Wiki Afrikaans 2022: Carles Puigdemont
AFVietnameseEnglish
    Hierdie artikel handel oor die Rugbykompetisie in Suid-Afrika. Vir die voorheen gelyknamige Krieketkompetisie in Suid-Afrika, sien Sunfoilreeks.

Die Curriebekertoernooi (tot 2015 ook bekend as die ABSA Curriebeker weens borgskapvereistes) is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslike rugbykompetisie wat agt provinsies of streke binne ’n provinsie verteenwoordig. Alhoewel dit die belangrikste plaaslike kompetisie is, ding Suid-Afrikaanse spanne ook jaarliks in Superrugby mee.[1]

Curriebeker
2021 Curriebeker Premierafdeling
Beskrywing.
Die Curriebeker se kenteken

SportsoortRugby
Gestig1891
EienaarSuid-Afrikaanse Rugbyunie
Inwydingseisoen1892
Deelnemende landeVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
DivisiesPremierafdeling
Eerste afdeling
Aantal spannePremierafdeling: 7
Eerste afdeling: 7
Mees onlangse kampioenPumas (2022)
Verwante kompetisiesRugby-uitdaagreeks
Borg(e)Carling

Die Curriebeker dateer so ver terug as 1889 en is een van die oudste rugbykompetisies ter wêreld. Die toernooi word as die hoeksteen van Suid-Afrika se rugby-erfenis beskou. Tussen 1892 en 1966 is daar op ongereelde grondslag om die beker meegeding, maar sedert 1968 word 'n wenner jaarliks bepaal. Dié goue trofee is steeds die hoogste prys in plaaslike Suid-Afrikaanse rugby.

Geskiedenis

Die kompetisie het sy nederige begin as ’n interdorp-kompetisie in 1884 gehad, maar toe die Suid-Afrikaanse Rugbyraad in 1889 gestig is, is besluit om ’n nasionale kompetisie te organiseer wat spanne van al die groot unies sou insluit. Die unies wat deelgeneem het was die Westelike Provinsie, Griekwaland-Wes, Transvaal en Oostelike Provinsie. Die eerste toernooi is in Kimberley gehou en is deur die Westelike Provinsie gewen. Die wenprys was ’n silwer beker wat geskenk is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyraad, wat nou in die SA Rugbymuseum in Kaapstad te sien is.

Die huidige goue beker is in 1892 in gebruik geneem. Sir Donald Currie, die skeepsmagnaat, het dit aan W.E. Maclagan, kaptein van die eerste toerspan uit die Britse Eilande na Suid-Afrika, toevertrou op die vooraand van hulle vertrek na Suid-Afrika. Maclagan sou die trofee aan die eerste span toeken wat die toerspan kon klop. Daarna moes dit ’n wisseltrofee vir die Suid-Afrikaanse provinsiale kampioenspan word. Die toerspan het al sy wedstryde gewen, maar nogtans die trofee oorhandig aan Griekwaland-Wes, wat met net 3-0 verloor het. Sir Donald het ook trofeë aan verskeie ander Suid-Afrikaanse sportsoorte geskenk, insluitende krieket, sokker, swem en waterpolo, maar net die rugbytoernooi het onder die oorspronklike naam voortgegaan.

Terwyl plaaslike unies reeds van 1892 om die Curriebeker meegeding het, het dit ’n paar dekades geduur voordat ’n amptelike kompetisie tot stand gebring is. Ná jare van geleentheidstoernooie wat deur die Westelike Provinsie oorheers is, het Suid-Afrika se belangrikste kompetisie met groot verwagting in 1968 afgeskop. In daardie jaar het Noord-Transvaal, onder leiding van die legendariese Frik du Preez, Transvaal met 16-3 in die eindronde gewen, wat ’n era van algehele oorheersing deur die Pretorianers ingelyf het waarin hulle die Curriebeker 16 keer gewen het en drie keer die titel gedeel het. Hierdie besonderse prestasie sou waarskynlik nie moontlik gewees het sonder die kundigheid van Naas Botha nie. Hy kon die spel meesterlik beheer met uitmuntende taktiese bewustheid deur ’n loopbaan wat oor drie dekades gestrek het. Botha kon manalleen opponerende spanne op hul knieë dwing en hy het in 1987 al Noord-Transvaal se 24 punte teenoor Transvaal se 18 in die eindronde aangeteken.

