Padda: Koudbloedige, stertlose dier wat aan die klas amfibieë behoort

'n Padda is 'n koudbloedige, stertlose dier wat aan die klas amfibieë behoort.

"Amfi-" (beide) en "bios" (lewe) dui op hul tweeledige lewenswyse wat naamlik op land en in die water plaasvind.

Padda
Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie
'n Rooioogboompadda (Litoria chloris, bo), en die roep van 'n lanspadda (Litoria microbelos), albei van Australië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Anura

Merrem, 1820
Subordes

Archaeobatrachia
Mesobatrachia
Neobatrachia

Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie
     verspreiding van paddas

Wanneer hulle uitbroei kry hulle (nes visse) suurstof uit die water met hul kieue en swem met hul afgeplatte sterte. Sodra hulle groter word en van gedaante verwissel, haal hulle in die lug asem soos alle landdiere en verloor hul stert.

Voorkoms

'n Padda se vel is normaalweg slymerig (natterig), kaal en sonder skubbe, vere of hare. In die padda se vel is daar kliere wat 'n tipe slym afskei; die slym help om sy vel vogtig te hou.

Sommige paddas se velkleur (swart, groen, bruin, geel ens.) help met kamoeflering teen hul vyande.

Sommige paddas kan weer van kleur verander om hulle by hul omgewing aan te pas. Die varklelie-padda is bedags ivoorwit wanneer hy in die voue van dié blom skuil. Op dié manier weerkaats hy ook die ergste hitte van die son. Saans is hy donkerder van kleur, sodat hy onopsigtelik in die nag kan beweeg.

Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie 
'n Bloupylgifpadda (Dendrobates azureus) in die Bristolse Dieretuin

Ander het weer helderkleurige velkleure (rooi, blou en ander helder skakerings) wat hul roofvyande waarsku dat hul baie giftig kan wees.

In werklikheid skei alle paddas, en nie net die helderkleuriges nie, 'n melkerige gif uit velkliere af. Hierdie gif help om hulle teen vyande te beskerm. Die gif van die meeste paddas is nie baie gevaarlik vir die mens nie en sal slegs 'n ligte vel-irritasie veroorsaak.

Paddas se ribbetjies is opmerklik swak ontwikkel en sal nooit 'n borsbeen bereik nie.

Paddas het 'n kenmerkende vermoë om ver te kan spring. Hul vier pote is oor die algemeen slegs daar om hul liggaam op land te stut, daar slegs sekere paddas op hul vier pote kan loop.

Metamorfose

Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie 
Paddavisse van die gemarmerde rubberpadda (Phrynomantis annectens) wat in 'n rotspoel in die Noord-Kaap uitgebroei het

Soos alle amfibieë word die meeste paddas voortgeplant deur eiers wat in die water of in klam plekke gelê word (sekere soorte is lewendbarend). Aanvanklik is die padda 'n visagtige larwe, die paddavissie, wat deur kieue asemhaal. Wanneer hy ouer word, verander hy egter van 'n dier wat soos 'n vis lyk en slegs in die water kan leef in 'n dier wat op die land kan lewe. Hierdie veranderinge vind soos volg plaas:

Die wyfiepadda lê gewoonlik haar eiers vroeg in die lente en daar is gewoonlik besonder baie van hulle. Die padda-eiers is bedek met 'n gelatienagtige stof, wat hulle in 'n digte massa saamhou. Die eerste embrionale ontwikkeling vind in die eier plaas. Sowat twee weke nadat die eier gelê is, kom 'n larwe (die paddavissie) daaruit.

Aanvanklik kan die paddavissie nie swem of vreet nie. Hy klou aan die oorblyfsels van sy eier of aan die blaar van die een of ander waterplant vas deur middel van kleeforgaantjies aan die onderkant van die liggaam. Die diertjie haal asem deur drie pare uitwendige kieue. Na 'n paar dae verskyn die mond, die neusgate gaan oop, en die oë word onder die vet gevorm.

Die stert word langer en die uitwendige kieue word deur vier pare inwendige kieue vervang. Sodra die paddavissie hierdie stadium van ontwikkeling bereik, begin hy om te swem en te vreet. Later verskyn twee agterbene, en dan die voorbene, terwyl die stert kleiner word en uiteindelik verdwyn. Mettertyd word die inwendige kieue ook deur die liggaam geabsorbeer, die longe ontwikkel, en die paddavis verander in 'n klein paddatjie. Hierdie metamorfose duur gewoonlik drie maande.

