Anilingus: Erotiese stimulasie deur kontak tussen mond en anus

Anilingus, oftewel anaal-orale kontak of anaal-orale seks, wat in Engels en talle ander tale as rimming bekend staan, is afgelei van die Latynse woorde anus en lingua en dui op die seksuele daad waarby daar kontak is tussen die anus of perineum van een persoon, hetsy 'n man of vrou, en die mond, waarby ingereken die tong en lippe, van 'n ander persoon, hetsy 'n man of 'n vrou.

Anilingus: Tegniek, Gesondheidsgevare, Voorsorg
'n Vrou gee 'n ander vrou anilingus
Anilingus: Tegniek, Gesondheidsgevare, Voorsorg
Anilingus of "rimming"

Tegniek

Anilingus behels 'n verskeidenheid tegnieke wat daarop gemik is om die anale gebied te stimuleer en sluit soen, lek en die in- en uitbeweeg by die anale opening van die tong in. Genot van anilingus word verkry van die sensitiewe senu-eindes rondom die anale opening, wat gewoonlik deur die tong en lippe, maar soms ook deur die tande, gestimuleer word. Die genot kan so hewig wees, dat dit in sommige gevalle op sigself tot 'n orgasme kan lei.

Gesondheidsgevare

Daar kan baie gesondheidsprobleme wees wat die gevolg is van onveilige anilingus, weens die teenwoordigheid van bakterie, virusse en parasiete op of in die anus of rektum. Dit sluit onder meer in lewerontsteking (Hepatitis A), menslike papilloomvirus of M.P.V., inwendige parasiete en seksueel oordraagbare siektes. As daar kontak tussen die mond en die geslagsdele is direk na kontak met die anus, kan dit onwetend die bakterie Escherichia coli na die blaas oordra en so urienweginfeksie veroorsaak. Daar word nie geglo dat MIV/vigs maklik deur anilingus oorgedra word nie, maar kenners beweer daar is wel 'n teoretiese risiko om die MI-virus so op te doen.

Voorsorg

Gereelde anilingus met baie verskillende seksmaats ("casual sex" in Engels), verhoog probleme wat met die daad gepaard gaan. Mense wat infeksie het wat tydens anilingus oorgedra kan word, lyk gewoonlik op die oog af gesond. As die paartjie weet dat elkeen van hulle 'n gesonde agtergrond het, is die kanse of 'n gevaarlike virus of parasiete op te doen, geringer. Inwendige parasiete kan in die anale gebied teenwoordig wees wanneer sleg voorbereide vleis geëet is, maar as die ontvanger van die anilingus higiënies op sy of haar persoon is, is die kanse van oordrag ook minder.

Voorkoms

Anilingus kom by heteroseksuele sowel as homoseksuele pare (mans en vroue) voor. In die geval van homoseksuele is dit by mans dikwels gelykstaande aan cunnilingus, en kan ook ter voorbereiding van anale seks gebruik word om die anus te help ontspan en meer ontvanklik vir die aktiewe vennoot se penis te wees. Net soos by heteroseksuele neem alle homoseksuele mans nie aan die praktyk deel nie, omdat sommige (wat dit nie wil gee nie) dit weersinwekkend vind en ander (wat dit nie wil ontvang nie) nie bereid is om so aan hulle maat blootgestel te word nie. Maar as die ontvanger(s) voor die daad deeglik was, is anilingus dieselfde as om enige ander deel van die liggaam oraal te stimuleer.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Anilingus TegniekAnilingus GesondheidsgevareAnilingus VoorsorgAnilingus VoorkomsAnilingus Sien ookAnilingus VerwysingsAnilingus Eksterne skakelsAnilingusAnusEngels

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArabiesAuschwitz-konsentrasiekampSteenkoolWerkwoordBywoordLys van elemente volgens simboolPlaasjapieSlag van BloedrivierToekoms van die AardeSelfieEjakulasieTwaalf Stamme van IsraelBeaufortskaalMierVarkgriepGeboorteSlawernyHeks van HexrivierWaterstofStresKrugerwildtuinMuishondPad na jou hartGetalWinterEvangelies Gereformeerde KerkWet op NaturellengrondGordelroosMenstruasieBeesLongSteve HofmeyrHartversakingWerkloosheidDiepaartromboseBloemfonteinAlice MunroAfleiding (taalkunde)ArmoedeMensKondensasieDikdermTropiese sikloonGeestesteuringEreksieByFisioterapieYstertydperkRutenium(III)chloriedAdolessensieByvoeglike naamwoordMaagdelikheidBeurtkragJan van HunksStaalRolprentOmtrek, oppervlakte en volumeAfrikaanse taalleerDermpoliepHibernasieSteve BikoSosiale mediaOnderwysProsaBraaiRobbie WesselsRuslandBeeldspraakSwaweldioksiedBelastingGlasHeupvervangingAtlantiese Oseaan🡆 More