Sedertdien het die Curriebeker ’n jaarlikse kompetisie geword met net een span wat Noord-Transvaal se oorheersing kon teenstaan – die Westelike Provinsie. Feesvierings het in Kaapstad uitgebreek toe die Westelike Provinsie Noord-Transvaal met 24-7 in die eindronde van 1982 gewen het, wat die Westelike Provinsie se eie goue era ingelyf het. Curriebekerhelde soos Faffa Knoetze, Calla Scholtz en die stoomroller-vleuel Neil Burger het verseker dat die Beker vir vyf jaar in Kaapstad gebly het voordat dit weer terug noorde toe is.

Met die keer van die dekade is Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners getrakteer op twee van die mees onvergeetlike Curriebeker-eindrondes. In 1989 het die vleuel Carel du Plessis ’n drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk om te verseker dat die Beker met Noord-Transvaal gedeel is. Die telling was 16-elk. Die daaropvolgende jaar was die gevoel dat Noord-Transvaal net moes opdaag om teen Natal te wen. Die piesangboere het egter ’n opskudding veroorsaak toe hulle, geïnspireer deur die losskakel Joel Stransky, die wedstryd met 18-12 gewen het. Die 1990’s het ook gesien hoe Natal asook Transvaal, onder kapteinskap van Francois Pienaar sterker word, maar sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport in 1992 het die belangrikheid van die Curriebeker stelselmatig afgeneem.

Deesdae is die kompetisie in die skadu van Superrugby en die Rugbykampioenskap in terme van belangrikheid vir Suid-Afrika se topspelers. ’n Mens hoef egter net te kyk na die glimlagte op spelers se gesigte wanneer hulle die Curriebeker wen, om te bevestig dat die Curriebeker steeds ’n spesiale plek het in die harte van Suid-Afrikaanse rugbyspelers en -toeskouers.

Vir die 2013-seisoen was die prysgeld soos volg bepaal:

  • Wenner van die premierafdeling: R1,8 miljoen
  • Naaswenner van die premierafdeling: R1,2 miljoen
  • Wenner van die eerste afdeling: R1 miljoen
  • Naaswenner van die eerste afdeling: R500 000
  • Wenner van die o/21 A-afdeling: R200 000
  • Naaswenner van die o/21 A-afdeling: R50 000
  • Wenner van die o/19 A-afdeling: R200 000
  • Naaswenner van die o/19 A-afdeling: R50 000

In 2016 en 2017 het die Welwitschias van Namibië aan die Curriebeker deelgeneem.[2][3] In 2019 het die Argentynse Jaguares XV aan die Curriebeker deelgeneem. In 2020 het die Georgiese span Tbilisi Caucasians aan die Curriebeker deelgeneem.[4] In 2022 het die Georgiese span Black Lions, die Keniaanse span Simbas en die Zimbabwiese span Zimbabwe Goshawks in die eerste afdeling meegeding.[5]

Trofee

 
Die Curriebekertrofee

Die trofee waarom jaarliks meegeding word is deur sir Donald Currie, eienaar van die Union-Castle-Redery, aan die toerspan van die Britse Eilande geskenk. Sy instruksies aan die span was om die trofee te oorhandig aan die span wat die beste wedstryd teen die besoekers gespeel het, en na ’n moedige stryd het Griekwaland-Wes die eerste ontvangers van die Curriebeker geword. Die trofee is vandag nog die heilige graal van Suid-Afrikaanse rugby.

