Gereformeerde Kerk Witbank-Suidoos

Die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos was een van twee samesmeltings van Afrikaanse gemeentes van die GKSA op Witbank waardeur die drie gemeentes wat tussen 1931 en 1983 hier gestig is, eindelik net een geword het.

Gereformeerde Kerk Witbank-Suidoos
Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid is op 12 Mei 1973 in gebruik geneem.

Geskiedenis: Witbank-Suid

Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid het in November 1969 van die Gereformeerde kerk Witbank afgestig. Eers is dienste in die Laerskool Taalfees sê en kerkraadsvergaderings in die moedergemeente se gebou gehou. Sowat drie jaar ná afstigting is ’n tender van Witzies Konstrukie aanvaar vir die oprigting van ’n kerkgebou volgens ’n plan wat die Gereformeerde argitek Johan de Ridder geteken het. Die Presutu-boumetode is gebruik. Vir die oprigting van die mure is betonpanele gebruik. As ’n besparingsmaatreël het die kerkraad besluit om nie ’n kerkklok te koop nie en die vrouelidmate het vir die aankoop van die banke en die orrel gesorg.

Hierdie gebou is op 12 Mei 1973 in gebruik geneem en ’n jaar later is ’n klok tog aangekoop, wat in die toring aangebring is. Weens verwering moes die toring later afgebreek word en dit is vervang deur ’n kleinere waarin die klok opnuut gemonteer is.

Geskiedenis: Witbank-Oos

Die Gereformeerde kerk Witbank-Oos het in November 1983 van die Gereformeerde kerk Witbank-Suid afgestig as die derde gemeente op die destyds snelontwikkelende Witbank. Van die nuwe gemeente se 16 wyke was sewe buite die dorp, onder meer op Ogies, waar een maal per maand ’n middagdiens gehou is, en op Kendal.

Die gemeente het in die skoolsale van die Laerskool Dalridgepark en die Laerskool Duvhapark byeengekom. In 1985 het die GKSA se orgaan, Die Kerkblad, nog berig dat die gemeente hard werk om geld in te samel vir kerkbou deur onder meer koeksisters te verkoop, maar in 1989 het Witbank-Oos ontbind sonder dat hy ooit sy kerk gehad het. Witbank-Suid en –Oos het saamgesmelt as Witbank-Suidoos, wat op sy beurt in 2010 met die moedergemeente saamgesmelt het as die Gereformeerde kerk Hoëveld.

Predikante

  1. Bakker, Daniël Jakob, 1989 (oorgekom vanaf Witbank-Oos)
  2. Harris, Martin Peter, 1989 – 2010 (oorgekom vanaf Witbank-Suid 1986-1989; aanvaar sy emeritaat)
  3. Kruger, Ferdinand Petrus, 1991 – 1994

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Gereformeerde Kerk Witbank-Suidoos Geskiedenis: Witbank-SuidGereformeerde Kerk Witbank-Suidoos Geskiedenis: Witbank-OosGereformeerde Kerk Witbank-Suidoos PredikanteGereformeerde Kerk Witbank-Suidoos BronneGereformeerde Kerk Witbank-SuidoosGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWitbank

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anale kankerKoos KombuisSlawernyKontinentVratSkooluniformVoortrekkermonumentVideoMikro-ekonomieAkroniemYsterSokkerAdolf HitlerEreksieGedigHipoteseEskomAll Citizens PartyLys van Afrikaanse digtersProstaatkankerDonkieSeisoenEsmé EuvrardSportStam (taalkunde)KommunismeGroot GatVirusEienaamParoniemDaggaNetbalKlimaatDemokratiese Republiek die KongoImpakte van toerismeAardkorsVryheidsdagErfenisNedersettingIslamGrondwet van Suid-AfrikaSeevlakGeboorteToestand van materieSteenkool in Suid-AfrikaKrieketAarverkalkingZoeloeKallie KrielSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNatuurrampSpreeuEjakulasieRuslandEngelsIronieVoornaamwoordSosialismeLetterlike en figuurlike taalgebruikSchwantesiaBoereKwikMaagsweerNagapieKankerGlukoseBoekWaterstofGeskiedenis van Suid-AfrikaCholesterolJapanFrankrykMiddelmisbruikPortugeesTweede Wêreldoorlog🡆 More