Zimbabwiese Rugbyunie

Die Zimbabwiese Rugbyunie (Engels: Zimbabwe Rugby Union, afgekort “ZRU”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Zimbabwe beheer.

Die beheerliggaam is in 1895 gestig en in Harare gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Zimbabwe by Wêreldrugby en ook by Rugby Afrika (“RA”).

Zimbabwiese Rugbyunie
Kenteken van die Zimbabwiese Rugbyunie
Kenteken van die Zimbabwiese Rugbyunie
Engelse naam Zimbabwe Rugby Union
Afkorting ZRU
Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1895
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1987
Vastelandse beheerliggaam Rugby Afrika
President Aaron Jani
Setel Harare, Namibië
Amptelike taal Engels

Geskiedenis

In 1895 is die beheerliggaam Rhodesiese Rugbyvoetbalunie (Rhodesia Rugby Football Union, RRFU) gestig. In 1980 is dit in Zimbabwiese Rugbyunie (Zimbabwe Rugby Union, ZRU) hernoem. Sewe jaar later het die Zimbabwiese Rugbyunie ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens is die Zimbabwiese Rugbyunie ’n lid van die kontinentale beheerliggaam Rugby Afrika.

Taak

Die Zimbabwiese Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Zimbabwe se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die Sables), vroue en jeug. Die ZRU hou ook toesig oor sewesrugby in Zimbabwe en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Zimbabwiese Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die Zimbabwiese Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Die Zimbabwe Sevens is die Zimbabwiese sewesrugbyspan. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Die aantal skole wat rugby aanbied, is om historiese redes egter klein. Dit is veral privaat skole wat op die behoeftes van ’n klein hoër- en middelklas gemik is en deur die bevolkingsmeerderheid nie bekostig kan word nie. Net soos ander rugbylande beskik Zimbabwe oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Vanweë die swak strukture beskik Zimbabwe slegs oor ’n klein rugbyliga, die Super Six Rugby League met ses spanne. Spelers met groter ambisies draf uit vir die keurspan Zimbabwe Goshawks wat aan die Suid-Afrikaanse Curriebeker deelneem en sy tuiswedstryde tydens dié toernooi in Kaapstad beslis. Sedertdien is die meeste spelers van die Zimbabwiese nasionale span uit dié keurspan afkomstig of speel vir ander Suid-Afrikaanse spanne. Van die ander spelers is veral in Europa aktief.

Kenteken

Die beheerliggaam Zimbabwiese Rugbyunie se kenteken toon ’n goue Zimbabwiese voël (die wapendier van die land) op ’n rooi ster, soos dit op die vlag van Zimbabwe verskyn. Die nasionale span se bynaam is Sables, ontleen aan die swartwitpens, wat in Engels sable antelope genoem word.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Zimbabwiese Rugbyunie GeskiedenisZimbabwiese Rugbyunie TaakZimbabwiese Rugbyunie KentekenZimbabwiese Rugbyunie Sien ookZimbabwiese Rugbyunie VerwysingsZimbabwiese RugbyunieEngelsHarareRugbyRugby AfrikaSewesrugbyWêreldrugbyZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LugbesoedelingGewone slakvreterBesoedelingKoos KombuisNieuwoudtvilleKankerKunsmatige intelligensieKopielinksBeesvleisMenslike seksuele gedragBreinWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDie Stem van Suid-AfrikaToerismeAlbert EinsteinMelaatsheidAfkortingBeesChirurgieBloemfonteinMasizole MnqaselaAppendiksJagluiperdGroot GatSirkusMeningsverskil oor aardverwarmingDurbanMutasieAnrich HerbstMaanIsraelGoudHadjInfeksieAnneli van RooyenPortugalGeboorteRooms-Katolieke KerkViëtnamoorlogGevolge van aardverwarming op oseaneOppervlakteWortelBinnelandersWatersuiweringVierkantswortelGoogle MapsDemokrasieGeslagsorgaanArmoedeverligtingLongontstekingPenisverlengingNasiebouDie GelofteHartversakingXHTMLVoorsetselPoleBorskankerMonopolieNasionale lied van Suid-AfrikaSoortnaamLeonardo da VinciSkaapEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVier temperamenteKaapstadTamatieWinterMielieAristotelesGronddegradasieSebraDesimale breukePlaasjapieIndustriële RevolusieApostoliese GeloofsbelydenisFiets🡆 More