Kommunikasie

Paddas kommunikeer met ander paddas deur middel van verskeie komplekse roepe, soos kierie-kieries en kwake en ander geluide. Hierdie geluide word baie soos die spraak van mense voortgebring, deur lug uit die longe oor die stembande in die keel te forseer. Padda-geselsies is baie belangrik in die paartyd wanneer die mannetjies roep om die wyfies se aandag te trek.

Habitat

Paddas is afhanklik van klam, nat blyplekke. Omdat vleilande baie kwesbaar vir ontwikkeling is, word paddas se habitat maklik vernietig. Hulle is egter aanpasbare diere en hulle kom in 'n groot verskeidenheid habitatte voor, van seevlak tot in berggebiede.

Paddavissies vreet alge en ander waterplante, maar 'n paar soorte raak partymaal kannibale en vreet dan ander paddavissies. Volwasse paddas is karnivore (vleisvreters) en vreet meestal lewendige insekte en ander goggatjies, soos muskiete, motte en torre. Hulle sal nie dooie kos vreet nie.

Voortplanting

Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie 
Paddaeiers
Padda: Voorkoms, Metamorfose, Kommunikasie 
Tien dae oue paddavissies

Die paddawyfie lê haar eiers tussen waterplante. Daar kan lang stringe wees, in groot groepe of klein groepies of selfs enkeles.

Na omtrent tien dae word die eiers deur die son se hitte uitgebroei. Uit die eier kom 'n paddavissie wat 'n stertvin het om mee te swem. Die paddavissie haal soos 'n vis deur kieue asem. Na omtrent twee maande kry die paddavissie agterpote, waar die stertvin aan die liggaam vas is. Daarna ontwikkel die voorpote.

Met dié metamorfose verander die “vissie” in 'n padda sodat hy op land en in die water kan lewe. Longe (vir asemhaling) vervang die kieue, sy stertvin verdwyn en sy mond vergroot.

Algemeen

Paddas se natuurlike vyande is visse, voëls, soogdiere, reptiele en natuurlik die mens. Sommige mense eet hulle; paddaboutjies word veral in Frankryk en China as ’n lekkerny beskou. In Afrika word die brulpadda ook as voedsel benut.

Daar steek geen waarheid in die stories dat 'n mens vratte kry as jy 'n padda hanteer nie.

Paddas word gebruik om mense die anatomie van gewerweldes (diere met 'n ruggraat) te leer en paddaeiers help geleerdes om meer van die ontwikkeling van embrio’s te wete te kom. Paddas is ook al gebruik vir swangerskaptoetse op vroue.

Paddas drink nie water nie. Vog word deur hul velle geabsorbeer en in 'n interne watersak gestoor. Dié water word in droë tye gebruik om die vel klam te hou, sodat hulle kan asemhaal.

Paddas in Suid-Afrika

Daar kom meer as 100 spesies in Suid-Afrika voor waarvan die helfte endemies of amper-endemies is. Die brulpadda, wat tot 20 cm lank kan word, is Suid-Afrika se grootste padda. Tydens droogtes skei brulpaddas 'n stof deur hul vel af wat 'n kokon om hulle vorm. In die Karoo bly brulpaddas soms vir jare in dié kokonne, tot dit weer nat genoeg is om na buite te gaan.

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Padda VoorkomsPadda MetamorfosePadda KommunikasiePadda HabitatPadda VoortplantingPadda AlgemeenPadda s in Suid-AfrikaPadda BronnePadda VerwysingsPadda Eksterne skakelsPadda

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steve BikoLos AngelesCarike KeuzenkampHannes van WykBayer 04 LeverkusenTienie HollowayWin MyintInternetDikdermKatLys van elemente volgens simboolHokkieDansSonkragVersoeningsdagSkildklierCleopatra VIINAMPO OesdagTaylor SwiftWet op Bantoe-onderwysInsekJoshua na die ReënGevolge van aardverwarming op oseaneXhosaNAVOWaterbesparing in Suid-AfrikaKlimaatveranderingGeografiese koördinatestelselKremetartEkonomieStikstofPampoentjiesNederduitsch Hervormde KerkWêrelderfenisgebiedAntjie KrogCarles PuigdemontSwawelByvoeglike naamwoordSonVaginale kankerOrganismeNierversakingLawrence WongImpakte van toerismeProvinsies van Suid-AfrikaSkaapTandbederfNamibiese volksmoord 1904-1908GesigsgebrekeLiefde2024 Emilia-Romagna Grand PrixLidwoordDesimale breukeVerenigde StateKunstenaarManchester UnitedTrigeminale neuralgieAnrich HerbstBTWStandard BankLys van Suid-Afrikaanse skrywersBreinWiki CommonsJak de PriesterLys van riviere in AfrikaLugbesoedelingWebwerfWikipediaGianna MichaelsMaagVars water🡆 More