Psigopatie

Psigopatie (of sosiopatie) word tradisioneel gedefinieer as ’n persoonlikheidsteuring wat gekenmerk word deur langdurige antisosiale gedrag, min empatie en berou, asook ongeïnhibeerde of vreeslose optrede.

Dit kan ook gedefinieer word as ’n persoonlikheidsaspek wat in ’n groot verskeidenheid kombinasies in mense in die algemeen voorkom. Die definisie van psigopatie het deur die geskiedenis aansienlik verander; verskillende definisies word steeds gebruik wat net gedeeltelik oorvleuel en mekaar soms weerspreek.

Die Amerikaanse psigiater Hervey M. Cleckley se navorsing oor psigopatie het waarskynlik die aanvanklike kriteria vir antisosiale persoonlikheidsteuring in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM) beïnvloed, so ook dié van die Amerikaanse sielkundige George E. Partridge oor sosiopatie. Die DSM en Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) het die diagnose "antisosiale persoonlikheidsteuring" en "dissosiale persoonliheidsteuring" opgeneem; volgens hulle is voorheen daarna verwys as psigopatie of sosiopatie. Die Kanadese sielkundige Robert D. Hare het later die begrip psigopatie in kriminologie weer gewild gemaak met sy Psychopathy Checklist.

Hoewel geen psigiatrie- of sielkunde-organisasie ’n diagnose soos psigopatie goedkeur nie, word die beoordeling van psigopatiese karaktertrekke algemeen gebruik in die regstelsel van verskeie lande, en dit kan aansienlike gevolge inhou vir individue wat beoordeel word. Die term word ook algemeen deur die publiek gebruik, asook in media en fiksie.

Definisie

Navorsers het gevind daar is skynbaar minstens twee verskillende opvattings oor psigopatie. Jennifer L. Skeem et al. onderskei tussen "Cleckley-psigopatie" (genoem na Hervey Cleckley se vroeëre opvatting van psigopatie as ongeïnhibeerde, vreeslose gedrag met min angstigheid en "effense geringskatting") en "kriminele psigopatie" (’n "meer gemene en aggressiewe" gebrek aan inhibisie wat duidelike en volhardende kriminele gedrag omvat". Vanweë die groot implikasies wat die etiket "psigopaat" kan hê – onder meer oor die graad van straf, behandeling ens. – is ’n poging aangewend om die betekenis van die term duideliker te maak deur skynbaar uiteenlopende opvattings soos hier bo in ooreenstemming te bring.

Drieledige model

Volgens die drieledige model wat deur Christopher J. Patrick et al. geformuleer is, lê die verskillende opvattings van psigopatie in afwisselende mate klem op drie waarneembare karaktertrekke:

  • Vreesloosheid. ’n Lae mate van vrees, wat insluit ’n hoë toleransie van stres, die onbekende en gevaar; groot selfvertroue en ’n sosiale geldingsdrang.
  • Inhibisieloosheid. Swak impulsbeheer, wat insluit probleme met beplanning en voorsorg; ’n swak beheer van drange; ’n aandrang op onmiddellike bevrediging en min gedragsgrense.
  • Gemeenheid. ’n Gebrek aan empatie en noue bande met ander; ’n minagting van noue bande; die gebruik van wreedheid om mag te bekom; neigings tot uitbuiting; ’n minagting van gesag en ’n destruktiewe soeke na opwinding.

’n Belangrike vraag wat die opvatting van psigopatie betref, is of dit ’n spesifieke toestand is wat van ander toestande en "normale" persoonliheidstipes onderskei kan word, en of dit doodgewoon ’n kombinasie van verskeie persoonlikheidstrekke is wat in die algemeen by mense voorkom.

Sommige studies verbind psigopatie aan ander dimensies, soos antagonisme (hoog), pligsgetrouheid (laag) en angstigheid (laag, of soms hoog). Dit is ook al verbind met psigotisisme, ’n teoretiese dimensie wat verwys na harde, aggressiewe of vyandige neigings. Dit gaan saam met ’n gebrek aan sosialisering en ’n verantwoordelikheidsin, impulsiwiteit, aggressie en in sommige gevalle ’n soeke na sensasie.

Die psigoanalis Otto Kernberg glo psigopatie moet beskou word as deel van ’n spektrum van patologiese narsisme, wat sal wissel van ’n narsistiese persoonlik op ’n lae vlak tot kwaadaardige narsisme op ’n middelmatige vlak en psigopatie op ’n hoë vlak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Psigopatie DefinisiePsigopatie VerwysingsPsigopatie Eksterne skakelsPsigopatiePersoonlikheidsteuring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoelwitMaanLys van musiekinstrumenteSaartjie BaartmanLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaWisselkoersD.J. OppermanDemokratiese AlliansieDansMielieBernice WestMona LisaAdolf HitlerSpinnekopLetterlike en figuurlike taalgebruikSkrywerOm-te-infinitiefkonstruksieMaagsweerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PizzaImmunologieDiamantMonopolieRenosterSeksposisieFacebookSoogdierInkomsteKarooKaaps-Hollandse stylTelwoordKameelperdAnti-inflammatoriese middelAfrikaansWaterstofKunsmatige algemene intelligensieEkologieNatuurMensBeurtkragJan van RiebeeckProvinsies van Suid-AfrikaPrivaat maatskappyKrokodilStokely CarmichaelAfrikaanse woordelys en spelreëlsCalviniaLys van visseGianna MichaelsWitbloedselWet op NaturellengrondJak de PriesterKrieketDwelmmiddelSebraAbsolute monargieLugbesoedelingLuiperdWithaaiGestremdheidSeevlakstygingOnse VaderKrygkorGriekwa-AfrikaansKonsentrasiekampOnderwerp (taalkunde)Wêreldwye webNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyItaliëHefboomAfleiding (taalkunde)Narsistiese persoonlikheidsteuringKaartKlereOos-KaapRenteDie Laaste Avondmaal (Leonardo)🡆 More