Wiki Afrikaans 2023: Tuisblad
AFWiki Tiếng ViệtWiki English

Mangels ontsteek baie maklik. In die keel is daar normaalweg groot getalle heel onskadelike bakterieë. Hulle kan egter partykeer verdring word deur ettervormende organismes, wat gifstowwe afskei en veroorsaak dat die liggamstemperatuur styg (koors).

Hierdie bakterieë versamel dan in die klierholtes tussen die lobbe van die mangels, waar dit groot kolonies vorm. Dit het tot gevolg dat die weefsel waarin die limffollikels is, vergroot. Die hele mangel word rooi en swel op. Die ontsteking word mangelontsteking (tonselitis) genoem. Ander infeksies kan nou maklik hierop volg.

Wanneer dit gebeur is die mangel nie meer 'n verdedigingsorgaan van die liggaam nie, maar word dit 'n orgaan waardeur kieme die liggaam binnedring.

Komplikasies

Wanneer die ontsteking van die mangels chronies (permanent) word, is dit baie gevaarlik en kan aanleiding gee tot rumatiekkoors en hartkwale (soos hartklepontsteking) en ook nierkwale..

In sulke gevalle, veral sover dit kinders betref, is dit noodsaaklik dat die ontsteekte mangels deur 'n operasie (tonselektomie) verwyder word.

Sien ook

Bronnelys

This article uses material from the Wikipedia article Mangelontsteking, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.