duitse natuurhistorikus Reinhold Rau die Kwaggaprojek in 1987 in Suid-Afrika begin om die kwagga terug te teel deur middel van ’n selektiewe teelproses met bontsebras wat tot dowwer strepe sou lei. Dié nuwe diere word "Rau-kwaggas" genoem, beide uit erkenning vir Rau se bydrae tot die projek en om die nuwe diere van die oorspronklike, uitgestorwe kwagga te onderskei.

Verskeie bontsebras van Namibië en Suid-Afrika met ligter strepe aan die agterlyf word in die projek gebruik. Die projek se eerste vul is in 1988 gebore, en die eerste een met duidelik ligter strepe in 2005. Die eerste vyfdegeslagvul is in Desember 2013 gebore. Hulle word onder meer aan die laer hange van Duiwelspiek in Kaapstad aangehou. Van die 116 diere wat die projek tans het, het ses individue ’n groot mate van ligter strepe.

Die projek is redelik omstrede, want die nuwe "kwaggas" lyk uiterlik soos die ware Jakob, maar verskil geneties. Die tegnologie om DNS vir kloning te gebruik, is nog nie ontwikkel nie.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PapegaaieVerkleinwoordPlaattektoniekOlimpiese SomerspeleLiesbreukHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalAalwynErfenisdag (Suid-Afrika)Demografie van Suid-AfrikaSlag van Cuito CuanavaleGoogleMangelontstekingBrongitisWolkDuitsMcDonald'sGoudRacheltjie de BeerAsiëSirkusSeekoeiDesimale breukeFiela se kindSikloonBesoedelingSwart menseSwart nasionalismeAgtervoegselKinkhoesOntdekking van goud in Suid-AfrikaPersentasieOogproblemeKontinentSkoolAspoestertjiePoesSitrusHemelBesemAkuutNeerslagSonkragLarry PageMuskietLys van nedersettings in Suid-AfrikaWerkloosheidJaco JacobsSowjetunieLuiperdWet op NaturellengrondMondKewerDoopVarkgriepReënvalbepalingNeonWet op Bantoe-onderwysWhatsAppEnsiklopedieFranse RewolusieNarsismeBoer Soek 'n VrouStaalPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKommunikasiePornografiese akteurGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondHoofkarakterKolonialismeDirekte en Indirekte redeWiskundige terminologieRenaissancePenisStaatstoelaeEkostelselDepressie (gemoedstoestand)Simon Petrus🡆 More