Wêreldrugby

Wêreldrugby (Engels: World Rugby), tot in November 2014 bekend as die Internasionale Rugbyraad (afgekort “IRR”; Engels: International Rugby Board (IRB), is die wêreldwye bestuursliggaam wat die reëls van rugby beheer.

Die liggaam is in 1886 in die lewe geroep as die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) deur die Skotse, Walliese en Ierse rugbyunies. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het aanvanklik geweier om aan te sluit, maar hulle het in 1890 die eerste niestigtingslid geword wat aangesluit het. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het in 1949 volle lede geword en in 1978 het Frankryk gevolg. In 1987 is Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi om aan die eerste rugbywêreldbekertoernooi deel te neem wat gepaard gegaan het met lidmaatskaap. Tussen 1987 en 1999 het ’n verdere tagtig lede gevolg. Die raad is in 1998 herdoop tot die Internasionale Rugbyraad en het in November 2014 sy huidige naam aangeneem. Wêreldrugby se hoofkantoor is in Dublin, Ierland, gesetel. Die amptelike tale is Engels, Frans, Italiaans en Spaans. Wêreldrugby se huidige voorsitter is die Franse rugbyadministrateur Bernard Lapasset.

Wêreldrugby
Kenteken van Wêreldrugby
Kenteken van Wêreldrugby
Engelse naam World Rugby
Land wêreldwyd
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1886
Gestig in Dublin, Ierland
Gestig deur IRFU, SRU en WRU
Voorsitter Bill Beaumont
Adjunkvoorsitter Bernard Laporte
Hoof- uitvoerende beampte Alan Gilpin
Setel Dublin, Ierland
Lede 114 lidunies
18 geassosieerde unies
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike tale Engels, Frans, Italiaans en Spaans
Amptelike webwerf world.rugby
Wêreldrugby
Kenteken van die Internasionale Rugbyraad tot November 2014

Wêreldrugby het 132 lede, waarvan 114 unies as volle lede en 18 geassosieerde lede. Die vollede-unies vergader twee keer per jaar en die plaaslike verenigings hou gereelde vergaderings. Die Raad reël van die sport se internasionale kompetisies, met die Rugbywêreldbeker (wat elke vier jaar plaasvind) as die gewildste en winsgewendste toernooi soos blyk uit die £81,8 miljoen bruto inkomste wat tydens die 2003-toernooi geïn is. Hulle organiseer ook die Wêreldrugby o/20-kampioenskap en die Wêreldrugby o/20-trofee. Wêreldrugby hou ook toesig oor Sewesrugby wêreldwyd en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) saam.

Die Raad verskaf ook geld aan die rugbyspanne van kleiner lande, soos die Suidsee-Eilandspanne, wat nie genoegsame eie inkomste kan genereer nie.

Konfederasies

Wêreldrugby 
Lid- en geassosieerde rugbyunies van Wêreldrugby

   Affiliasies

   Geassosieerde unies

Wêreldrugby het ses konfederasies as lid, naamlik:

Deelnamesyfers

Wêreldrugby se grootste lede volgens aantal deelnemers in 2019:

  1. Wêreldrugby  Engeland (2,11 miljoen)
  2. Wêreldrugby  Verenigde State (1,48 miljoen)
  3. Wêreldrugby  Suid-Afrika (692 000)
  4. Wêreldrugby  Frankryk (533 000)
  5. Wêreldrugby  Australië (477 000)
  6. Wêreldrugby  Japan (296 000)
  7. Wêreldrugby  Colombia (266 000)
  8. Wêreldrugby  Fidji (225 000)
  9. Wêreldrugby  Kanada (217 000)
  10. Wêreldrugby  Volksrepubliek China (215 000)
  11. Wêreldrugby  Ierland (210 000)
  12. Wêreldrugby  Skotland (182 000)
  13. Wêreldrugby  Brasilië (174 000)
  14. Wêreldrugby  Argentinië (161 000)
  15. Wêreldrugby  Nieu-Seeland (156 000)
  16. Wêreldrugby  Kenia (123 000)
  17. Wêreldrugby  Spanje (114 000)
  18. Wêreldrugby  Rusland (109 000)
  19. Wêreldrugby  Wallis (108 000)
  20. Wêreldrugby  Sri Lanka (96 000)

Verwysings

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker Wêreldrugby 

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Wêreldrugby KonfederasiesWêreldrugby DeelnamesyfersWêreldrugby VerwysingsWêreldrugby Eksterne skakelsWêreldrugbyAmptelike taalArgentynse nasionale rugbyspanDublinEngelsEngelse RugbyvoetbalunieFidjiaanse nasionale rugbyspanFransFranse RugbyfederasieIerlandIerse RugbyvoetbalunieItaliaansItaliaanse nasionale rugbyspanJapannese nasionale rugbyspanKanadese nasionale rugbyspanNieu-Seeland RugbyRoemeense nasionale rugbyspanRugbyRugby AustraliaRugbywêreldbeker 1987Skotse RugbyunieSpaansSuid-Afrikaanse RugbyunieTongaanse nasionale rugbyspanVerenigde State se nasionale rugbyspanWalliese RugbyunieZimbabwiese nasionale rugbyspan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekByung-Chul HanLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNic de JagerMieliestronkErfenisKondensasieGroot DepressieAnale kankerToekoms van die AardeVloeistofNoord-KaapWikimedia-stigtingMetaalSuid-Afrikaanse randErica BoyerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGrondWaterkringloopInligtingSilwerSkaapKwaZulu-NatalLidwoordKarretjiemenseWeervoorspellingEjakulasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024HoofkarakterMisdaadJewgeni PrigozjinKoue OorlogVlag van Suid-AfrikaNatuurbewaringMielieSkarlakenkoorsCarike KeuzenkampPrimêre sektor van die ekonomieAkroniemProksemikaGroot Trek3D-rolprentAnneli van RooyenCovid-19-pandemieRobbeneilandChristendomBladwisselendBloutongsiekteC.J. LangenhovenWolkVigsDoopEuropaRacheltjie de BeerLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsVrou633HoopDramaVulkaanKoolhidraatWitbloedselGeskiedenis van kindermishandelingKoos du PlessisKersfeesKlem-in-die-kaakRefentse MorakeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSenuweestelselElon MuskCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSwawelPenisSpinnekop🡆 More