Vierkantswortel

Die vierkantswortel van 'n getal is 'n tweede getal met die eienskap dat die tweede getal gemaal met homself gelyk is aan die oorspronklike getal.

Dit is die teenoorgestelde (inverse) van 'n kwadraat in die sin dat die vierkantswortel van 'n getal se kwadraat weer die oorspronklike getal is. Op 'n soortgelyke wyse is die kwadraat van die vierkantswortel ook gelyk aan die oorspronklike getal.

Vierkantswortel
Wiskundige uitdrukking vir die vierkantswortel van x.

Wiskundige formulering

Die vierkantswortel van 'n getal y, is 'n getal x met die eienskap:

    Vierkantswortel 

'n Ander manier om hierdie verhouding te skryf is:

    Vierkantswortel 

Waar die vierkantswortelsimbool Vierkantswortel  die operasie of proses aandui wat die vierkantswortel van y bepaal.

As 'n eenvoudige voorbeeld kan mens opmerk dat:

    Vierkantswortel 

En dus kan mens sê dat die vierkantswortel van 16 gelyk is aan 4:

    Vierkantswortel 

Die vergelyking:

    Vierkantswortel 

het nogtans twee wortels: 4 en -4. Die definisie van die vierkantswortel hou egter in dat ons net die een positiewe wortel kies:

    Vierkantswortel 

Oorsprong van die naam

Die term vierkantswortel verwys na die meetkundige probleem waar die lengte van 'n vierkant se sye bepaal moet word indien die oppervlakte van die vierkant reeds bekend is. In so 'n geval is die sylengte gelyk aan die vierkanstwortel van die oppervlak.

Bepaling van vierkantswortels

Daar is nie 'n eenvoudige uitdrukking of formule om die vierkantswortel van 'n getal te bepaal nie. Maar daar is verskeie formules wat gebruik kan word om 'n die vierkantswortel se waarde te benader. Die bepaling van vierkantswortels was van groot praktiese en historiese belang gewees, en akkurate benadermetodes bestaan al sedert die antieke Babilonieërs en Grieke.

Oor die algemeen kan hierdie formules iteratief toegepas word: Hulle neem 'n geskatte waarde vir die vierkantswortel en gebruik die formule om 'n beter benadering te kry. Deur so 'n formule oor en oor toe te pas kan mens so na aan die werklike antwoord kom as wat jy wil. Moderne rekenaars (en sakrekenaars) maak van sulke iteratiewe metodes gebruik.

Die oudste bekende metode is die sogenaamde Babiloniese metode, wat ook soms as Heron se metode bekend staan, en in werklikheid 'n spesiale geval van die Newton-Raphson-metode is (alhoewel dit 1600 jaar voor Newton al in gebruik was). Die grondslag vir die metode is die waarneming dat indien die geskatte waarde vir die vierkantswortel, Vierkantswortel  ,'n bietjie te klein is, dan sal Vierkantswortel  weer 'n bietjie te groot wees. As mens dus die gemiddelde waarde van hierdie twee neem, dan behoort dit 'n beter benadering vir die vierkantswortel te gee:

Vierkantswortel  waar y die vierkanstwortel van x benader

Hierdie formule neem dus 'n rowwe skatting vir die vierkantswortel Vierkantswortel , en gee 'n verbeterde benadering Vierkantswortel .

Voorbeeld:

Gestel ons wil die vierkantswortel van 10 bepaal, en ons weet dat 3 'n goeie eerste skatting is aangesien Vierkantswortel . Stel dan Vierkantswortel  en gebruik die formule om 'n beter skatting te bekom:

Vierkantswortel  (en let op dat Vierkantswortel )

Ons kan dit nou nog 'n keer doen. Stel Vierkantswortel  en gebruik die formule weer:

Vierkantswortel  (en let op dat Vierkantswortel )

Hierdie waarde is tot 4 desimale plekke gelyk aan die regte antwoord.

Wortels van negatiewe getalle

Dit is moontlik om ook wortels van negatiewe getalle te definieer, deur die imaginêre getal i te gebruik:

    Vierkantswortel 
    Vierkantswortel 

Opnuut verwerp ons die negatiewe oplossing

    Vierkantswortel 

Dit het tot gevolg dat:

    Vierkantswortel 

Ons kan mos skryf:

    Vierkantswortel 

Terwyl:

    Vierkantswortel 

Tags:

Vierkantswortel Wiskundige formuleringVierkantswortel Oorsprong van die naamVierkantswortel Bepaling van vierkantswortelsVierkantswortel Wortels van negatiewe getalleVierkantswortelGetalKwadraat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SinoniemIrma SternRoesKletsrymMag (sosiale wetenskappe)KatoenMarie AntoinetteMurraysburgWiskundeProteaVolstruisSendelingposisieVars waterLimfvatstelselPirow BekkerGewone luislangCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaResensieDemi Lee MooreMangelontstekingIntensiewe vormEendbekdierKweekhuisgasTandbederfWikiKlinkerRookgewoonteSeksismeSteve BikoVaalrivierSelfstandige naamwoordHaaieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AlkoholismeCurly HowardSpreeuCoca-ColaSkarlakenkoorsWet op Bantoe-onderwysSuid-AfrikaLionel MessiAtoomBywoordOnse VaderKolorektale kankerToerismeGordelroosDuitse maselsKunsmatige intelligensieAB de VilliersDigtheidMantisVolksrepubliek ChinaBronsWetenskaplike klassifikasieSuid-Afrikaanse GrensoorlogDuitsNeurenberg-verhoreHaasSweedsDierOmtrek, oppervlakte en volumeKonflik (proses)JagluiperdDysselsdorpKrokodilStaalBrongitisJohann de LangeKoorsblaarBevolkingPornografiePaarl GimnasiumFrankrykDuitslandSwart mense🡆 More