Universiteit Van Pretoria

Die Universiteit van Pretoria (algemeen na verwys as UP, Tuks, of Tukkies) is 'n multikampus openbare navorsingsuniversiteit in Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika.

Universiteit van Pretoria
Universiteit Van Pretoria
Die Ou Lettere- en Geesteswetenskappegeboue

Leuse:Ad Destinatum Persequor
Leuse in Afrikaans:Met ywer en volharding streef ek na die doel
Leuse in Engels:With zeal and perseverance I strive towards the goal
Gestig:4 Maart 1908
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:R2 470 miljoen (31 Desember 2010)
Kanselier:Wiseman Nkuhlu
Personeel:4 099 (voltydse aanstellings)
Studentetal:38 934 Kontak
18 475 Afstand
57 409 Totaal
Voorgraadse studente:28 450
Nagraadse studente:10 484
Ligging:Pretoria, Gauteng
25°45′13″S 28°13′47″O / 25.75361°S 28.22972°O / -25.75361; 28.22972 28°13′47″O / 25.75361°S 28.22972°O / -25.75361; 28.22972
Kampus:7 Suburban kampusse en fasiliteite 1120 ha (2767 akker)[6]
Kleure:               Blou, rooi en goud
Bynaam:Tuks of Tukkies
Gelukbringer:Oom Gert
Affiliasies:AAU
ACU
CDIO
FOTIM
HESA
IEASA
Webtuiste:up.ac.za
Universiteit Van Pretoria
Die Kya Rosa was die eerste tuiste van die universiteit

Die universiteit het in 1908 ontstaan as die Pretoriakampus van die Johannesburg-gebaseerde Transvaalse Universiteitskollege (waarvan die naam Tukkies afgelei is) en het gegroei uit die oorspronklike 32 studente in 'n enkele laat-Victoriaanse huis tot ongeveer 39 000 in 2010. Die universiteit het in 1930 selfstandig geword toe die Privaatwet op die Universiteit van Pretoria (Wet no. 13 van 1930) die universiteit tot 'n onafhanklike universiteit verklaar het, met Tielman Roos as eerste kanselier (tot 1932).

Sedert 1997 het die Universiteit meer navorsingsuitsette elke jaar as enige ander instelling van hoëronderwys in Suid-Afrika geproduseer, soos gemeet deur die Departement van Onderwys se akkreditasiemaatstaf. In 2008 het die universiteit 15,8% van alle meesters- en doktorsgrade in Suid-Afrika toegeken, die hoogste persentasie in Suid-Afrika.

Hede

In die 1980s het die universiteit sowat 13 000 studente gehad, maar in 2005 was daar reeds 38 499 inwonende studente aan die universiteit geregistreer, teenoor 28 093 in 2000. Die verhouding tussen wit en swart was 60:40. Buiten die residensiële studente was daar ook sowat 13 000 studente wat vir die universiteit se afstandsonderrigprogramme ingeskryf het, hoofsaaklik in die Fakulteit Opvoedkunde. Van hulle was meer as 95% swart.

Klasse het in 1989 op die Witbank-kampus begin.

Fakulteite

Die universiteit het nege fakulteite:

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Opvoedkunde
  • Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingstegnologie
  • Gesondheidswetenskappe
  • Geesteswetenskappe
  • Regte
  • Natuur- en Landbouwetenskappe
  • Teologie
  • Veeartsenykunde

Hatfieldkampusgeboue

Koshuise

Kampus Hatfield Groenkloof Prinshof Mamelodi Onderstepoort Nagraads
Mans Boekenhout, Kollege, Maroela, Mopanie, Olienhout, Taaibos Kiaat Olympus
Dames Asterhof, Erika, Jasmyn, Katjiepiering, Klaradyn, Madelief, Magrietjie, Nerina Inca, Lilium, Zinnia Curlitzia
Gemeng TuksVillage Hippokrates Tuks Naledi Onderstepoort Tuksdorp, Protea, Jacaranda

Noemenswaardige personeel

Bekende alumni

Universiteit Van Pretoria 
Mimi Coertse in Wene

Sien ook

Bronne

  • Amptelike Tukkies-webwerf
  • Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Sentrale Nuusagentskap (Edms.) Bpk., Johannesburg, 1981

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Universiteit Van Pretoria HedeUniversiteit Van Pretoria FakulteiteUniversiteit Van Pretoria HatfieldkampusgeboueUniversiteit Van Pretoria KoshuiseUniversiteit Van Pretoria Noemenswaardige personeelUniversiteit Van Pretoria Bekende alumniUniversiteit Van Pretoria Sien ookUniversiteit Van Pretoria BronneUniversiteit Van Pretoria VerwysingsUniversiteit Van Pretoria Eksterne skakelsUniversiteit Van PretoriaPretoriaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoornaamwoordVormOmtrek, oppervlakte en volumeBruin menseLika BerningAppel (sanger)HindoeïsmeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Volhoubare ontwikkelingSiya KolisiTarentaleWikimedia-stigtingHoenderPlae van EgipteLidwoordRookgewoonteWater (molekuul)LatynGrondwetSuid-AfrikaJan-Willem BreurePornografieWiskundige terminologieTrigeminale neuralgieSuikersiekteOudtshoornNoordwesKameelperdSeksKersfeesDesimale breukeGoogle TranslateTafelsoutSuid-Afrikaanse InkomstediensWatersuiweringSwedeSuiwelprodukRassisme in AfrikaLys van Afrikaanse skrywersVaginale kankerNamibwoestynJavaScriptLys van Afrika-landeKlereGesonde dieetKommunikasieSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieProksemikaSportWetenskaplike klassifikasieSpelerposisies in rugbyLeestekenLys van Nederlandse skildersRoofvoëlKindermishandelingInflasieSkarlakenkoorsTropiese sikloonJakobKultuurJode in Suid-AfrikaSonnetKopieregCorioliskragOu Apostoliese KerkDie Stem van Suid-AfrikaVennootskapKwaZulu-NatalOopbroninhoudArendJohannesburgPikkewynTelevisieVloeistofMantis🡆 More