Weeluis (ˈve:lɶys), ook wandluis (ˈvantlɶys), is ’n klein, plat en ovaal bloedsuiende insek met ’n rooibruinerige kleur, verkorte vlerke en ’n slegte reuk.
Die weeluis bewoon huise, veral beddens. Dit kruip gedurende die dag weg en kom saans uit om die bloed van mense en ander soogdiere te suig. Afhangende van die temperatuur en voedselbron kan twee tot vier geslagte jaarliks voortplant. Die larwes lyk soos die volwassenes en word binne 11 weke geslagsryp.
Weeluis | |
---|---|
Cimex lectularius | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Hemiptera |
Suborde: | Heteroptera |
Infraorde: | Cimicomorpha |
Superfamilie: | Cimicoidea |
Familie: | Cimicidae Latreille, 1802 |
Subfamilies, Genera & Spesies | |
Subfamilie Afrociminae
Subfamilie Cimicinae
Subfamilie Cacodminae
Subfamilie Haematosiphoninae
Subfamilie Latrocimicinae
Subfamilie Primicimicinae
|
Wetenskaplike klassifikasie: die weeluis hoort tot die familie Cimicidae. Die gewone weeluis word as Cimex lecturalius geklassifiseer.
Weeluis is afkomstig uit die Nederlandse "weegluis" (Middelnederlands weechluus) 'n samestelling van "weech" 'muur' en luis 'luis', so genoem omdat die luis dikwels teen die muur agter vloerlyste aangetref word. Weech se betekenis kan ook met wand (die binnesy van 'n ruimte of muur) oorvleuel.
Hierdie Middelnederlandse weech stem dan ook ooreen met die Oudfriese wāg, Oudengelse wág; Oudnoorse veggr en die Gotiese waddjus. Weeluis sluit dan ook aan by die Noorse veggedyr, die Deense væggelus en die Sweedse vägglus.
Dieselfde weegluis het ook die vorme weechluys en weekluis gehad en is nouliks verwant aan walluus en wantluus/wandluys, laasgenoemdes die voorgangers van wandluis Die vorm weekluis word ná die 17de eeu slegs nog as gewestelik in Vlaams-België gebesig.
Bedwants is reeds in 1858 as Germanisme in die Moderne Nederlandse taal opgeteken:
In de jongere taal als term in de dierkunde, waarin "wants" uit het Hoogduitsch is overgenomen; in zuiver Nederlandsch zegt men weegluis, ook wandluis.
So ook in 1873:
De beruchte beddewants of weegluis (lat. cimex lectularius) … (houdt) in reten van muren en houtwerk haar verblijf, van waar zij 's nachts te voorschijn komt om het bloed van slapende menschen of dieren te zuigen
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Weeluis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.