Gewone Slakvreter

Die gewone slakvreter (Duberria lutrix), ook bekend as die tabakrolletjie, is 'n klein, eierlewendbarende, slakvretende, nie-giftige slang, wat endemies is aan Afrika.

Gewone slakvreter
Gewone Slakvreter
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Lamprophiidae
Genus:
Duberria
Spesie:
D. lutrix
Binomiale naam
Duberria lutrix
(A. Smith, 1848)
Sinonieme
  • Coluber lutrix Linnaeus, 1758
  • Elaps duberria Schneider, 1790
  • Calamaria arctiventris Schlegel, 1837
  • Homalosoma lutrix – A.M.C. Duméril & Bibron, 1854
  • Duberria lutrix Broadley, 1998

Beskrywing

Volgroeide tabakrolletjies is 30–40 cm lank.

Hulle kleur wissel, maar gewoonlik het hulle 'n olyfgroen tot bruin of rooibruin rug, grys sye, 'n geel of roomkleurige pens, en 'n swart vertebrale streep wat min of meer die hele lengte van die rug dek.

Geografiese reikwydte

Hierdie spesie kom in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Kenia, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe voor.

Subspesies

Ses subspesies word erken, insluitend die nominotipiese subspesie self.

  • Duberria lutrix abyssinica (Boulenger, 1894)
  • Duberria lutrix atriventris Sternfeld, 1912
  • Duberria lutrix basilewskyi Skelton-Bourgeois, 1961
  • Duberria lutrix currylindahli Laurent, 1956
  • Duberria lutrix lutrix (Linnaeus, 1758)
  • Duberria lutrix rhodesiana Broadley, 1958

Dieet

Gewone Slakvreter 
Foto van 'n tabakrolletjie se kop

Die tabakrolletjie is 'n gespesialiseerde roofdier wat slakke en naakslakke eet. Hy vind sy prooi hoofsaaklik deur chemoresepsie, met behulp van sy tong. Hy sluk sy prooi vinnig in, voordat te veel verdedigende slym geproduseer word. Hy trek slakke deur die dop opening uit hulle doppe uit, of breek die dop teen 'n klip oop terwyl hy die sagte liggaam in sy kake vashou.

Voortplanting

Die tabakrolletjie gee gewoonlik geboorte aan werpsels van drie tot twaalf kleintjies. Broeisels van groot wyfies kan uit soveel as 22 pasgeborenes hê, wat vanaf van 8 tot 11 cm lank is. Die totale gesamentlike gewig van die kleintjies meer as die ma se gewig na die geboorte wees. Teelseisoen is Januarie en Februarie (die laat somermaande in suidelike Afrika).

As troeteldiere

Die slang is 'n gewilde troeteldier, wat maklik gevoer en geteel kan word, en weens die aard van sy prooi is dit maklik om aan te hou.

Verdediging

Wanneer die slang bedreig word, stel dit 'n irriterende afskeiding vry uit kliere naby die basis van die stert en rol homself in 'n verdedigende spiraal op, met die kop in die middel. Hierdie gedrag is die oorsprong van die Afrikaanse algemene naam "tabakrolletjie".

Sien ook

Verwysings

Tags:

Gewone Slakvreter BeskrywingGewone Slakvreter Geografiese reikwydteGewone Slakvreter SubspesiesGewone Slakvreter DieetGewone Slakvreter VoortplantingGewone Slakvreter As troeteldiereGewone Slakvreter VerdedigingGewone Slakvreter Sien ookGewone Slakvreter VerwysingsGewone Slakvreter

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JapanJosef StalinWinnie Madikizela-MandelaHernubare energieInflasieVaste stofSlawernyLimpopo (rivier)KaliumOnderhoudMadison IvyPadda20ste eeuNelson MandelaPythagoras se stellingAfleiding (taalkunde)DeelwoordWisselkoersVergelykings (taalkunde)ISO 8601Direkte en Indirekte redeGemeenskapMuishondGqeberhaKriekHipoteseMasjienMoordvisGroepsdrukErfenisdag (Suid-Afrika)Soweto-opstandAntjie SomersLionel PetersonRooibokNic de JagerWolfTradisionele literatuurCarike KeuzenkampDiarreeAntjie KrogWaterbesoedelingNylsvley-natuurreservaatStampmieliesSkoolWapen van Suid-AfrikaKhoikhoiOmtrek, oppervlakte en volumeGlobaliseringWoordsoortEmosieAarde se atmosfeerSquare danceGeboorteErektiele disfunksieHartaanvalJohn Brown (aktivis)JodiumEkonomie van Suid-AfrikaTuisbladWeer (meteorologie)LidwoordSkaakDriehoekEiffeltoringWerkersdagAustraliëAnale kankerLetterlike en figuurlike taalgebruikByApostoliese GeloofsbelydenisJaco JacobsGamelanYsterMartin Luther King jr.JagluiperdMiltDeon Meyer🡆 More