Aan die einde van 2012 is die trofee na Garrard van Londen, die Kroonjuweliers en oorspronklike vervaardigers, gestuur om gerestoureer te word. Die trofee, wat in 1875 vervaardig is, se handvatsel is in ere herstel en die trofee het ook weer sy goue glans aangeneem.[6]

Spanne

 
Kaart van Suid-Afrika wat die grense van die Curriebekerspanne aandui

Suid-Afrika is tans verdeel in 14 unies. Vier trek spelers van ’n hele provinsie:

Daar is twee unies in die Oos-Kaap:

en ook in die Vrystaat:

Daar is drie unies in die Wes-Kaap:

Gauteng het twee unies wat eksklusief van dele van daardie provinsie spelers kry:

Laastens is daar een unie wat gedeeltelik spelers van Gauteng asook ’n hele provinsie kry:

Uitslae

SeisoenTuisspanTellingBesoekerWedstrydplek
1889Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1892Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1894Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1895Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1897Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1898Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1899[1]Griekwaland-WesN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1904Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1906Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1908Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1911Griekwaland-WesN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1914Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1920Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1922TransvaalN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1925Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1927Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1929Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1932Grens/Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1934Grens/Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1936Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1939Westelike Provinsie6–17TransvaalNuweland, Kaapstad
1946Noord-Transvaal11–9Westelike ProvinsieLoftus Versfeld, Pretoria
1947Westelike Provinsie16–12TransvaalNuweland, Kaapstad
1950Transvaal22–11Westelike ProvinsieEllispark, Johannesburg
1952Boland9–11TransvaalWellington
1954Westelike Provinsie11–8Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1956Natal8–9Noord-TransvaalKings Park-stadion, Durban
1957/59[2]Westelike ProvinsieN.v.t.N.v.t.N.v.t.
1968Noord-Transvaal16–3TransvaalLoftus Versfeld, Pretoria
1969Noord-Transvaal28–13Westelike ProvinsieLoftus Versfeld, Pretoria
1970Griekwaland-Wes11–9Noord-TransvaalDe Beers-stadion, Kimberley
1971Transvaal14–14Noord-TransvaalEllispark, Johannesburg
1972Oos-Transvaal19–25TransvaalPam Brink-stadion, Springs
1973Noord-Transvaal30–22Oranje-VrystaatLoftus Versfeld, Pretoria
1974Noord-Transvaal17–15TransvaalLoftus Versfeld, Pretoria
1975Oranje-Vrystaat6–12Noord-TransvaalVrystaatstadion, Bloemfontein
1976Oranje-Vrystaat33–16Westelike ProvinsieVrystaatstadion, Bloemfontein
1977Noord-Transvaal27–12Oranje-VrystaatLoftus Versfeld, Pretoria
1978Oranje-Vrystaat9–13Noord-TransvaalVrystaatstadion, Bloemfontein
1979Westelike Provinsie15–15Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1980Noord-Transvaal39–9Westelike ProvinsieLoftus Versfeld, Pretoria
1981Noord-Transvaal23–6Oranje-VrystaatLoftus Versfeld, Pretoria
1982Westelike Provinsie24–7Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1983Westelike Provinsie9–3NatalNuweland, Kaapstad
1984Westelike Provinsie19–9Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1985Westelike Provinsie22–15Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1986Westelike Provinsie22–9TransvaalNuweland, Kaapstad
1987Transvaal18–24Noord-TransvaalEllispark, Johannesburg
1988Noord-Transvaal19–18Westelike ProvinsieLoftus Versfeld, Pretoria
1989Westelike Provinsie16–16Noord-TransvaalNuweland, Kaapstad
1990Noord-Transvaal12–18NatalLoftus Versfeld, Pretoria
1991Noord-Transvaal27–15TransvaalLoftus Versfeld, Pretoria
1992Transvaal13–14NatalEllispark, Johannesburg
1993Natal15–21TransvaalKings Park-stadion, Durban
1994Oranje-Vrystaat33–56TransvaalSpringbokpark, Bloemfontein
1995Natal25–17Westelike ProvinsieKings Park-stadion, Durban
1996Goue Leeus[3]15–33Natalse Haaie[4]Ellispark, Johannesburg
1997Westelike Provinsie14–12Vrystaat Cheetahs[5]Nuweland, Kaapstad
1998Blou Bulle[6]24–20Westelike ProvinsieLoftus Versfeld, Pretoria
1999Natalse Haaie9–32Goue LeeusKings Park-stadion, Durban
2000Natalse Haaie15–25Westelike ProvinsieABSA-stadion, Durban
2001Westelike Provinsie29–24Natalse HaaieNuweland, Kaapstad
2002Goue Leeus7–31Blou BulleEllispark, Johannesburg
2003Blou Bulle40–19Natalse HaaieLoftus Versfeld, Pretoria
2004Blou Bulle42–33Vrystaat CheetahsLoftus Versfeld, Pretoria
2005Blou Bulle25–29Vrystaat CheetahsLoftus Versfeld, Pretoria
2006Vrystaat Cheetahs28–28Blou Bulle[7]Vodacompark, Bloemfontein
2007Vrystaat Cheetahs20–18Goue LeeusVodacompark, Bloemfontein
2008Natalse Haaie14–9Blou BulleABSA-stadion, Durban
2009Blou Bulle36–24Vrystaat CheetahsLoftus Versfeld, Pretoria
2010Natalse Haaie30–10Westelike ProvinsieABSA-stadion, Durban
2011Goue Leeus42–16Natalse HaaieEllispark, Johannesburg
2012Natalse Haaie18–25Westelike ProvinsieMr Price Kings Park, Durban
2013Westelike Provinsie19–33Natalse HaaieNuweland, Kaapstad
2014Westelike Provinsie19–16Goue LeeusNuweland, Kaapstad
2015Goue Leeus32–24Westelike ProvinsieEmirates Airline Park, Johannesburg
2016Vrystaat Cheetahs36–16Blou BulleToyota-stadion, Bloemfontein
2017Natalse Haaie21–33Westelike ProvinsieKings Park-stadion, Durban
2018Westelike Provinsie12–17Natalse HaaieNuweland, Kaapstad
2019Vrystaat Cheetahs31–28Goue LeeusToyota-stadion, Bloemfontein
2020–21[8]Blou Bulle26–19[9]Natalse HaaieLoftus Versfeld, Pretoria
2021Blou Bulle44–10Natalse HaaieLoftus Versfeld, Pretoria
2022Pumas26–19GriekwasGriekwapark, Kimberley

