Wiki Afrikaans 2023: Spesiaal:Soek
AFWiki Tiếng ViệtWiki English

Kletsrym of rap is 'n musiekstyl wat "rym, ritmiese spraak en straattaal" insluit. Dit word uitgevoer of gesing, gewoonlik oor 'n agtergrondmaat of musikale begeleiding. Die komponente van rap sluit in "inhoud" (wat gesê word), "vloei" (ritme, rym), en "aflewering" (kadens, toon). Kletsrym verskil van gesproke-woord-poësie deurdat dit gewoonlik aftyds met musikale begeleiding uitgevoer word. Rap is 'n primêre bestanddeel van Hip-hop musiek wat algemeen met daardie genre geassosieer word; die oorsprong van rap het egter baie jare voor die hip-hop- kultuur gekom.

Jack Parow tydens 'n optrede.

'n Persoon wat kletsrym beoefen, word 'n kletsrymer of rapper genoem. Die kletsrymer vertel 'n storie of dra 'n gedig op ritmiese wyse voor.

Van die bekendste kletsrymers in Suid-Afrika is Jack Parow, HemelBesem en Die Antwoord.

Die kletsrymer KRS-One.

This article uses material from the Wikipedia article Kletsrym, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wikimedia Foundation, Inc. Wiki (duhoctrungquoc.vn) is an independent company and has no affiliation with Wikimedia Foundation.