Bhp Billiton

BHP Billiton is die wêreld se grootste mynboumaatskappy.

Die maatskappy het ontstaan na 'n samesmelting in 2001 tussen Australië se Broken Hill Proprietary Company (BHP) en die Verenigde Koninkryk se Billiton, wat 'n Nederlandse en Suid-Afrikaanse agtergrond het. Die gevolg is 'n dubbelgenoteerde maatskappy met hoofkantore in Melbourne en in Londen. BHP Billiton Limited, wat die meerderheidsaandeelhouer in die dubbelgenoteerde struktuur is, is op die Australiese aandelebeurs gelys. BHP Billiton Plc is op die Londenbeurs genoteer en is deel van die FTSE 100 indeks.

BHP Billiton Limited & Plc
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig Broken Hill Proprietary Company Limited (BHP) 1885;
Billiton plc 1860;
samesmelting van BHP & Billiton 2001 (stigting van 'n DLC)
Hoofkantoor Melbourne, VictoriaAustralië
SleutelpersoneAndrew Mackenzie (hoof uitvoerende beampte)
Jacques Nasser (voorsitter van die Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMetale en Mynbou
ProdukteYstererts, diamante, steenkool, mangaan, goud, ru-olie, aluminium, koper, aardgas, nikkel, uraan en silwer
Inkomste$65,968 miljard (2013)
Bedryfsinkomste$19,225 miljard (2013)
Netto inkomste$11,075 miljard (2013)
Werknemers49 496 (2013)
Webwerfbhpbilliton.com

Geskiedenis

Broken Hill Proprietary Company

Die Broken Hill Proprietary Company of BHP is in 1885 gestig en het 'n silwer- en loodmyn te Broken Hill in Nieu-Suid-Wallis bedryf. In 1915 het die maatskappy ook die staalvervaardigingsbedryf betree met dié bedrywe hoofsaaklik in Newcastle geleë. Die maatskappy se korporatiewe kantore is in Melbourne, Victoria. Die maatskappy staan ook onder die bynaam "the Big Australian" bekend. Die maatskappy het met ru-olie eksplorasie in die 1960's begin en is ontdekkings in Bass Strait gemaak en het toe 'n aktiwiteit met toenemende fokus vir die maatskappy geword.

BHP het later begin diversifiseer in oorsese projekte ook. Een van die projekte was die Ok Tedi kopermyn in Papua Nieu-Guinee, waar die maatskappy deur die inheemse bevolking 'n suksesvolle regsgeding teen die maatskappy aanhangig gemaak vanweë die omgewingsskade wat deur die myn se bedrywighede veroorsaak is. BHP het meer sukses bereik met die reuse Escondida-kopermyn in Chili (57,5% aandeelhouding) en die Ekati Diamantmyn in noordelike Kanada.

Die ondoeltreffendheid van die Newcastle myn, wat teen wêreldstandaarde 'n klein vervaardiger was, het uiteindelik die myn ingehaal en is die myn in 1999 gesluit. Die "lang produkte" staalbesigheid is afgestig om OneSteel in 2000 te vorm.

In 2001 het BHP met die Billiton mynboumaatskappy saamgesmelt om BHP Billiton, die grootste mynmaatskappy in die wêreld te vorm. In 2002 is die "plat produkte" afgestig om BHP Steel te vorm. In 2003 het BHP Steel sy naam verander na BlueScope Steel.

Billiton

Billiton was 'n mynmaatskappy wat so ver terug as 29 September 1860 sy ontstaan gehad het toe die 'n raad van aandeelhouers die reëls van assosiasie in die Groot Keizerhof hotel in Den Haag, Nederland goedgekeur het. Twee maande later het die maatskappy die minerale regte verkry tot die tinryke eilande Banka en Billiton in die Indonesiese argipel aan die ooskus van Sumatra. Billiton se aanvanklike besigheidspogings het tin en loodsmelterye in Nederland ingesluit en is in die 1940's opgevolg deur bauxiet-ontginning in Indonesië en Suriname. In 1970 het Royal Dutch Shell Billiton oorgekoop en het die pas en omvang van sy vooruitgang vinnig versnel. Die tin- en loodsmelter in Arnhem, Nederland is in die 1980's gesluit.