1 . Westelike Provinsie en Transvaal het nie deelgeneem nie.
2 . Beslis oor twee seisoene.
3 . Natal is hernoem na die Natalse Haaie.
4 . Transvaal is hernoem na die Gauteng Leeus; hulle is ook bekend as die Goue Leeus.
5 . Oranje-Vrystaat is hernoem na die Vrystaat Cheetahs.
6 . Noord-Transvaal is hernoem na die Blou Bulle.
7 . Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle het gelykop gespeel en die titel gedeel.
8 . As gevolg van die Covid-19-pandemie beslis tussen November en Januarie.
9 . Nadat die telling gelykop was, is ekstra tyd aan die einde van die wedstryd toegelaat.


Algehele wenners (tot en met 2022)

SpanKampioeneMees onlangse wen
Westelike Provinsie34Vier keer gedeel2017
Blou Bulle25Vier keer gedeel2021
Goue Leeus11Een keer gedeel2015
Natalse Haaie82018
Vrystaat Cheetahs6Een keer gedeel2019
Griekwas31970
Grens Bulldogs2Twee keer gedeel1934
Pumas12022

Sedert die Curriebeker in 1968 ’n jaarlikse toernooi geword het, lyk dit soos volg:

SpanKampioeneMees onlangse wen
Blou Bulle23Vier keer gedeel2021
Westelike Provinsie13Twee keer gedeel2017
Natalse Haaie82018
Goue Leeus7Een keer gedeel2015
Vrystaat Cheetahs6Een keer gedeel2019
Griekwas11970
Pumas12022

