Leier
'n Leier is iemand wat die gesag het om 'n groep mense te lei .
'n Leier is iemand wat die gesag het om 'n groep mense te lei (die groep te beïnvloed vir realisering van doelstellings of 'n beoogde eindbestemming). 'n Leier kan ook 'n groep mense verteenwoordig. Oor die algemeen word leiers deur die groep self verkies, maar leiers kan ook oor andere aangestel word. 'n Leier se styl kan wissel van outokraties, soos 'n militêre leier, tot demokraties, soos die president van 'n land. Leierskap verwys na die vermoë, veral van onder andere politici en administrateurs, om 'n groep mense of 'n organisasie te lei.
Leiers is op verskeie vlakke van die samelewing nodig.'n Skool moet 'n hoof hê, 'n klas ʼn onderwyser, 'n gemeente 'n predikant en 'n land 'n president.
Volgens leierskapskonsultant Gielie Hoffmann gaan leierskap in die eerste plek oor dienslewering. Dit vereis ʼn sekere ingesteldheid. ʼn Leier gaan ook uit en doen dinge, eerder as om bloot daaroor te praat, sodat idees in aksies oorgaan.
Soorte leiers
ʼn Demokratiese leier is deur die stemgeregtigde burgers van ʼn land verkies. So ʼn leier vra raad van sy adviseurs en volgelinge voordat hy ʼn besluit neem. Hy bemoedig en motiveer sy mense en tree so op dat almal graag saam met hom wil werk. ʼn Demokratiese leier tree eerlik en eties op en is nie bo die wet verhewe nie.
ʼn Outokratiese leier aanvaar nie raad of insette van ander nie en onderdruk enige opposisie.
Leierseienskappe
Sien hoofartikel oor Leierskap
Hoewel sekere mense oor meer natuurlike leierskap-eienskappe beskik, kan hierdie eienskappe ook aangeleer word. 'n Goeie leier behoort oor die volgende vaardighede te beskik:
- analitiese vermoë
- oortuigingskrag
- sosiale vaardighede
- motiverende vermoë
Karaktertrekke van uitstekende leiers
- Eienaarskap. Suksesvolle leiers deel eienaarskap van hul span se suksesse, maar neem ook eienaarskap wanneer dinge nie so goed gaan nie. Uitstekende leiers meet hul eie sukses aan die sukses van die span wat hulle lei. Eienaarskap beteken ook om deel te wees van die span en nie vooruit te hardloop soos 'n koplose hoender nie.
- Nuuskierigheid. Suksesvolle leiers bly te alle tye nuuskierig en gefokus op wat hul kan leer en hoe hulle as leiers kan ontwikkel die waardes wat hulle as hul eie voorhou en dat dít wat hul van hul spanlede verwag ook is wat die spanlede van die leier kan verwag. Verder is hulle konsekwent en lojaal in hul optrede.
- Sensitiwiteit. Hier gaan dit oor emosionele intelligensie. ʼn Leier moet sensitief vir sy/haar eie emosies wees, sowel as wat die impak van sy of haar gedrag en besluite op andere se emosies het. Leiers moet sensitief wees vir andere, spanlede ingesluit, se emosies.
- Passie. Leiers wat ander inspireer, vervul hul rol met energie en passie omdat hulle daarna streef om ’n verskil te maak. So ʼn leier se liefde vir hul werk word duidelik gesien in alles wat hy of sy sê, doen en leef.
- Dapperheid. Suksesvolle leiers skroom nie om moeilike situasies aan te pak of probleme aan te spreek nie. Hulle neem soms ongewilde besluite en is ook oop en gewillig om dieselfde eerlikheid van hul spanlede te ontvang. Hulle beweeg geredelik uit hul gemaksone en is ook bereid om risiko’s te loop indien die span en/of die taak voorhande daarby kan baat.
- Wysheid. Uitstekende leiers het goeie oordeelsvermoë. Hulle leer uit hul foute en voorsien toekomsmoontlikhede en -uitdagings so akkuraat as moontlik. ʼn Leier maak op die regte tyd van kenners en spesialiste gebruik en beskou ’n probleem vanuit verskeie oogpunte. ’n Uitstekende leier is objektief en neem nie emosionele of impulsiewe besluite nie.
Sien ook
Bronne
- https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/ouerskap/wat-my-kind-moet-weet-oor-leierskap/ [op 11 Desember 2018 besigtig]
- https://welstand.solidariteit.co.za/ja-jy-kan-n-uitstekende-leier-wees/ [op 11 Desember 2018 besigtig]
Eksterne skakels
Sien leier in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- LEIERSKAP: Wees só 'n uitstekende leier[dooie skakel]
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Leier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.
In other languages:
- Azerbeidjans: Lider - Wiki Azərbaycanca
- Dagbani: Kpema - Wiki Dagbanli
- Engels: Leader - Wiki English
- Estnies: Liider - Wiki Eesti
- Frans: Leader - Wiki Français
- Haïtiaans: Lidè - Wiki Kreyòl ayisyen
- Italiaans: Capo (ruolo) - Wiki Italiano
- Kazaks: Лидер - Wiki қазақша
- Kirgisies: Лидер - Wiki кыргызча
- Limburgs: Autoritaire leider - Wiki Limburgs
- Nuwe Noors: Leiar - Wiki Norsk nynorsk
- Pools: Przywódca - Wiki Polski
- Russies: Лидер - Wiki русский
- Simple English: Leader - Wiki Simple English
- Serwies: Вођа - Wiki српски / srpski
- Sweeds: Ledare (yrkesroll) - Wiki Svenska
- Tayal: mrhow na alang - Wiki Tayal
- Oekraïens: Лідер - Wiki українська
- Xhosa: Inkokheli - Wiki IsiXhosa
- Chinees: 領袖 - Wiki 中文
- Cantonese: 阿頭 - Wiki 粵語