In 1994 het Gencor die mynbou-afdeling van Billiton aangekoop met die afstroom metaalverwerkingsbesigheid uitgesluit. Billiton is toe weer van Gencor geskei in 1997. In 1997 het Billiton Plc 'n deel van die FTSE 100 indeks geword.

Tydens die 1990's en daarna het Billiton Plc ongekende groei beleef. Die maatskappy se portfolio het aluminiumsmelters in Suid-Afrika en Mosambiek ingesluit, nikkelverwerking in Australië en Colombia, basismetale in Suid-Amerika, Kanada en Suid-Afrika, steenkoolmyne in Australië, Kolombië en Suid-Afrika asook verskeie belange in bedrywe in Brasilië, Suriname, Australië (aluminium) en Suid-Afrika (titaan minerale, staal en ysterlegerings). In 2001 het Billiton Plc met Broken Hill Proprietary Company (BHP) saamgesmelt om BHP Billiton te vorm.

BHP Billiton Samesmeltings en Oornames

In Maart 2005 het BHP Billiton aangekondig dat hulle 'n VSA$7,3 miljard aanbod gemaak het vir 'n ander mynmaatskappy genaamd WMC Resources, die eienaars van die Olympic Dam uraanmyn in Suid-Australië, nikkelwerke in Wes-Australië en Queensland asook 'n kunsmisaanleg in Queensland. Die oorname het 'n 90%-aanvaarding behaal op 17 Junie 2005 en 'n 100%-eienaarskap is op 2 Augustus 2005 aangekonding met die verpligte aankoop van die oorblywende 10% se aandele.

Op 8 November 2007 het BHP Billiton aangekondig dat dit hulle mikpunt is om die Rio Tinto groep aan te koop. Die aanvanklike aanbod van 3,34 BHP Billiton aandele vir elke Rio Tinto aandeel is deur Rio Tinto se raad verwerp, omdat dit die maatskappy volgens hulle onderwaardeer het. 'n Formele vyandige bod van 3,4 BHP Billiton aandele vir elke Rio Tinto aandeel is op 6 Februarie 2008 aangekondig. Die aanbod is egter op 25 November teruggetrek vanweë die ekonomiese krisis van 2008.

Op 14 Mei 2008 het BHP Billiton-aandele rekordhoogtes van AU$ 48,90 bereik na gerugte dat die Sjinese mynmaatskappy Chinalco dit oorweeg het om 'n groot aandeel te koop.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Bhp Billiton GeskiedenisBhp Billiton VerwysingsBhp Billiton Eksterne skakelsBhp BillitonAustraliëLondenMelbourneMynbouNederlandSuid-AfrikaVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Liewe HeksieKolitisHeks van HexrivierProstaatklierBernice WestKlein-KarooWikiGalileo GalileiHeupOntwerpBelastingVK (sosiale netwerk)Google MapsOu Apostoliese KerkRooikatBybelHeuningbyCeresIrma SternPoolsEkonomie van Suid-AfrikaHoenderSuid-Afrikaanse GrensoorlogPreseminale vloeistofWoordsoortNarsismeMuishondWiki CommonsMondKoos KombuisKultuurSimboolVeelrassige pornografieKortverhaalImpakte van toerismeCovid-19-pandemieWitrenosterNarsistiese persoonlikheidsteuringVulkanismeItaliaansKonsentrasiekampMynbouEvangelies Gereformeerde KerkChristendomBergen-Belsen-konsentrasiekampJeugdagYsterKinderregteApostoliese KerkeStikstofAfkortingNierSebraEwenaarVergelykings (taalkunde)Vierde Industriële RevolusieTuisbladMensWikipediaArgentiniëGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLabia (geslagsdele)HoopQuebecCarles PuigdemontThabo MbekiGawes van die Heilige GeesHentaiAbstraksie (rekenaarwetenskap)Chemiese elementChris HaniVaste stofAnglo-BoereoorlogMenslike skeletMantisSuid-Afrikaanse PolisiediensGroente🡆 More