Seksuele fetisjisme of erotiese fetisjisme is 'n vorm van fetisjisme waar 'n persoon seksuele genot put uit 'n fisieke voorwerp, situasie of liggaamsdeel.
Subklas van | parafilie, fetisjisme, Siekte |
---|---|
Mediese vakgebied | Psigiatrie, sielkunde |
ICD-9-CM | 302.81 |
NCI Thesaurus ID | C94353 |
Die voorwerp of situasie word die fetisj genoem, en die persoon wat ’n fetisj daarvoor het, is 'n fetisjis. 'n Seksuele fetisj kan wissel van 'n praktyk wat ekstra plesier in 'n verhouding verskaf, soos een maat wat ’n sekere kledingstuk dra, tot 'n afwyking wat groot sielkundige stres veroorsaak by die fetisjis.
Die term "fetisj" kom van die Franse woord fétiche, wat weer uit Latyn afgelei is van facticius ("kunsmatig") en facere ("om te maak"). 'n Fetisj in die algemeen is 'n voorwerp wat volgens sekere mense bonatuurlike magte het. Die term "seksuele fetisj" is die eerste keer deur die Franse sielkundige Alfred Binet gebruik. 'n Fetisjis raak opgewonde wanneer hulle dink aan iets wat met die fetisj verband hou of dit sien. Dit word dikwels in pornografie gebruik wat gerig is op mense met 'n spesifieke smaak. 'n Fetisj kan veral aanvanklik baie stres by iemand veroorsaak, maar later in 'n persoon se lewe kan hy kontak maak met ander mense met 'n soortgelyke fetisj. Dit is veral deesdae maklik danksy die internet. 'n Groot mate van fetisjisme kom ook in BDSM voor.
Voorbeelde van seksuele fetisje is:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Seksuele fetisjisme, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.