Kondensasie

Kondensasie is die verandering in die fisiese toestand van materie van die gas fase na die vloeibare fase en is die omgekeerde van verdamping.

Die woord verwys meesal na die watersiklus. Dit kan ook omskryf word as die verandering in die toestand van waterdamp na vloeibare water wanneer dit in aanraking kom met 'n vloeistof, 'n vaste oppervlak of wolk kondenseringskerne binne die atmosfeer. Wanneer die gas fase direk oorgaan na die soliede fase, word hierdie verandering neerslag genoem.

Kondensasie
Die vorming van kondensasie in die laedruk sone bo die vlerk van 'n vliegtuig as gevolg van adiabatiese uitsetting

Ontstaan

Kondensasie word inisieer deur die vorming van die atoom/molekulêre trosse van daardie spesie binne sy gasvolume—soos reëndruppel of sneeuvlokkie vorming binne wolke — of tydens die kontak tussen so gas fase en 'n vloeistof of vaste oppervlak.

Omkeerbaarheid scenario's

'n Aantal omkeerbaarheid scenario's kom hier na vore met betrekking tot die aard van die oppervlak:

  • opname in die oppervlak van 'n vloeistof (hetsy van dieselfde stof of een van sy oplossings)—is omkeerbaar as verdamping.
  • adsorpsie (soos doudruppels) op 'n soliede oppervlak teen druk en temperature hoër as die spesie se driepunt— is ook omkeerbaar as verdamping.
  • adsorpsie op soliede oppervlak (as aanvullende lae van die soliede) by druk en temperature laer as die spesie se driepunt—is omkeerbaar as sublimering.

Mees algemene scenario's

Kondensasie kom algemeen voor wanneer damp afkoel en/of saamgepers word tot by die versadigingslimiet wanneer die molekulêre digtheid in die gasfase sy maksimum drumpel bereik. Die toerusting wat damp verkoel en saampers om die gekondenseerde vloeistof op te gaar, word 'n kondensator genoem.

Hoe kondensasie gemeet word

Higrometrie (vogbepaling) meet die tempo van kondensasie, deur verdamping in die lugvog, teen verskillende atmosferiese druk en temperature. Water is die produk van die dampkondensasie—kondensasie is die proses van so 'n fase verandering.

Toepassings van kondensasie

Kondensasie is 'n belangrike komponent van distillasie; 'n belangrike laboratorium en industriële chemie toepassing.

Omdat kondensasie 'n natuurlike verskynsel is, kan dit dikwels gebruik word om water in groot hoeveelhede vir menslike gebruik te genereer. Baie strukture word uitsluitlik gemaak met die doel om water te versamel uit kondensasie, soos lugputte en misheinings. Sulke stelsels kan dikwels gebruik word om grondvog te behou in gebiede waar aktiewe verwoestyning plaasvind—so veel so, dat sommige organisasies opleiding verskaf rakende water kondenseerders aan mense wat in geaffekteerde gebiede woon, om hulle te help om die situasie effektief te hanteer.

Dit is ook 'n belangrike proses in die vorming van deeltjies se bane in 'n wolkkamer. In hierdie geval dien die ione as kernvormingsentrums vir die kondensasie van die damp en die verskyning van die sigbare "wolk" bane.

Biologiese aangepastheid

Talle lewende wesens maak gebruik van water wat toeganklik gemaak is deur kondensasie. 'n Paar voorbeelde van hierdie is die Australiese Bergduiwel, die Darkling-kewers van die Namibiese kus, en die rooihoutboom van die Weskus van die Verenigde State van Amerika.

Kondensasie in konstruksie van geboue

Kondensasie 
Kondensasie op 'n venster tydens 'n reënbui.

Kondensasie tydens konstruksie is 'n ongewenste verskynsel want dit kan lei tot klammigheid, muf verwante gesondheidskwessies, houtvrot, roes, verswakking van sement en baksteenmure, asook energieboetes as gevolg van verhoogde hitte-oordrag. Ter verligting van hierdie kwessies kan die binnenshuise humiditeit verlaag word, of ventilasie van lug in die gebou moet verbeter word. Dit kan op verskeie maniere gedoen word, byvoorbeeld deur vensters oop te maak, suigwaaiers aan te skakel, ontvogtigers te gebruik, klere buite te laat droogword en om potte en panne te bedek terwyl dit kook. Lugversorging of ventilasie stelsels kan geïnstalleer word wat help om vog uit die lug te verwyder en lug deur 'n gebou te laat beweeg. Die hoeveelheid waterdamp wat in die lug gestoor kan word, kan vermeerder word deur eenvoudig die temperatuur te verhoog. Dit kan egter problematies wees aangesien die meeste kondensasie in die huis plaasvind wanneer warm, vogbelaaide lug in kontak kom met 'n koel oppervlak. Soos wat die lug afkoel, kan dit nie meer soveel waterdamp hou nie. Dit lei tot die neerslag van water op die koel oppervlak. Dit kom veral voor wanneer sentrale verwarming gebruik word in kombinasie met  enkel glasvensters in die winter.

Interstrukturele kondensasie kan veroorsaak word deur termiese brûe, onvoldoende of ontbrekende isolasie, dampdigting of geïsoleerde glas.

  • Lugput (kondensator)
  • Bose-Einsteinkondensaat
  • Wolkfisika
  • Kondensator (hitte-oordrag)
  • DNA kondensasie
  • Kelvin vergelyking
  • Fasediagram
  • Faseverandering
  • Retrogressiewe kondensasie
  • Oppervlakkondensator
  • Die vloeibaarwording van gasse

Verwysings

Tags:

Kondensasie OntstaanKondensasie Omkeerbaarheid scenariosKondensasie Mees algemene scenariosKondensasie Hoe kondensasie gemeet wordKondensasie Toepassings van kondensasieKondensasie Biologiese aangepastheidKondensasie in konstruksie van geboueKondensasie VerwysingsKondensasieAarde se atmosfeerGasToestand van materieVerdampingVloeistof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HondSuid-SothoGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSiya KolisiSlag van BloedrivierBrandbergCorioliskragPoësieTuisbladVierde Industriële RevolusieNavorsingTienerKameelperdVarkgriepMaagDirekte en Indirekte redeMiddelmisbruikWapen van NamibiëAardeRenaissanceKolitisWortelNoord-Sotho (taal)Lys van Joodse feeste en herdenkingsRugbywêreldbeker 2023MateriaalSteve BikoSpinnekopPreseminale vloeistofPornhubDubbelpuntSomerHindoeïsmeGrondTelkomOu Apostoliese KerkAardbewingErfenisBreinEmfiseemRudi ClaaseJan-Willem BreureRobert SobukweBreinvliesontstekingAnrich HerbstHeks van HexrivierAnale seksVoegwoordSonnetJode in Suid-AfrikaVarkBronadresUnited Democratic FrontJaarSenuweestelselSkaapPinksterChapmanspiek-rylaanOnderwerp (taalkunde)Geskiedenis van kindermishandelingVakbondJSEKontinentKweekhuiseffekEiffeltoringOlifantKunstenaarFibonacci-reeksHerpes simplexGriekwa-AfrikaansWiki CommonsAntoniemAfkorting🡆 More