Ereksie

’n Ereksie is ’n fisiologiese verskynsel van die manlike geslagsorgaan by baie diersoorte waar die penis stywer en groter word deur opswelling.

Ereksie
’n Saamgestelde foto wat die verskillende stadiums van ’n menslike ereksie wys.

Agtergrond

’n Ereksie is die resultaat van ’n ingewikkelde interaksie van psigiese, neurologiese, vaskulêre en endokriene faktore. Dit hang meestal, maar nie uitsluitlik nie, saam met seksuele opwinding of aantrekking. Fisiologies word ’n ereksie veroorsaak deur die parasimpatiese deel van die outonome senustelsel en dit is dus nie heeltemal onder bewuste beheer nie. Wanneer ’n ereksie plaasvind, verslap die spierweefsels in die toevoerende aar sodat die penis se sponsagtige weefsel met meer bloed gevul word. Terselfdertyd vernou die afvoerende aar en die bloed bly dus in die penis "gevange". Die gevolg is dat die penis opswel, hard word en oplig, en gereed is vir geslagsgemeenskap. ’n Ereksie verdwyn wanneer die omgekeerde proses plaasvind, gewoonlik ná ejakulasie.

Die vorm, hoek en rigting van ’n menslike ereksie kan grootliks van man tot man verskil. ’n Penis wat gedeeltelik styf is, maar nie heeltemal nie, word soms ’n semi-ereksie genoem en een wat nie styf is nie, word gewoonlik slap genoem.

Sosio-seksuele aspekte

Sosiaal

’n Ereksie is ’n algemene aanduiding van seksuele opwinding en is noodsaaklik vir penetrasie tydens seks.

Ereksies is ook algemeen by jong seuns en babas, en kan selfs voor geboorte plaasvind. Ná puberteit kom ereksies gereelder voor. ’n Ongewone afkeer van die erekte penis word soms fallofobie genoem.

Spontane ereksies

Ereksie 
’n Stywe, onbesnyde menslike penis waarvan die voorhuid teruggetrek is.

Spontane of onwillekeurige ereksies is algemeen en ’n normale deel van die menslike fisiologie. In ’n sosiale konteks kan so ’n ereksie in die openbaar of op die verkeerde tyd ’n man in die verleentheid stel. Ereksies kan op enige tyd van die dag spontaan voorkom en kan onder klere ’n opvallende "knop" veroorsaak wat weggesteek kan word deur stywe onderklere, ’n lang hemp of losser klere te dra.

Grootte

Die lengte van ’n slap penis stem nie noodwendig ooreen met dié van die penis wanneer dit styf is nie; sommige klein slap penisse kan baie langer word as ’n ereksie plaasvind, terwyl ander minder groei.

Die penis is ná puberteit gewoonlik ’n vasgestelde grootte. Dit kan deur chirurgie vergroot word, hoewel penisvergrotings omstrede is en baie mans ná die tyd "nie tevrede" met die resultate is nie, volgens een studie.

Met betrekking tot die grootte van die gemiddelde menslike penis het ’n studie met 15 521 mans, wie se penis deur professionele mense gemeet is en nie deur die mans self nie, tot die gevolgtrekking gekom die gemiddelde lengte van ’n stywe menslike penis is 13,12 cm (5,17 duim) en die gemiddelde omtrek 11,66 cm (4,59 duim).

Rigting

Hoewel baie stywe penisse na bo wys, is dit algemeen en normaal dat die penis feitlik vertikaal op of af of reguit horisontaal wys; dit hang alles af van die spanning van die draagligament wat dit in posisie hou. ’n Ereksie kan ook verskeie vorms aanneem, van ’n reguit buis tot ’n buis wat boontoe, ondertoe, links of regs buig. ’n Groot kromming kan dui op Peyronie se siekte – die siekte kan ook fisiologiese of sielkundige gevolge hê, soos erektiele disfunksie of pyn tydens ’n ereksie.

Die volgende tabel wys hoe algemeen verskillende ereksiehoeke by staande mans is. In die tabel beteken 0° die penis wys reg boontoe en lê teen die maag, 90° is horisontaal en reg vorentoe, en 180° is reguit af na die voete. ’n Hoek na bo is die algemeenste.

Voorkoms van ereksiehoeke
Hoek (°) Persentasie van mans
0-30 5
30-60 30
60-85 31
85-95 10
95-120 20
120-180 5

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ereksie AgtergrondEreksie Sosio-seksuele aspekteEreksie VerwysingsEreksie Eksterne skakelsEreksieFisiologieGeslagsorgaanPenis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van bekende Suid-AfrikanersJagluiperdPersLys van Afrikaanse rolprenteKoorsKrimpvarkiePad na jou hart2024 Chinese Grand PrixVoorvoegselSuikerbekkiesWeer (meteorologie)Steve HofmeyrNylrivierTelwoordWortelUitwerking van klimaatsveranderingJana CilliersJode in Suid-AfrikaHomoniemAkademiaSonja HerholdtBeroerteHarry KerrKonsentrasiekampOnderwys in Suid-AfrikaKobus LombardJazzPsigopatieLys van Kaapstad se voorstedeLys van landeRonelda KamferRobbeneilandVulkaanBeeldspraakFiksieVarkTropiese sikloonAkroniemBeesvleisProstaatkankerKarlien van JaarsveldNaaldekokerNasionalismeVerkleurmannetjieGautengVlekvrye staalRudi ClaaseWalt DisneyEkonomieMauritiusKommunikasieHemelvaartsdagBywoordVerenigde State van AmerikaVeeartsEpilepsieGianna MichaelsJan van HunksTegnologieNasionale PartyWinnie Madikizela-MandelaPlastiekVarkgriepKuberkrakerSosiale mediaVoëlgriepLongontstekingElizabeth II van die Verenigde KoninkrykWaterpokkiesGroot DepressieTsoenamiLys van Afrikaanse skrywersKunstenaar🡆 More