Rekords en Statistiek

  • Meeste loopbaanwedstryde
NaamSpan(ne)SeisoeneWedstryde
Hugh Reece-EdwardsNatal1982–1995
165
Jacques BotesPumas/Natal2002–2014
156
Helgard MüllerVrystaat1983–1998
142
Rudi VisagieVrystaat/Natal/Mpumalanga1980–1996
141
Chris BadenhorstVrystaat1987–1999
136
Burger GeldenhuysNoord-Transvaal1977–1989
128
André JoubertVrystaat/Natal1986–1999
126
  • Meeste Loopbaanpunte
NaamSpan(ne)SeisoenePunte
Naas BothaNoord-Transvaal1977–1992
1 699
Willem de WaalWes-Transvaal/Vrystaat/WP2002–2010
1 412
Eric HerbertNoord-Vrystaat/Vrystaat1986–2001
1 402
De Wet RasVrystaat/Natal1974–1986
1 210
André JoubertVrystaat/Natal1986–1999
1 165
  • Meeste loopbaandrieë
NaamSpan(ne)SeisoeneDrieë
John DanielsBoland/Transvaal1998–2006
74
Breyton PaulseWestelike Provinsie1996–2004
66
Chris BadenhorstVrystaat1987–1999
65
André JoubertVrystaat/Natal1986–1999
58
Gerrie Germishuys
Carel du Plessis
Neil Burger
Jan-Harm van Wyk
Vrystaat/Transvaal
Westelike Provinsie/Transvaal
Westelike Provinsie
Vrystaat/Suidoos-Transvaal
1971–1985
1980–1989
1982–1991
1996–2001
51
51
51
51
  • Meeste indiwiduele punte in ’n seisoen
NaamSpan(ne)SeisoenPunte
Johan HeunisNoord-Transvaal1989
268
Gavin LawlessTransvaal1996
263
Casper SteynNoord-Transvaal1999
252
Kennedy TsimbaVrystaat2003
230
Kennedy TsimbaVrystaat2002
228
  • Meeste spanpunte in ’n seisoen
SpanSeisoenePunte
Natal1996
792
Noord-Transvaal1996
783
  • Meeste indiwiduele drieë in ’n seisoen
NaamSpanSeisoenDrieë
Bjorn BassonGriekwas2010
21
Carel du PlessisWestelike Provinsie1989
19
Colin LloydWes-Transvaal2006
19
Ettiene BothaNoord-Transvaal2004
18
Jan-Harm van WykVrystaat1997
16
Rayno BenjaminTransvaal2006
16
Phillip BurgerVrystaat2006
15
  • Meeste spandrieë in ’n seisoen
SpanSeisoenePunte
Natal1996
112
  • Meeste indiwiduele punte in ’n wedstryd
NaamSpanSeisoenPunte
Jannie de BeerVrystaat teen Noord-Vrystaat1997
46
  • Meeste indiwiduele drieë in ’n wedstryd
NaamSpanSeisoenDrieë
Jacques OlivierNoord-Transvaal teen Suidwestelike Distrikte1996
7
  • Meeste verskynings in ’n eindstryd
NaamSpanVerskyningsSeisoene
Burger Geldenhuys
Naas Botha
Noord-Transvaal
Noord-Transvaal
11
Tussen 1977 en 1989
Tussen 1977 en 1991
Louis MoolmanNoord-Transvaal
9
Tussen 1975 en 1986

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "Namibia to compete in enlarged Currie Cup". The Namibian. 6 Augustus 2015. Besoek op 6 Augustus 2015.[dooie skakel]
  3. (af) "Rugbybase wil Curriebeker-reeks nou tot 15 spanne beperk". Netwerk24. 18 Augustus 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2015. Besoek op 14 November 2018.
  4. (en) "Georgian Rugby to enter team in Currie Cup". Rugbypass. 22 Desember 2019. Besoek op 30 Januarie 2021.
  5. (en) Herman Mostert (21 Februarie 2022). "Georgia, Zimbabwe and Kenya join SA's Currie Cup structure". Netwerk24. Besoek op 1 Julie 2022.
  6. (af) "Absa Curriebeker kry 'n nuwe baadjie". 8 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016. Besoek op 8 Augustus 2013.

Eksterne skakels