Kwadraat

Die kwadraat (van Latyns: quadratus, vierkant) van 'n getal is die tweede mag van die getal.

Die kwadraat word verkry deur die getal met homself te vermenigvuldig. As voorbeeld, die kwadraat van 6 is 6×6 = 36.

Die verband tussen kwadrate en vierkante word duidelik as mens dink dat die oppervlakte van 'n vierkant gelyk is aan die kwadraat van die lengte van die sye.

Voorbeelde:

    1² = 1 × 1 = 1
    3² = 3 × 3 = 9
    12² = 12 × 12 = 144
    (−3)² = (−3) × (−3) = 9

Die inverse van die kwadraat van nie-negatiewe getalle is die vierkantswortel.

'n Aantal merkwaardige produkte bestaan uit kwadrate:

Dit is ook interessant dat die som van opvolgende onewe getalle die kwadrate lewer:

  • 1² = 1
  • 2² = 1 + 3
  • 3² = 1 + 3 + 5
  • 4² = 1 + 3 + 5 + 7
  • 5² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9
  • 6² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9 + 11
  • 7² = 1 + 3 + 5 + 7 + 9 + 11 + 13
  • ens.

Hierdie verhoudings kan ook geskryf word as:

  • 1² = 1
  • 2² = 1 + 1 + 2
  • 3² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3
  • 4² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + 4
  • 5² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + 4 + 4 + 5
  • ens.

So is:

  • 26² = 1 + 1 + 2 + 2 + 3 + 3 + ... + 25 + 25 + 26 = 25² + 25 + 26

Mens kan hierdie verhoudings maklik begryp deur die bybehorende vierkante te teken:

  x  x ... x  o  |   x  x ... x  o  |   .  . ... .  .  26   x  x ... x  o  |   o  o ... o  o  |    <---25---> 

Sien ook

Tags:

LatynMagsverheffing

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Omgewingskwessies in Suider-AfrikaLugbesoedelingSeksuele stimulasieRobert SobukweKlawers (speelkaarte)PinksterLeah van NiekerkNamibiëKoggelmanderToestand van materieKoolhidraatAnrich HerbstByvoeglike naamwoordAfleiding (taalkunde)IsraelErektiele disfunksieTsoenamiTegnologieOorstromingSonsteekVaste stofBeesEugenetikaPseudowetenskapErfenisdag (Suid-Afrika)Wet op NaturellengrondSelfmoordHartKarlien van JaarsveldNederduitse Gereformeerde KerkMusiekteaterJan-Willem BreureGeelsugWetenskaplike klassifikasieJoseph LynchApostelAardbewingKinderregteSinoniemNederduitsch Hervormde KerkBlaarRentePaasfeesTweede Nuwe JaarEmosiePenisReënNierversakingUitwerking van klimaatsveranderingSteentydperkWerkersdagNasionalismeHoenderLandbouJudaïsmeSekondêre sektor van die ekonomieKondensasieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaDoopSelfstandige naamwoordBeenbreuke en ontwrigtingsKlimaatveranderingTrekarbeidSwawelEmfiseemOrkney Snork NieMuskeljaatkatNeurenberg-verhoreWoordeboek van die Afrikaanse TaalElzette MaarschalkStilleweMelaatsheidSpysverteringstelselAuschwitz-konsentrasiekampSatellietfoto🡆 More