Rooibok

Die rooibok (Aepyceros melampus) is 'n wildsbok wat in Afrika aangetref word.

In Engels staan die bok bekend as die Impala.

Rooibok
Rooibok
Rooibokooi met haar lam in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika
Rooibok
Rooibokram in die Serengeti in Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Aepycerotinae

Gray, 1872
Genus:
Aepyceros

Sundevall, 1847
Spesie:
A. melampus
Binomiale naam
Aepyceros melampus
(Lichtenstein, 1812)
Subspesies
Rooibok
Verspreidingsgebied

   Rooibok (Aepyceros melampus)

   Swartneusrooibok (Aepyceros melampus petersi)

Die bok se wetenskaplike naam, Aepyceros melampus, is 'n samestelling van die Griekse aipos+ceros+melas+pous, oftewel "hoog"+"horing"+"swart"+"poot".

'n Volwasse rooibok weeg ongeveer 50 kg en het 'n gemiddelde hoogte van 90 cm. Soos die naam aandui, is die bok rooibruin van kleur met ligkleurige flanke, terwyl die pens onderlangs wit is. 'n Donker, kenmerkende M-vorm word op die agterstewe aangetref. Die ram het liervormige horings wat tot 90 cm lank kan word.

Die rooibok is een van die volopste kleinboksoorte. 'n Rooibok kan met een sprong 10 m ver en 3 m hoog spring. Rooibokke kom in troppe voor, gewoonlik 'n ram met verskeie ooie. Indien 'n groot trop saam wei, word sogenaamde brandwagte uitgeplaas terwyl die ander bokke voortgaan om te wei of water te drink. Daar is gewoonlik twee of drie uitgegroeide ramme (let op hul horinglengtes) wat wagstaan aan die randjie van die trop. Indien die brandwag onraad vermoed, maak hy alarm deur 'n harde snorkgeluid te uiter en die res van die trop laat spaander na beskermde bos toe terwyl hulle reuse spronge deur die lug maak om die roofdier te verwar.

Rooibokke word algemeen in Suider-Afrika aangetref en is sowel gras- as blaarvreters. Hulle val verskeie roofdiere ten prooi, soos leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiëna's en krokodille.

Paring vind gewoonlik van April tot Mei plaas. Die ooi gee na 6 maande, gewoonlik in November of Desember, aan 'n enkele lammetjie geboorte. Die dragtige ooi kan tot 'n mate self beheer uitoefen oor wanneer die lammetjie gebore word, omdat sy noukeurig daarop let dat die grasveld in topkondisie is vir voedsel aan die nuweling. Sy kan die geboorte van die kleintjie vir tot 'n maand terughou indien klimaatstoestande ongunstig is. Die jong bokkie drink vir vier tot ses maande melk aan die ooi. Rooibokke het 'n aangetekende moontlike lewensduur van 12 jaar.

Die swartneusrooibok

Die swartneusrooibok is 'n baie skaars variant van die rooibok wat heeltemal swart is. Botlierskop Private Game Reserve in Suid-Afrika het meer as 150 swartneusrooibok. Die swartneusrooibok kan in groot troppe van omtrent 100 diere voorkom as hulle aanteel, maar gewoonlik word hulle net in troppe van 20 diere gevind.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Rooibok Die swartneusrooibokRooibok FotogaleryRooibok Sien ookRooibok VerwysingsRooibok BronneRooibok Eksterne skakelsRooibok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MarsWetenskapWaterbesoedelingWright-broersStereotipeBywoordSwartbewussynsbewegingVolhoubare ontwikkelingRacheltjie de BeerJakkalsMasturbasieNatuurrampKaapstadse waterkrisis 2015-2018DansJohannesburgMadison IvyRomanRobbeneilandWieg van die MensdomPankreasOnderwerp (taalkunde)InentingMane van GalileiInternetEugenetikaAfrikaRuslandNeurenberg-verhoreMynbouPersoonlike voornaamwoordKoue OorlogMaatskaplike verantwoordelikheidAardeSharpeville-slagtingMaroela MediaRumatiekJohannes MeintjesDoelwitVerstedelikingSpringbokkeSinoniemOorkruipersVraag en aanbodWater (molekuul)WelwitschiaKaartEllipstekenMetaalJeugdagZack du PlessisRookgewoonteErfenisAngolese BurgeroorlogMusiekOmgewingsbeheerSeksismeKasterolieAfrikanerweerstandsbewegingVervoerEerste WêreldoorlogRooibokInstagramBlourokkeVoegwoordKoorsGedigAtmosfeerKindermishandelingGeboorteKameelperdFacebookSamestellingEngelsHigiënePriemfaktorVerkoue🡆 More