Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n persoonlikheidsteuring waar ’n persoon ’n obsessie het oor hulle toereikendheid, mag, aansien en ydelheid, en nie in staat is om die vernietigende uitwerking daarvan op hulself en ander te sien nie.
Na raming ly sowat 1% van mense aan die geestesteuring. Die term is 1968 geskep; dit is voorheen megalomanie genoem.
Narsistiese persoonlikheidsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
![]() | ||
'Narsissus (1590's, Caravaggio, Galleria Nazionale d'Arte Antica, Rome). | ||
ICD-10 | F60.8 | |
ICD-9 | 301.81 | |
MedlinePlus | 000934 | |
MeSH | D010554 | |
![]() |
Sommige mense wat met NPS gediagnoseer word, word gekenmerk deur oordrewe gevoelens van eiebelangrikheid. Hulle eien hulle dinge toe en toon ’n grootheidswaan in hul menings en gedrag. Hulle het ’n sterk behoefte aan bewondering, maar het ’n gebrek aan empatie.
Simptome wat in die DSM-IV genoem word, is:
Ander simptome wat nie in die DSM-IV genoem word nie, sluit in die misbruik van ander om te kry wat hulle wil hê, probleme om ’n gesonde verhouding met ander te hê, oordrywing van persoonlike prestasies, die stel van onrealistiese doele vir hulself, en hulle voel maklik seergemaak of verwerp en kom emosieloos voor.
Die simptome van die steuring kan ooreenstem met die karaktertrekke van iemand wat ’n hoë gevoel van eiewaarde en groot selfvertroue het; die verskil tree in wanneer die onderliggende psigologiese strukture van dié eienskappe as patologies beskou word. Narsiste het so ’n groot mate van selfwaarde dat hulle dink hulle is beter as ander mense, terwyl hulle eintlik ’n kwesbare selfbeeld het, nie kritiek kan hanteer nie en dikwels probeer opmaak vir hul innerlike kwesbaarheid deur ander te verkleineer en af te kraak. Kommentaar en kritiek op ander mense kan venynig wees in ’n poging om hul eiewaarde te bevestig.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie lys NPS in hul ICD-10 onder (F60.8) Ander spesifieke persoonlikheidsteurings.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Narsistiese persoonlikheidsteuring, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); Narsistiese persoonlikheidsteuring Wiki additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.